• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Alleen Ruiter

Started by Naas, July 13, 2012, 10:37:50 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Die alleen Ruiter

Wanneer donker sy swart kombers oor my trek,
rus ek weer my kop op eensaam se kussing
en vaak hardloop weg
om my in alleenheid te los...
alleen vasgevang in gedagtes..,
begeertes...
Is dit die werklikheid
van wees..?
van bestaan..?
van is..?
'n Smagting na warmte...
Arms omvou...
Nog 'n lyf...
Soos die ruiter van Skimmelperdpan.
Elke aand maar weer dieselfde galop...
Die galop..,
die galop..,
die eensame galop...
In my kop.
Waarom rus jy nie...
Rus jy nie...
Jou eensame perd..?
Waarom hou jy my elke nag op?
Altyd maar weer die eensame galop...
Die galop...
Die galop...
Die eensame galop
In my kop.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Beskryf jy my aande. So goed. Voel of ek weer kan gaan WakkerSlaap.   :hello2:

Baie beskrywend ek hou van die "donker sy swartkombers" en  "Soos die ruiter van Skimmelperdpan."

:angel12:

PM

Welkom matertjie, ek dag jy het die aarde verlaat en sit bo in 'n boom!
Jou gedig roep so galoppende aan my hartsnare; kan nie help om eers die emosie te voel en dan komtaartjie te los nie.  Alhoewel ek nie veel van liedjieskryf weet nie, glip daar 'n deuntjie oor my kitaarsnare en wens ek, ek kon dit opneem en deel.  Dit is goed geskryf, ek hou daarvan.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

die galop in my kop ... jy mag maar Naas ... jy mag maar

dis 'n flippen mooi gedig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek stem saam, hierdie is PUIK lirieke  :love7: Trappies se 'wakkerslaap' en Naas se galop...galop weerklink ritmies tot in my vingerpunte waar akkoorde gillend stoei vir 'n plek  :hello2: :notworthy:

PM

Dit is tyd dat jy 'n skelmpie kry Naas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het een maar sy weet dit nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek geniet vanoggend die "weerlees".  Dit neem my gedagtes terug na die wonderlike samesyn in die Kaap.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Deesdae ry ek weer die perd bloots. My skelmpie het my gelos toe sy hoor ek is getroud.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Eish!  Shame!  of nie?  Het ek nie laas gehoor dat jy van "getroud wees" beskuldig was waarvan jy niks kon onthou nie?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis my vrou wat die rumour versprei dat ek getroud is.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wat 'n remoer van 'n rumour.  Dagvaar haar! 
Om te weet is om te verstaan.

Marinda Kemp

Die Ruiter van Skimmelperdpan is een van my geliefkoosde gedigte.
Upington is nie vir sissies nie.

PM

Marinda, dit is  "nuwe lede" wat die forum weer lewe gee en al "die ou koeie uit die sloot uit grou". 
Lekker verby om weer te lees Naas.
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

'Wanneer donker sy swart kombers oor my trek,
rus ek weer my kop op eensaam se kussing'

Wat kan ek meer sê?  Is maar goed, Naas.  Is maar bleddie goed!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!