• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Lettergrepige Struktuur

Started by Meraai vannie Baai, July 05, 2012, 08:46:32 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die eie struktuur word gevorm deur ses reëls waarin die lettergrepe onderskeidelik afgewissel word: 6/9/6/9/6/9
Drie onderwerpe wat 'abstrak' gebruik word om die beeld/emosie oor te dra.

Die 6/9 wat herhaaldelik gebruik word is ook 'n verwysing na dan is jy bo, dan is jy onder
Verwagtinge/teleurstellings. Positief/negatief - soos die kringloop van menswees.

Uitslag: (Ab)normale selle

Daglig -  slegs 'n tonnel
na die duister van onsekerheid
en vrees - 'n serp, geweef
met die laaste kleure van die son
wat wurg om menswees krom;
die maan - 'n sekel teen die hemel.

© Meraai vannie baai

*ek het drie 'positiewe onderwerpe', negatief gebruik om emosie voor te stel.

Fransi

Ek lief hierdie struktuur en jou voorbeeld.

PM

Ek het gou skelmpies hier kom inloer. Die werk kan 'n bietjie wag.
Dankie Raaitjie, ek kan nie wag om self te kom saamspeel nie. 
Jou voorbeeld is soos altyd, uit die boek uit en dit moet ook boek toe.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

'n heerlike uitdaging en prag voorbeeld ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Bly julle het geniet. Plek geboek vir julle skeppings hoor  :notworthy: :icon_salut: :book1:

PM

Asseblief ouens, kom skryf saam, hierdie onderwerp moet boek twee toe.  Ek sal ook nog myne bring. Gee my net kans om droog te word.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

EK wil, ek wil, maar my gedagtes wil nie hok toe nie. Sodra ek iets neer gepen het, sal ek dit hier plaas.  :hello2:

:angel12:

Meraai vannie Baai

#7
Beloofde lyne

'n Kis is staangemaak -
beloftes nadergetrek; langs my
glimlag die woordmandjie
oopbekgul. Vyf vriende vou getrou
om 'n steeltjie van loot...
geduldig wag ek op die griffels.

:book1: :icon_salut: :notworthy:

© Meraai vannie baai

*Terwyl ek geduldig wag om te kan oes, is die volgende twee lettergrepige verse geskep:

Ek voel veilig en tuis
binne die mure van 'n struktuur
waar woorde poëties -
so vernuftig in verse verdig,
knus rus tussen grepe -
rigied voorgestel en nagevolg.

       ******

9/6/9/6/9/6

Almal weet, na A en B volg C
maar tussen gee en neem
rus die besluit tussen jou en my.
Watter hand het gefaal
sou niemand agterna kon bepaal;
reëls - nou omgedraai.

© Meraai vannie baai

HULP GEVRA ASB:  :dontknow: ek is onseker oor die aantal lettergrepe van poëties

PM

Goed gedoen Raaitjie.   :hello2:

Ek sou seg drie lettergrepe -  po-e-ties.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Duisend dankies mater. Ek het hom eers so getel, toe onseker en bring 'ons' in. Nou kan ek dit herstel  :notworthy:
sal 'reëls' dan een of twee grepe wees?  :icon_bigsmurf:

PM

Ek dink daai een is reg.  Ek het daar vasgesteek, maar toe ek weer lees lyk dit vir my reg. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

vir my is 'n lettergreep, elke klank wat in 'n woord is,   :toothy4:  ek probeer dit beskryf    :icon_biggrin:   daarom sal ek poëties ook as drie lettergrepe beskou, en reëls as twee.

:grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#12
Duisend dankies matertjie. Die goed is altoos 'n tameletjie vir my. Ek het dit beskou, kopgekrap en toe gedink dit is 'n onopbreekbare woord LOL.  Maar as mens dit uitspreek is daar twee klanke.

Ek het  hierdie skakel gekry waar dit wel opgebreek word in twee grepe:
http://books.google.com.au/books?id=UMM3R6giBDwC&pg=PA663&lpg=PA663&dq=hoe+word+woorde+opgebreek+in+lettergrepe&source=bl&ots=sZijRjKgoW&sig=nrPd2UzziiOvXXKUYVzfVP0YGAg&hl=en&sa=X&ei=GakHUKWaOK6SiAeByaCVBA&ved=0CFYQ6AEwBg#v=onepage&q=hoe%20word%20woorde%20opgebreek%20in%20lettergrepe&f=false

Hier is 'n handige skakel wat ek baie geniet (kan dalkies al verouderde reëls bevat skiesie hoor):

http://www.cebita.org/cebita/abv/werkboek/6D%20HUISSTYLGIDS%20080912.htm

PM

Kom ons debateer 'n bietjie, ek is lus om te stry.  :icon_biggrin:
Volgens my sou altwee goed werk, ek bedoel, een of twee lettergrepe. Lees ek 'n gedig dan "sing" ek, praat ek die taal dan sou ek "gelykmaking van klanke" inspan.  Maak 'n sin:  Hou by die reëls poppie. Is dit nog twee lettergrepe?
Kan die digter 'n keuse maak?
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het gou deur die ander skakel ook geblaai en "leu'en" opgetel.  (twee lettergrepe) maar ons praat nie so nie.  Wie kan kom help? Het die skrywer 'n keuse as dit kom by gedigstrukture en lettergrepe tel?
Om te weet is om te verstaan.