op 'n ander webblad het die volgende kommentaar ivm hierdie webblad verskyn:
Wat die ou hier vertel en wys is die werklikeid van dele in Indië en van die Hindu geloof en sommige van sy gebruike. Maar – in dieselfde asem wil ek sê dat hy duidelik ten doel gehad het om negatief te berig en ‘n oordrewe beheptheid het met die lyke in die rivier en die indruk skep dat elke rivier in Indië vol drywende lyke is. Dit is nie die geval nie. Die Ganges rivier is vir die Hindus ‘n “heilige” rivier en gevolglik al die “seremonies” in en om die rivier.
Die gemors op die strate op sommige plekke in die stede en dorpe is ook ‘n werklikheid, maar weereens skep die skrywer die indruk dat dit die norm regdeur die land is. Die werklikheid is egter dat in die “slums”, baie van die ouer plattelandse dorpe en in die minder gegoede gedeeltes van die groter stede dinge wel so sleg is soos hier uitgebeeld word. In die sake- en toerisme buurte van die groot stede en in die hoër inkomste buurte sal jy dit egter glad nie, of dan wel baie min sien. ‘n Stad soos Bangalore en baie ander stede en dorpe doen regtig moeite om, selfs in die agter buurtes, die omgewing skoon en netjies te hou.
Sy verwysing na die gebrek aan toiletpapier in toilets is ook maar baie misleidend. Dit is nie net in Indië so nie, maar die gebruik in baie Asiese en Midde-Oosterse lande. In al die hotelle waar ek al in Indië gebly het, en ‘n paar van hulle was maar “suspect”, was daar toiletpapier in die toilets.
Ter afsluiting moet mens maar ook in gedagte hou dat Indië ‘n derde wêreld land in Asië is en ‘n bevolking van ongeveer 1,3 biljoen het. Hiermee saam het hulle baie vreemde geloofs- en kultuur gebruike en moet mens dus nie verwag dat jy oral in die land met Westerse en eerste wêrelde standaarde te doen gaan kry nie. Dit is iets wat sommige van die Westerse deelnemers aan verlede jaar se Statebond Spele in Delhi baie vinnig agtergekom het.
die opmerking:
"Hiermee saam het hulle baie vreemde geloofs- en kultuur gebruike en moet mens dus nie verwag dat jy oral in die land met Westerse en eerste wêrelde standaarde te doen gaan kry nie."
laat my wonder oor die "goeie werk" of opheffings werk wat daar in baie plekke in die wêreld gedoen word....is dit die moeite werd om in sommige plekke 'n klomp geld en tyd en moeite in te pomp as die mense nie wil verander en nie besef daar is 'n kans vir 'n beter lewe maar hulle geloof en kultuur gebruike weerhou hulle daarvan.