Author Topic: Toe spoel ons amper weg  (Read 25224 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #15 on: July 04, 2012, 04:07:55 AM »
Dankie matertjie, dankie dat julle net luister!
Woorde is kaal, want dit is die naakte waarheid.   :icon_biggrin:

Woorde...
skuus 
dankie
jammer

      klein woordjies met die grootste betekenis
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #16 on: July 04, 2012, 04:08:57 AM »
Amen  :notworthy:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #17 on: July 04, 2012, 08:26:25 PM »
klink my jyt i bliksim vir assesor gekry.
wonder of mens mag vra vir ander assesor as hy jou so behandel en soos jy seg hy trap nie hy wil skop terwyl jy lê.


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #18 on: July 05, 2012, 09:02:14 AM »
Ek is jammer dat hy die sleg nog meer traumaties gemaak het. So dikwels word daar op die letter gekonsentreer, terwyl die hart vergeet word en dit is ongelukkig wat 'n mens dan onthou- Waar die grootste trauma lê en die moeilikste vergifnis. Selfs al sê jy vir jouself dat die persoon moontlik 'n doen-mens en nie 'n voel-mens is nie of dat die persoon nie daagliks ander se pyn sy/haar eie kan maak nie en dat die kil afstand van feite/aksie/ reëls ens.  moontlik sy/ haar manier is om te cope. Dit bly seer.

Ek is so jammer dat dit met jou gebeur het. Baie  :love7: en drukkies.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #19 on: July 05, 2012, 01:04:56 PM »
Julle onderskraging en liefde en omgee beteken vir ons vreeslik baie.  Baie dankie. 
'n Assessor kan seker ook nie emosioneel betrokke raak by jou probleme nie.  Hy het 'n werk om te doen, en dit is om seker te maak dat sy firma so min as moontlik betaal!  :icon_biggrin:
Iemand sê juis, na die "tax man" is die assessors die mees gehate mense in die samelewing.  'n Ander een sal my niks meer help nie.   :dontknow:

Ek het ook nou ondervind dat die mense wat kwotasies moet gee om herstelwerk te doen, kyk hoeveel moontlik hulle uit die transaksie kan maak. 
Die  mense wat restourasie werk doen wil alles restoureer en die meubelwinkel wil alles vervang. Waar trek 'n mens die streep.
Hê-hê!

Hulle sê ons mag nie beter af wees na die skade as voor die skade nie. 
Natuurlik wil ek beter af wees. 
Voorbeeld:
Die teelwerk in ons kuier-area is aaklig en ek hou niks daarvan nie.  Nou is dit vol skrape soos wat hulle die modder met grawe uitgeskraap het en die teels waar die water gestaan het klink hol.  Vervang dit.  Ek het nie gevra vir die gemors nie.  Een prokureur sê: If it is not your fault, then it is not your problem!
Natuurlik sal ek nou beter af wees, maar is dit onregverdig van my om te verwag dat hulle dit sal vervang?
Aan die anderkant het ons so pas die badkamers laat uitbreek en nuwe teels ingesit.  Nou moet ek deur al die ongerief om dit weer oor te laat doen.  Nou is ek slegter af, of lieg ek?
Nou probeer die meneer my oortuig dat die teels nie sou losgekom het as die vakmanskap reg was nie.  Huhhh?  Seg ek vir hom, swak vakmanskap sou my probleem gewees het as die water nie deur my huis is nie.  Nou is dit jou probleem.  Mislike ekke!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #20 on: July 05, 2012, 01:23:05 PM »
Hulle seg jy mag nie beter af wees nie.....maar dis ok vir hulle as jy slegter af is? hoe meet jy beter af of slegter af? dalk in sommige gevalle van "give and take?" Wie moet die voordeel van die twyfel kry? ek glo die kliënt, want uit wie word geld gemaak?

By my versekering kry die kliënt die voordeel van die twyfel indien jy genoegsaam verseker is.

Is so almal wil geld maak uit jou skade maar jy mag nie iets kry nie.
Na ons brand het die 3 geweer kluise band merke op die verf gehad. Vra die mense wat die meubels skoonmaak 'n kwotasie vir die kluise oorverf. Kom die antwoord R10 000. mens kan die 3 kluise nuut vervang met minder as dit.
Toe koop die skoonmaak mense die spuitverf wat in aerosol kannetjies gekry word en spuit dit sef oor vir R600 en dit lyk reg so, geen fout. As ek dit slef gedoen het sou ek seker R250 se verf gebruik het, dus het die skoonmaak mense ook 'n deel gevat ( seker vir arbeid wat ook nie vereerd is nie) maar darem nie R10 000 soos die ander nie.

Ons huis se kwotasie om dieselfde werk te doen is laagste R847 000 en hoogste R1,2 miljoen, dit vir presies selfde werk.

ek het die assesor gevra hoe hou sy hart dit om elke dag tot 2 de dag huise of plekke te sien wat verspoel of gebrand het. Seg hy dis maar 'n werk wat gedoen moet word en hy probeer hom afsluit daarvan maar hy het wel begrip vir die mense wat skade gekry het, maar hy seg as daar iemand dood gebrand het of verdrink het vat dit nogal emosineel aan hom. ek glo dit hang ook dalk baie van persoonlikheid af van hoe hy sal optree en jou (mis)behandel.

weer eens sterkte

en vra hom daia vraag as ek nie beter mag af wees nie moet ek dan slegter af wees en wat van my koste om kwotasies in die hande te kry en verblyf koste ens.


ek wil amper seg haal een of 2 teels af en kyk hoe is dit vas gesit, maar as die water nie daar was nie sou dit dlak nie los kom nei al is idt verkeerd vas gesit. by ons kla hulle nie oor die verkeerd vassit nie al het dit los gekom.

 
« Last Edit: July 05, 2012, 01:24:58 PM by AB »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #21 on: July 05, 2012, 01:31:17 PM »
Ongelukkig kan ek nie dink voor ek praat nie.  Dit wat in my kop aangaan loop by my mond uit!
Toe hy vir my sê dat die teels met blopse sement vasgesit is en daarom klink dit hol, toe seg ek vir hom, in die eerste plek was ek by toe dit gedoen is en daar is van 'n behoorlike teeltroffel gebruik gemaak en in die tweede plek werk sy teorie nie, want dan sou al die teels hol geklink het. 

Ek hoor ook wat jy sê oor die kwotasies.  Nou wonder ek maar net, het dit iets met vakmanskap te doen?  Hoe besluit jy op watter kwotasie jy gaan gebruik, of is dit die versekering se besluit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #22 on: July 05, 2012, 06:26:20 PM »
PM ek stem saam met jou dat die teels almal so sou maak, water of nie water nie.

ek dink die finale belsuit van kwotasie is by die versekering ( nie asessor nie) Jou makelaar sal jou moet help ook en inligting en raad gee, dis waarvoor hy daar is. My makelaar het my geseg onhou ek is aan jou kant nie aan die assuransie se kant nie want jy is my kliënt en ek moet sorg vir die beste vir jou. Hy was ook paar keer by waar ek met assessor gepraat het en ek glo as jy voel jy word onbillik behandel kan mens dalk iewers so iets soos 'n ombudsman kan kontak om jou saak te bekyk. Maak gebruik van jou makelaar en hy mag nie net sy skouers optrek nie want hy wil jou na die episode seker nog as kliënt behou en so ook die versekering maatskappy wil jou seker ook as kliënt behou, daarom voel ek die voordeel van twyfel moet by jou wees.

ek weet ek het al vroeër met goed wat gesteel is kwotasie gekry, daai tyd moes mens nog 3 kwotasies gekry het, en dan het die asessor geseg nee dis goedkoper by daai plek ons gaan jou daai prys gee of item daar koop en vir jou gee. ek dink hulle kyk of jy nie dlak i plek iewers uitgrou wat hulle nie van weet nie. deesdae vra hulle net 1 kwotasie, slefs vir 'n kar wat gestamp is ook.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #23 on: July 06, 2012, 02:29:14 AM »
Ek sal maar wag dat die son opkom en vir Hannes vra om "sy" makelaar te kontak. 
(As iemand goed is, is dit "my".   :icon_biggrin: )
Ek het nog so baie onbeantwoorde vrae. 

Ons moet twee kwotasies gee.  Dit is 'n "shlep".

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #24 on: July 06, 2012, 06:10:14 PM »
Nuus van die Smitte.
PM se rekenaar het vanmiddag a.g.v. die klammigheid in die modderbad sy prosessor vakansie gegee en Hannes se skootbrakkie het ook modder gesuig.
PM vra dus dat julle aan die twee Gautengse moddervissies dink in hulle uur van beproewing. Hulle is nou heeltemal afgesny van die WWW maar sal kom rapporteer sodra hulle weer op die lug is.
Laat die woorde intussen rol.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #25 on: July 07, 2012, 06:27:51 AM »
Ai...  AI!!!  Dis 'n 0-slag.
Mag ek maar daardie beroemde @#$%&*+*-woordjie hier uiter?
(Ek is ook soos PM wat praat voor ek dink - die goed borrel by ons monde uit nog voor dit draai gaan maak het by die 'oordink-lob' in die brein.)

Om sonder 'n rekenaar / laptop te wees, is vir my soos om sonder my daaglikse sny brood-en-botter te wees: ondenkbaar.
Dit was nou seker die cherry op die koek.

Mag julle spoedig uit hierdie  :BangHead: :violent1: :argue: :boxing:    kom.

Dink baie aan julle.   :love7:


elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #26 on: July 08, 2012, 11:14:13 PM »
Oe genadetjie toggie tog. Naas as jy dalkies kontak het met hulle stuur liefde, groete en handevol simpatie sebliefie.

Offline JC

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 21
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #27 on: July 09, 2012, 06:59:22 AM »
Hier is ek,  :hello2:  met Hannes se maskertjie op, (ek kom nie op my eie naam in nie) maar ek is hier. Het my dikste vergrootglase op en my vingers strompel oor die verstraagde sleutelbord, maar dit is beslis beter as niks.
Jannas het vir my gou iets aanmekaar geslaan sodat ek ten minste die kwotasies op e-pos kan ontvang en nou en dan hier kan inloer. Hannes se rekenaar wil glad nie aanskakel nie.

Dankie dat jy my boodskappie oorgedra het Naas. 

Dankie Raaitjie, ons waardeer jou liefde.

Jy is reg Engeltjie, dit was die cherry op die koek! Ek moes hard op my tanne byt om nie my balans te verloor nie.  (My varkies op hok te hou.)

Mense probeer jou troos met die snaakste sêgoed! "Dit was hoogtyd vir 'n nuwe skootbrakkie!" Ek weet hulle bedoel dit baie goed, maar my skootbrakkie was my skootbrakkie!  :crybaby2:  :pottytrain2:   :icon_biggrin:

Dit sal nog 'n rukkie neem voor ek 'n nuwe een kan kry, maar intussen tel ek my seeninge.   :hello2:


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #28 on: July 09, 2012, 09:05:43 AM »
'n nuwe rekenaar is nooit weer dieselfde soos die vorige een nie ... dit word mos deel van jou persoon-wees
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline JC

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 21
Re: Toe spoel ons amper weg
« Reply #29 on: July 09, 2012, 02:52:02 PM »
Hannes het opdrag gegee dat ek die ouetjie se groter boetie moet kry.  Dit is 'n Toshiba en Jannes sê steeds ek moet die Apple vat, maar ek sien nie kans om weer van vooraf te sukkel nie.  Het nou genoeg "sukkel" om my 'n leeftyd te hou.

Ek was woedend toe die vrou van die matte weer hier aankom om die matte in die woonstel te meet.  Meneer assessor sê vir haar hy was hier en daar is nie matte in die woonstel nie, net teels.  :pottytrain2:
Is hy van sy trollie af? Wat op dees aarde laat hom dink dat ek iets sal eis wat ek nie gehad het nie?   :`ip2:
Vanoggend het Hannes hom gebel en geseg ons gaan nou die omboetsman kontak om die saak met hom te bespreek.  Dit is nou al twee weke en ons sit nog met vrot matte onder die kaste en dit stink vir 'n vale.  Die ander mense se versekering het al uitbetaal en ons sit nog met 'n vrot nat huis.  Toe moes jy sy mooi praatjies hoor.  Nou lyk dit sal dinge begin gebeur. 

AB, dit lyk nie vir my of ons 'n makelaar het nie.  Verlede week was hy uitstedig en vandag was hy in 'n "meeting".  Ons betaal maar net 'n fooi.  Hy bestaan nie.