Dinsdagaand 9 uur, lui Bertus se selfoon. Dis sy broer wat laat weet dat die veld om ons stukkie grond brand. So jaag ons vier om die besies te gaan red. Die wind het telkens gedraai en Bertus en die girls het groot dele van die nag alleen vuur geslaan. Deur die genade kon hulle keer dat die vonkies en vlamme na ons grond oorwaai en 4 uur het ons moeg en vuil by die huis gekom. Ons is so dankbaar vir al die genade. Om jou man te sien veg om sy droom te beskerm, is nie lekker nie. Elke keer as die wind die vlamme aanjaag, het ek gevrees dit gaan hom omsingel en ek moet magteloos kyk, want my opdrag was om die voertuig uit die gevaar te hou. Die vuur kon jy glo tot in Kimberley sien, hoewel dit vir my bietjie onwerklik klink.