• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Toe spoel ons amper weg

Started by PM, June 28, 2012, 06:55:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

AB

AB, dit lyk nie vir my of ons 'n makelaar het nie.  Verlede week was hy uitstedig en vandag was hy in 'n "meeting".  Ons betaal maar net 'n fooi.  Hy bestaan nie.


o hel, dit help ook minder as niks. wonder of hy nog met julle wil besigheid doen na die petalje?

my makelaar seg hy wil my die beste gee wat hy kan want hy wil my nie as kliënt verloor nie.

so leer mens hulle ware kleure ken in tyd van nood.

klink my daai assesor van julle is ook nie sy naam wrd nie, dink julle moet dlka gaan kla by daai man

JC

Ons sal maar sien wat gebeur vandag. Hannes is werk toe om onbetaalde verlof in te sit en twee uur het ons 'n begrafnis van een van sektor1 se bestuurslede. 
Intussen sorteer ek nog natgoed van drogegoed. Hougoed van weggeegoed. Ons het gereken dit is die ideale geleentheid om al die ou klere te verpak en vir die area se kerk te gee.  As ons dan moet "skoonmaak" is dit nou die tyd daarvoor.

AB

weereens sterkte vir julle. ja ek stem saam dis nou 'n goeie tyd vir skoonmaak en weggooi ens.

Ah Willa

MENS SE NOOIT NEE VIR "N APPELTJIE NIE!!

beste rekenaar wat ek nog ooit gehad het

hoe gaan dinge nou aan julle kant
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

ek het 'n dell skootrekenaar, en verlede week vrydagaand  was sy binnekant versuip met port. gals omgestamp op die toetsbord dat die port by al sy gate soos usb ens uitloop........
versekering wil nie uitbetaal nie
rekenaar mense seg hy sal dit nie vir altyd maak nie maar hy loop nou  nog, ek tik nou op hom. is idt die port of die reknaar wat so goed is?


PM

AB, ek dink dit moet die port wees.  :angel4:

My seun dink ook die appeltjie is die beste wat daar is.  Ek het seker 6 jaar met my ou toshiba'tjie gewerk (mis hom viskikkik!) en het nooit probleme gehad nie. 
Ek mis hom net omdat sy skermpie baie groter was en hy baie meer tussen die ore gehad het.  Hierdie een is nog effens "leeg".  (Hy moet net nie dink hy gaan Port kry nie!  :icon_biggrin:

Hier het dit nog woes gegaan met al die ouens wat kwotasies moet gee.  Ons wag nog vir iemand vir die plaveisel en dan sal ons seker ons privaatheid verder moet afstaan as die herstelwerk begin.  Die ander mense is al amper klaar met hulle herstelwerk.  Hulle is al uitbetaal vir hulle losgoed, ons wag nog.  Dit is senutergend. 

Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

'n portjie in die hand en 'n appletjie op die skoot - nou that is life!  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

En hier is ek weer.  Nog n keer!  Na nog 'n vloed en twee keer se erenstige reën en dieselfde assessor wat die eis vir die skade afkeer!  Jou ou vetgat! Jy kan nie eers op die dak klim om te sien waar lê die probleem nie, maar jy wil vir my kom vertel dat na R180 000 wat ek aan die dak spandeer het, die stormskade as gevolg van "maintance" is wat nie gedoen is nie.  Jou arme sot!  Vra jy nog hoekom mense 'n helse hekel aan assesore het?
Die taksman vat net wat hy verdien, maar julle vat wat julle nie toekom nie!
Eish!   :mumum:
Om te weet is om te verstaan.