• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jou dief

Started by PM, June 30, 2012, 06:40:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Jou dief

Ek wil net graag vir jou sê
dat jou lang vingers
nie ongesiens by my
verbygegaan het nie
waar is al my lakens
my komberse
my handdoeke
wat uitgespoel het
toe die vloed my getref het
nou is alles weg
jy wat moes opruim
het my vertroue misbruik
om jouself te verryk
rot en kaal besteel
deur jou
soos gereël
om MY te help
nie jouself nie!
Om te weet is om te verstaan.

adele

 hoe goed val jou woorde in jou woede en teleurstelling...
gaan jy hulle aanvat hieroor of moet jy besliste bewyse voorlê?

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Daar is seker een miljoen foto's geneem.  (Hiperbool  :icon_biggrin: )
Ek is seker dit behoort genoeg bewyse te wees. 
Die probleem lê by die goed wat uit die huis uitgespoel het en onder in die tuin beland het, in 'n modderbad.  Dalk gaan ek nog daar probleme ondervind.  Net die tyd sal leer.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ek het nogal gewonder wanneer iemand dit gaan doen. Mens sien dit altyd op TV wanneer daar n ramp is, is daar altyd die wat aas. Die vervloekte Aasvogels.
Vat hulle vas PM hulle mag nie daarmee weg kom nie.
:angel12:

PM

Die bewyse van wie dit gevat het lê net in dit wat weg is.  Dit was die ergste daardie dag, nadat die watervloed bedaar het was ons huis oorstroom met vreemdes wat net kom KYK het.   :crybaby2:  Ons sal nog vir baie lank, geen privaatheid hê nie. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

daar by ons ook het enigeen stil gehouen kom kyk terwyl dit gebrand het en net daarna. ons een buurvrou het kop gehou en sommer sommige mense weggejaag wat niks daar te doen het nie. sjoe ek moet seg die buurt se mense het ons wonderlik by gestaan. dalk die verskil tussen stad en platteland.

Al wat ek tot nou mis is my beursie wat ek glo een van die brnadweer mense gesteel het. met al die bewyse wat uitgebrand en half uitgebrand het, het ek agtergekom die beursie sou nie so 100% uitbrand nie en indien wel sou ek die tekens daarvan kry. hy is weggedra. daar was so 150 rand in maar tussen die klere waar beursie gelê het was so R650 wat ek terug gekry het. so die een wat beursie geneem het het verkeerd gesteel. al wat lastig was is my lisensie en bank kaarte wat die persoon ook geneem het.

die assuransie het vor ons vir die nagte by een of ander plek wagte betaal wat in die nag die plek opgepas het tot ons weer ingetrek het na 10 dae.

PM

#6
Ons jongste het Hannes se I-pad gevat om programme op te sit en 'n eposadres te skep. 
Hy het dit net daardie oggend terug gebring.  Ek het vir my klein Sony 'n skouersakkie in Dubai gekoop.  Ons het dit net daar in die kuierarea oor die stoel se leuning gehang.  My rugsak (omdat ek nie 'n handsakmens is nie) het ook net daar op dieselfde stoel gestaan. 
Ek het sommer al wat 'n kombers en handoek gegryp en voor my slaapkamerdeur gegooi om die water te probeer keer.  Was so  :munky2: , het nie daaraan gedink dat die water ook van die sykant af gaan instroom nie.  Na die gedoente het die skoonmakers alles buite op 'n hoop gegooi.  Toe ek dit weer soek om te gaan was, is dit weg;  al die los matte ook.  Gelukkig het almal baie foto's geneem.  Dit is seker genoeg bewyse. 
Met al die mense wat deur die huis is, die brandweermanne en die skoonmakers, weet ek nie wie die skuldiges is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Mag ek kru taal gebruik op die Forum?
@#%(+*&^ !!!
Asof die trauma nie alreeds genoeg is nie, is daar mense wat hulle verryk in jou leed.
@#$#$%&*&$
elle

Meraai vannie Baai

Ek wil sommer amen skryf op al die tekens van Angelica! Jimmel PM dis verby onmenslik!
Meisiekind vertel my juis vanoggen hoe verdwyn die goed nog steeds van die plaas af. En die slegste van alles, aanstaande skoonseun herken toe van dit op sy buurman (vriend???) se erf  :pottytrain5:

Ah Willa

Ja Engeltjie - in tye soos die, is mooi woordjies onvanpas - ek is 100% met jou!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

 :sign10: Engeltjie, ek wil daai assessor (daar het ek die spelling nou reg  :icon_biggrin: ) pootjie dat hy val en sy kop stamp en al daai tekentjies in sirkelbewegings sien! 

Raaitjie, dit is in moeilike tye wat jy jou vriende leer ken.  (Lag ek nou vir daardie prentjie.)
Gelukkig weet hulle dit nou.   :pottytrain2:



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dink jy twaalf uur by my in die dag en vier uur die oggend by jou is te vroeg vir ietsie wat die innerlike verwarm? Nou so lekker gelag vir die beeld wat jou assessor en die tekentjies by my ook skep, voel ek sommer vroliker.

PM

Nee!  Nooit! Skink sustertjie, skink!  :icon_biggrin:

As ek nie so 'n goeie humorsin gehad het nie, was ek lankal van my kop af. 
Gisteraand (meneer die assessor het 'n kontrakteur saamgebring om kwotasies te gee)
vra die outjie vir my Hannes se besonderhede.  Ek seg vir hom, Hannes Smit, sonder die haa,
want haa staan vir hotnot.  Tannie meen Annes Smit?  Nee! Nie Anus Smith nie...  :toothy4:

Ek wens ek kon 'n opname maak van alles wat ek vir meneer assessor te seg gehad het, maar hy is effens vaak, het niks gesnap nie. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Nou het ek my antidepressiepilletjie in vir die dag :toothy4: :icon_biggrin: :sign10: Hou jou glasie suster. Ek maak weer vol  :angel4:

PM

Lag bly maar die beste dokter.  Die ander versekering se "oom" assessor was hier vanoggend.  Hy sê ek kan 'n saak by die polisie gaan maak vir die gesteelde goed. 
Hy is 'n rou Engelsman. Nadat hy hier uit is praat ek en Hannes.  Ons eie Afrikanermens, kyk waar hy jou kan besteel om sy firma kostes te bespaar.  Ek hoop nie ek praat te vinnig nie, maar hierdie "oom" nie "meneer" nie, het ons baie professioneel behandel.
Om te weet is om te verstaan.