• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ingelegde perskes en kerrie...

Started by adele, June 21, 2012, 01:14:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

n.a.v. Willa se perskes met kerrie inni room, perskes met kerrie is baaaie lekker, dit pas soos kluitjies en kaneel

PERSKE-KERRIE SLAAI

1 blik (840g) pynappelstukke                             knypie sout
1 blik (820g) perskes in perskesap                    37,5ml witsuiker
1 fles (390g) wit suur-uitjies                            25ml mielieblom
2 blikke (420g elk) boontjies in tamatiesous

Dreineer en snipper die perskes, hou die sap.  
Dreineer pynappelstukke en hou die sap.
Dreineer die asyn van die suur-uitjies.
Meng asyn, sappe, kerrie, suiker, konfyt en sout.
Kook dit vir 10 minute.
Voeg perskesnippers, pynappelstukke, heel uitjies en
boontjies in tamatiesous by.
Maak mielieblom met bietjie water aan en roer by.
Kook alles 5 minute tot dik. Laat afkoel.
Die slaai kan lank in die koelkas bewaar word.


KORINGSLAAI MET KERRIE EN PERSKES

Slaai:                                                            Sous:
200g(250ml) koring                              50ml sonneblomolie
1 groot soetrissie gekap                        3ml borrie
1 groot ui gekap                                   6ml matige kerriepoeier
1blik ingelegde perskeskywe                  25ml blatjang
gedreineer                                          25ml suiker
                                                       25ml asyn


Kook koring tot gaar in soutwater en spoel af onder koue lopende water.
Meng rissie, ui en perskeskywe met die koring.
Meng slaaisous bestanddele saam in 'n digte houer tot suiker opgelos is.
Gooi oor slaai en meng goed.
adéle  :grommit:

Ah Willa

Hierdie lyk vingerlek lekker .. ook of dit lekker saam met braai kos sal gaan .. yum yum
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

ek probeer oor en oor, maar die lysies wil nie ondermekaar bly soos in my resepteboek nie,
maar geniet in elk geval     :hello:   

:grommit:
adéle  :grommit:

Ah Willa

dink ek het dit nou soos jy dit in jou oorsprongklike file sien .. dis net spassies wat reg geskuif moet word, of maak gebruik van tabelle  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ja, dit pas soos kluitjies en kaneel!  :hello2:
Dankie vir die deel Adéle.
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

sou mens die koedjies kan bottel?

Meraai vannie Baai


werelde weg

 :icon_scratch: sou koedjies nou koei'tjies wees ok koekies....  :icon_study:

PM

As koeitjies koekies het, kan dit een van die twee of altwee wees.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

koeitjies en kalfies ... die een is nes die ander ... ek sou beslis n koeitjie met koekies wou he ..  :coffee2:

die resepie klink heerlik