AB, ek dink dit moet die port wees.
My seun dink ook die appeltjie is die beste wat daar is. Ek het seker 6 jaar met my ou toshiba'tjie gewerk (mis hom viskikkik!) en het nooit probleme gehad nie.
Ek mis hom net omdat sy skermpie baie groter was en hy baie meer tussen die ore gehad het. Hierdie een is nog effens "leeg". (Hy moet net nie dink hy gaan Port kry nie!
Hier het dit nog woes gegaan met al die ouens wat kwotasies moet gee. Ons wag nog vir iemand vir die plaveisel en dan sal ons seker ons privaatheid verder moet afstaan as die herstelwerk begin. Die ander mense is al amper klaar met hulle herstelwerk. Hulle is al uitbetaal vir hulle losgoed, ons wag nog. Dit is senutergend.