Author Topic: ’n Engel in Jo’ville  (Read 3616 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
’n Engel in Jo’ville
« on: June 30, 2012, 01:54:29 PM »
’n Engel in Jo’ville

Ryp het sy witste kombers oor die tuine getrek, maar hy was nie tevrede nie en het nog sneeu bo-oor gestrooi om dit verder onder die eerstre strale van Vader Son te laat glinster. Ansie trek haar warm stewels bo-oor haar warmste wolsokkies aan en stap hek se kant toe. Hulle huis staan teen ’n effense helling waarvandaan sy ’n mooi uitsig oor die swembad en tuin het. Dis windstil, nie ’n blaartjie haal eers asem nie.

Haar hart krimp ineen toe sy die koerant oopvou:
‘Twee Boemelaars Verkluim’, gil die opskrif tot haar.
‘Nog een in hospitaal’, lees die subtitel. Oppad val die ou vrees haar weer aan en die motor se lugreëling help niks om haar warmer te maak nie. Sy probeer vlug, maar haar gedagtes kies hulle eie koers terug na haar tienerjare...

Dis einde Januarie en gister was haar sestiende verjaarsdag. Sestien wrang jare, gevul met dronkpartytjies en mishandeling. Ansie trek die agterdeur toe en begin skool toe stap. Oor haar een skouer hang haar boekesak en oor die ander slinger haar kleresak, gewoonlik net met haar oefendrag, maar vanoggend met soveel van haar klere as wat sy kon inprop. Sy het in elk geval nie veel toiletware en grimering nie en het dit ook saamgeneem. Halfpad skool toe draai sy weg in ’n systraatjie en versnel stasie se kant toe.

Ansie se lyf is baie seer en sy ruk van kouekoors. Haar tong sit aan haar verhemelte vas en voel dik geswel sodat sy smag na skoon drinkwater. Trane loop oor haar wange en sy loop koes-koes teen die klam wind in, opsoek na skuiling. Om haar is alles vreemd. Die geboue is grys en vuil en kil. Gebreekte vensters koggel haar uit. Waar ’n oop deur haar gryp, glip sy in. Oral sitlê mense op karton en koerante. Sommige slaap; ander is besig met iets soos klippies wat hulle rondgooi. Iemand lek ’n stuk papier af waarin slaptjips waarskynlik toegedraai was. Sy gaan sit teen ’n muur ’n entjie van die mens af en wonder vaagweg of dit ’n man of ’n vrou is. Uit haar boekesak grou sy ’n dun kombersie en vou haar so goed moontlik daarin toe. Sy het reeds ’n sweetpak aan, maar het nie ander warm klere nie.

Dit voel of sy sweef. Sy voel so lig en gemaklik en warm. Al die seer is weg. Sy kyk na die vrou wat haar wakker gemaak het en dink dat dit die mooiste mens is wat sy nog ooit gesien het.
“Ansie, kom saam met my. Dis netnou donker en dan word dit kouer en dis onveilig hierso.” Haar stem klink soos ’n kristalklokkie. Hoe lank hulle geloop het, weet sy nie, maar skielik staan hulle voor ’n helderverligte gebou. Binne ruik sy die skoon hospitaalreuke en sy voel dankbaar oor die vriendelike vrou se arm haar styf om haar lyf vashou. ’n Lang man, met ’n wit oorjas aan, kom van vooraf en vang haar toe sy inmekaarsak.

’n Paar dae later vra sy uit na die vrou wat saam met haar by die hospitaal ingestap het. Die dokter wat haar daar gekry het en kort-kort ’n rede soek om by haar kamer in te loer, skud sy kop.
“Ansie, daar was niemand by jou nie. Jy het yskoud en baie siek daar ingestrompel. Ek sidder as ek dink wat sou van jou geword het as jy nie hiernatoe gekom het nie.” Sy skud haar kop.
“Dis onmoontlik. Ek weet nou nog nie waar ek is nie. Ek ken Johannesburg glad nie.”

Ansie stap die koffiekroegie binne en gaan sit in ’n hoekie, half verskuil agter mooi plante. Vandag wil sy alleen wees om nog ’n uitreikprogram te bedink.

   :grommit: 
« Last Edit: July 01, 2012, 07:46:31 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #1 on: June 30, 2012, 07:53:13 PM »
Adéle, ek dink dit is 'n treffende verhaal.  Dalk is dit omdat al my varkies nie op hok is nie, maar ek het effens verlore geraak in die storie.  Nou wonder ek of dit nie dalk beter sou wees as jy van hier af:  Dis einde Januarie en gister was haar sestiende verjaarsdag. in die verlede tyd skryf nie.  Tot daar waar jy weer in die hede is: Ansie stap die koffiekroegie binne...

Ek sou ook graag 'n bietjie meer inligting wou gehad het aangaande die wegloop. 

Hier en daar is 'n foutjie, maar ek weet sommer jy sal dit dadelik raaklees as jy weer daardeur gaan. 

Dit sou baie interessant gewees het om te hoor watter kommentaar Janie op hierdie stuk sou lewer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #2 on: June 30, 2012, 08:30:54 PM »
dankie liefmens, ek sal later weer daardeur lees. het nou al agtergekom ek moet 'n stuk nie dieselfde dag edit nie, my oge moet eers rus kry om die sein na my brein toe af te sluit, anders sien ek heeltyd dieselfde foute oor..

ek wou eintlik die verlede as 'n direkte belewenis hê. miskien kan ek dit kursief laai. oorspronklik moes ek die stuk in 600 woorde skryf, daarom die min gegewens, maar hier kan ek dalk meer byvoeg.

ja, sou nogal lekker gewees het as Janie dit kon lees, maar ek moes weens ander verpligtinge wat opgeduik het, afsien van haar kursus, hopelik volgende jaar.

 :grommit:
« Last Edit: June 30, 2012, 08:32:53 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #3 on: June 30, 2012, 08:40:22 PM »
ek sukkel nou om iets te modify,    :icon_study:    soos wat ek hier gedoen het omdat ek eers vergeet het om oor Janie te skryf.
wanneer ek 'modify' kliek om iets te...wel...modify, dan raak als weg en moet ek dit oortik. 
  :dontknow:    is dit net ek...?
ek wou ook nog sê, min dinge is deesdae vir my belangriker as my griffelgiere,    :read:   
maar daardie enkele    :love7:   gebeurtenisse kom nog eerste, daarom sal volgende jaar dalk minder uitgawes meebring. ons gaan nie elke jaar lang vakansie hou nie.

 :grommit:

lyk of dit werk, dankie!
« Last Edit: July 01, 2012, 07:41:58 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #4 on: June 30, 2012, 11:06:04 PM »
Soos jy kan sien by jou bydrae, ek kon maklik daar inkom.  Het niks verander nie, net getoets.
Kliek op die koevertjie regs onder in die hoek by jou bydrae en kyk of jy dit dan kan verander.

Skryf vir Janie 'n briefie en vra vir haar hoeveel sal dit kos om net die een kortverhaal te behandel, aangesien jy van plan is om die kursus te volg sodra jou finansies weer reg is. 

Ek dink jy moet dalk die "uit" weglaat by "koggel haar".
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #5 on: July 15, 2012, 06:54:55 PM »
’n Engel in Jo’ville

Dis winter. Ansie Burger se warm stewels knars op die glinsterende sneeuwit ryp terwyl sy deur hulle pragtige tuin na die hek toe stap.

Haar hart krimp ineen toe sy die koerant oopvou:
‘Twee Boemelaars Verkluim’, gil die opskrif tot haar.
‘Nog een in hospitaal’, lees die subtitel.

Later die oggend, oppad stad toe, val ’n ou vrees haar weer aan en die motor se lugreëling help niks om haar warmer te maak nie. Sy probeer van haar herinneringe wegvlug, maar …

Dit was daardie jaar baie koud in die Karoo. Die vorige dag was haar sestiende verjaarsdag. Sestien wrange jare, gevul met dronkpartytjies en mishandeling onder haar stiefpa, het agter haar gelê.

Ansie het die agterdeur toegetrek en skool toe gestap. Haar boeksak het oor haar een skouer gehang en oor die ander het sy haar kleresak geslinger. Gewoonlik het sy net oefendrag daarin gehad, maar daardie oggend het sy soveel van haar klere as wat sy kon, ingeprop. Grimering en die nodigste toiletware was in die boeksak. Die meeste van haar boeke het onder haar bed bly lê.

Halfpad skool toe het sy in ’n systraatjie afgedraai en stasie se kant toe versnel. ’n Rukkie later het sy, met ’n kaartjie na Johannesburg in haar hand, op ’n slaapbank neergeval. Biddend het sy gehoop dat sy dadelik werk sou kry, want sy het net ’n bietjie geld by haar gehad.

’n Paar dae later was Ansie gedaan en moedverlore. Haar seer grieplyf het van kouekoors gebewe. Met trane oor haar wange het sy, koes-koes teen die klam wind in, na skuiling gesoek. Om haar was alles vreemd en sy het nie geweet hoe en waar om nog na werk te soek nie.

Die geboue was grys en vuil. Gebreekte vensters het haar gekoggel. Toe ’n oop deur haar gryp, het sy ingeglip. Oral het mense op karton en koerante ge-sitlê. Sommige het geslaap; ander was besig met iets soos klippies wat hulle rondgooi. Nog een het die laaste sout en asyn van ’n ‘slaptjips’-papier afgelek. Vaagweg het sy gewonder of die persoon ’n man of ’n vrou is.

Langs die naaste muur het sy afgesak en ’n dun kombersie uit haar sak gehaal waarmee sy haarself toegevou het.Ten spyte van haar sweetpak en warmste trui het sy nog gebewe.

Dit was laatmiddag toe iemand haar wakker roep. Sy het gevoel of sy sweef; lig en gemaklik en warm. Al die seer was weg. Die vrou, wat haar wakker gemaak het, was die mooiste mens wat sy nog ooit gesien het.

“Ansie, kom saam met my. Dis netnou donker, dan word dit kouer en dis onveilig hierso.” Sy was soos ’n engel met ’n klokkiestem.

Hoe lank hulle tot voor die helderverligte gebou geloop het, weet sy nie, maar binne het sy die skoon hospitaalreuke ervaar. Sy was so dankbaar vir die vriendelike vrou se arm om haar lyf. ’n Lang man, met ’n wit oorjas aan, was oppad uit.

“Kan ek help?” Dis is al wat sy later kon onthou toe sy vertel is dat hy haar gevang het voor sy net daar inmekaar gesak het. Hy het haar laat opneem, opdrag gegee dat iemand by haar moet bly tot sy wakker word en haar gesond gedokter.
 
’n Paar dae later het sy uitgevra na die engelvrou wat saam met haar by die hospitaal ingestap het. Dokter Dawid Burger het sy kop geskud.
“Ansie, daar was niemand by jou nie. Jy het yskoud en baie siek hier ingestrompel. Ek sidder as ek dink wat sou van jou geword het as jy nie hiernatoe gekom het nie.”
“Dis onmoontlik. Ek weet nou nog nie waar ek is nie. Ek ken Johannesburg glad nie.” Verdwaas het sy haar kop geskud en vertel hoe sy daar gekom het.

’n Maand later het dr. Dawid haar na sy ouerhuis geneem. Sy het haar ma laat weet dat sy veilig is, maar dit was eers baie jare later, na haar stiefpa se dood, wat hulle mekaar weer gesien het. Dawid se ouers, twee wonderlike mense wat jare lank na ’n dogter verlang het, het haar gelei tot vergifnis en selfrespek. Hulle het haar ook gehelp om haar skoolopleiding te voltooi.

Sy kon nie vir beter skoonouers gevra het nie, dink sy toe sy haar kop terugskud na die hede. Sy stap die koffiekroegie binne en gaan sit in ’n hoekie, half verskuil agter mooi plante. Vandag wil sy alleen wees om nog ’n uitreikprogram te bedink.

Jo’ville se mense noem haar ’n engel. Sy weet egter dat, as dit nie vir ’n ware Engel was nie, syself dalk vandag nog ’n boemelaar sou wees.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #6 on: July 17, 2012, 09:07:16 PM »
Adelé, dit is 'n treffer!  Ek is mal oor hierdie weergawe!  Mooi so matertjie! Mooi so!   :hello2:
Die "onverwagte" het jy baie mooi uitgebeeld!  Ek hou hiervan!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #7 on: July 18, 2012, 02:58:16 PM »
dankie vriendin   :love7:   
ek was nogal moedeloos met die storie, kon net nie regkom nie. so het ek een aand vir Eben laat sit en lees en na twee ure se "afrikaanse matriekles" het ek voor begin. hy is nog nie heeltemal tevrede nie, maar ek skuur en skaaf nog verder daaraan. [ ek staan nog toon-inni-sand oor die uiters swak eerste weergawe]   :icon_silent: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #8 on: July 18, 2012, 10:45:17 PM »
Ag nee my matertjie, jy weet mos dat elke "skepping gebore word" en net soos wat 'n vetus 9 maande neem om te groei, so groei 'n ware kunswerk.  Die mamma gaan deur "morning sickness" en allerhande ander "stretches" en vandag op en more af en dan word daar 'n volmaakte klein mensie gebore.  Soms het jy die voorreg van ander skrywersmaatjies wat 'n inset lewer om te help dat jy by die regte resultate uitkom, of soms is jy sommer net op jou eie aangewese.  Tog, ALTYD, as die skrywer luister na kommentaar, kan hy of sy, 'n eie kunswerk vervolmaak. 
Adelé, (my eie Annie  :love7: ) ek het ongelooflik baie respek vir jou skryfwerk, vir my is jy 'n meester in jou eie reg.  Ek  WEET  dat jy hierdie stukkie gaan vervolmaak, want dit is hoe ek jou ken.  Sit maar skouer aan die wiel, want sonder harde werk kom niemand nêrens nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #9 on: July 19, 2012, 01:25:22 AM »
So pragtig beskryf deur onse eie Annie  :love7: :notworthy:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: ’n Engel in Jo’ville
« Reply #10 on: July 19, 2012, 11:22:08 AM »
dankie lief Meraai   :love7:   
annerdag sit Eben en lees deur Blikemmer en toe hy met my wil praat, toe vergeet hy my naam helemal,    :dontknow:    toe word ek sommer ook annie... verstrooide professor ... PM en Hannes ken ook van   :icon_biggrin: 

 :grommit: 
adéle  :grommit: