Wils, ek dink AB moet liewers my adres opgee!
Die sitkamer se fondasies is besig om te sak en ons is bevrees ons stap een oggend daar in en die dak lê op die vloer!
Dit was al 'n maand nadat die ramp ons getref het en ons sit nog steeds en wag vir uitsluitsel. Die belaglike bedrag wat ons aangebied is om die huis te herstel is werklik 'n klap in die gesig. Almal om ons se huise is al 80% herstel en ons wag nog!
Jis AB, ek probeer my bes. Net as ons moed skep dan gebeur daar weer iets wat ons moed in ons skoene laat sak. PSG Consult is beslis nie die plek om jou versekering te doen nie. Ons is bly ons het uitgevind hoe lamsakkig hulle is voordat Hannes hulle gevra het om ons pensioen te behartig. Die makelaar is net daar om kommissie te verdien.
Hy het pas ons versekering hernu vir presies dieselfde bedrag as wat dit was, nou is ons nog steeds onderverseker. Al is dit met minder as R200.000.00