Willa, jy is elke dag hier, maar vandag loer jy net met een oog om die deur.
Wat doen jy?
Het gedink, ek moet maar by jou kom 'werk' sodat ek computer literate kan raak.. sonder vergoeding, dit is.
Miskien kan ek vir 'n dag lank vir jou kom kuier dan maak jy my touwys?
Nou sal jy dalk se maar ek het dan soveel Certificates... ja-a, maar 'n certificate is nie ondervinding nie. Ek leer beter deur te doen as deur te leer.
Wonder of besighede mense inneem , sonder vergoeding, sodat jy ondervinding van verskeie industries kan kry?
My 'paadjie' in my brein is besig om grassies oor te groei. Hoe langer ek uit die sisteem is, hoe moeiliker gaan ek weer aanpas.
En ek wil glo ek gaan weer 'n werkie kry.
Ek glo dat jy 'n paadjie in jou brein uittrap. Jy kan enige paadjie uittrap, jy moet net lank genoeg daarop loop, maar as jy dit ophou loop... ons almal weet wat gebeur dan.
Willa, sien jy kans?