Author Topic: Hard soos 'n nickerball  (Read 6886 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hard soos 'n nickerball
« on: July 02, 2012, 10:23:40 AM »
My ma het altyd gesê die lewe is hard en wreed.  Niemand en niks skuld jou iets nie.  Jou benadering en jou uitkyk op die lewe, is al wat jou deur moeilike tye sal help.  Jy kan self besluit of jy 'n "siestog sussie" wil wees, of 'n "go getter". 
Ons is al deur  moeilike tye.  Haar woorde het elke keer voor my deur kom staan.  In hierdie tyd, noudat dit weer 'n moeilike tyd is, kom spook dit weer by my.  Dit hou my staande, hou die omheining van my "varkhok" stewig. 
Sit skouer aan die wiel Petronella.  Dit is al wat jou hierdeur gaan help. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #1 on: July 02, 2012, 10:38:09 AM »
Ja, dis 'n goeie uitkyk. Nie altyd so maklik nie, maar tog 'n baie goeie een. As jy hom eers kan vas kry in jou benadering, werk dinge sommer vanself uit.
Dink aan julle PM, gee vir Hannes 'n drukkie van ons, en sê vir Hannes hy moet 'n drukkie vir jou gee van my... :icon_biggrin:

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #2 on: July 02, 2012, 10:42:27 AM »
Dankie matertjie.  Ek het vanoggend 'n akkute aanval van selfbejammering ondervind.  Toe moes ek myself hard in die bek ruk! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #3 on: July 02, 2012, 12:43:12 PM »
Oi dink ek nou terug aan nickerballs ...luister ons nou die dag oor die radio na 'n praatjie, hier is die naam glo verban, dit is glo rassisties, bid jou aan - net soos ek nou as gas op woes verban is  :icon_bigsmurf:

PM suig daai harde soetigheid tot jy deur al die kleure is, voor jy weet is hy so klein gesuig dat jy net die nasmaak het en 'n gekleurde bekkie en tong. Oor paar maande verwys jy na hierdie nagmerrie as 'daai tyd toe ons amper weggespoel het' In die gees hou ons hande en vou julle toe met omgee en liefde matertjie  :love7:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #4 on: July 02, 2012, 01:59:39 PM »
En hier is my weergawe van my Blou Maandag...  en hoekom sal ek nie kwaad/selfbejammerend wees?

My skoondogter, Landi, sou my optel om my Bestuurs Lisensie te gaan doen.  Sy begin more met 'n permanente pos en dan is daar niemand wat my kan neem. My lisensie verval 30/08.
Net toe ek wil gaan stort, sms sy:  Ma, ek kan nie vandag gaan, my Pa moet ... whatever.
Goed, pop, dan spring ek onder die berse in.

My IRP5 moet by my afgelewer word deur die koerier ex JHB.  Dit daag tot nou toe nie op nie. 

My CV-opgradering sou vandag by my opdaag dmv e-mail en 'n hard copy, dit is nog nie gedoen.  (Ek het nie 'n printer.)  Daar is 'n pos wat ek my CV moes faks.  Dit is nou neusie verby.

Met aflegging is R2000 aan ons ge-allocate vir berading of/en 'n kursus wat ons ookal wil doen.  Ek kies een sessie met die berader en die res, R1700, vir 'n kursus in PA/Secretarial.  Na 5 weke kan ek nog nie 'n Invoice uit HR kry dat dit geregistreer en betaal is.  Alhoewel ek HR in CPT en JHB, al drie van hulle, met 6 e-mails al gekonfronteer het, spring ek op die foon na die HR in CPT:  Beverley is on leave and will only be back...

Ek moet my rekeninge stop en reelings tref vir terugbetaling.  Ek tik ellelange mail en toe ek dit 'send', is my rekenaar intussen off line. Ek het tot einde Junie betaal, maar voel dat ek nou maar kan afbetaal soos ek kan.  Nie my skuld dat ek in hierdie situasie is.  Let Wel dat jy onmiddelik op 'n Cautionary List geplaas word wat jou in die toekoms gaan strem om bv 'n motor of huis te kan koop.  Nie dat dit nou ooit sal gebeur.
Ek is ook dikbek dat ek nooit 'n Short Term Insurance aangebied is toe ek die rekening oopgemaak het.  Ek het wel een by Woolworths en dit betaal tot 6maande jou paaiement as jy nie werk het.  JY moet net elke maand vir hulle 'n SAPS verslaggie stuur.

Nou gaan ek Naas se boek vat en dit lees, koeketoe onder die berse. 
Come what may.  Ek is vir die res van die dag in 'n meeting met Woeste Willie.


O ja, as jy rekenings het, maak seker jy het hierdie versekering.  Ons kan nie sien in die toekoms.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #5 on: July 03, 2012, 08:58:22 AM »
Jammer oor my treurmares...
Sal my mond zip.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #6 on: July 03, 2012, 12:43:03 PM »
Kan ek jou nie kom op tel en neem vir jou drivers lesensie nie

kan ek jou nie help met jou CV nie - ek het 'n printer en 'n rekenaar

en as ek op enige ander manier vir jou hier kan wees Engeltjie - spreek die woord. 

Soms kruip ek in myself weg en ook vir die wereld daarbuite ... maar in nood kan ek myself sover kry om n ander te help.


PM  ek is so jammer vir alles wat jy en Hannes moet face - en vir al die moeilikheid wat almal face ... die Here wou my nie seen met 'n towerstaaf nie - maar ek het n omgee hart en 'n groot skouer en waar ek kan help - julle weet waar om my te kry.

liefdetjies

Willa
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #7 on: July 03, 2012, 01:47:02 PM »
Dan "treurmares" ons maar saam matertjie.  Wat de hel!  Hoekom stilbly en alles opkrop, dit gee maagswere en 0-krampe. 

My ma het ook gesê:  'n Ander se genade is 'n helse genade!  Jy weet nie wat dit beteken voordat jy met jou vinger in jou ... mond sit nie, maar dit is goed so, die  wiel draai stadig maar seker! Ons sal almal weer bo uitkom. 

My eie spreekwoord:  Weë die gene wat 'n ander se ink uit sy pen steel, sy knieë lam maak en hom van sy moed ontneem!  Dit sal swaar gestraf word!  :nono:

Raaitjie, ek weet nie wat gaan op Woes aan nie.  Julle name is nie op die "ban" lys nie. Ek het geskryf en wag vir 'n antwoord. 

Dankie vir al jul liefde.  Ek en Hannes waardeer dit opreg en dit dra ons. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hard soos 'n nickerball
« Reply #8 on: July 03, 2012, 02:34:25 PM »
Ek stem PM - gedeelte seer is beter as gebottelde seer!

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w