Author Topic: Stil langs jou  (Read 2753 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Stil langs jou
« on: July 02, 2012, 07:59:02 AM »
as donderwolke jou dag bedreig
en antwoordlose vrae
oor jou kop rol en bruis,
wanneer jy monde vol soutwater
uit die bitter lewensbeker sluk
en jou hande magteloos langs jou sye hang,

wanneer jy nie iemand se seer
met toorsalf en 'n soen kan red
of wysheid in 'n oogwink optower,
kan ek maar net vir jou sê:

die son gaan weer helder ligte
uit glassplinters toor
daar sal weer reën op braakland val
beeste sal weer in die groen veld
van jou gedagtes wei
en 'n arend weer sy vlerke
oor die kranse van jou berg oopsprei

tot dan weet net dat vriende daar is
om te luister en te hoor
ons kan niks verander,
net stil langs jou sit
sodat jy nie alleen
die nag instaar

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Stil langs jou
« Reply #1 on: July 02, 2012, 08:57:32 AM »
So mooi en so waar geskryf.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stil langs jou
« Reply #2 on: July 03, 2012, 01:53:21 AM »
Ek was verblind deur trane toe ek hierdie woorde van onse Gawie per sms ontvang. Hoe geseend is ons nie om mekaar so te kan ondersteun nie  :notworthy: :icon_salut:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Stil langs jou
« Reply #3 on: July 03, 2012, 02:37:23 PM »
woorde kan nie omskryf wat my siel beleef het terwyl my oe hierdie woorde ingedrink het nie - pragtig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Stil langs jou
« Reply #4 on: July 04, 2012, 02:56:33 AM »
Hierdie is nog 'n gediggie wat op my gunstelinglys is.  Dit is beslis nie net omdat dit toorsalf en gesondmaaksoentjies in het nie, dit is so vloeiend geskryf en die ritme het beslis 'n kalmerende effek.  Die een gaan beslis ook boek toe.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stil langs jou
« Reply #5 on: July 04, 2012, 04:07:58 AM »
Toe ek dit lees het ek in my gees 'n sterk baritonstem gehoor op die wysie van 'n lied waarvan ek nou die titel vergeet het. Van die woorde wat ek wel onthou - as die lewenstorms woedend om jou slaan, en jou gees die las nie meer kan dra ...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Stil langs jou
« Reply #6 on: July 04, 2012, 04:23:00 AM »
Dit is mos 'n bybel-liedjie.  Moet iewers in die gesangeboekie wees.  Ouma Naas sal kan help.
Ek en Gawie het gestomklets toe sy dit vir my stuur.  Daar tjank ek so snot en trane ek kan dit nie lees nie.  Vra toe maar sy moet dit hier kom plak dat ek dit later weer kan lees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stil langs jou
« Reply #7 on: July 04, 2012, 04:28:19 AM »
Tel jou seeninge        tel hul een vir een ...  :toothy4: Hoe gebless is ons nie om sielematers soos onse Gawie te he!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Stil langs jou
« Reply #8 on: July 04, 2012, 04:38:44 AM »
Tsk, die bekendste lied in die boek en ek kan dit nie ontou nie!   :violent1:
Jy kan dit weer sê.  Ons is 'n gelukkige klomp.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Stil langs jou
« Reply #9 on: July 04, 2012, 08:53:36 AM »
Dit is 'n ou halleluja-liedjie.

As die lewenstorme woedend om jou slaan
En jy gans ontmoedig vrees om te vergaan.
Tel jou seëninge
Tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees
Oor wat God verleen.

Tel jou seëninge
Tel hul een vir een
Seëninge jou deur God gegee
Tel hul almal
Tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen.

Hoop ek het die woorde reg. Het gesit en sing terwyl ek dit skryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Stil langs jou
« Reply #10 on: July 04, 2012, 09:58:41 AM »
Ja jy is reg, en dit pas so mooi by die titel van die onderwerp.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stil langs jou
« Reply #11 on: July 05, 2012, 12:04:16 AM »
Duisend dankies Gawie!! Ek het saamgesing terwyl ek lees. Selfs in die grootste tye van leed is daar nog seeninge (vriendskap van ons sielematers in hierdie geval) wat ons ankers word.  :notworthy:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Stil langs jou
« Reply #12 on: July 07, 2012, 06:55:20 AM »
Gawie...  :hello2: :headbang:
Sorry, ek praat maar met prentjies.  Op hierdie tydstip is my woorde min.
elle