• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vertaal "rat race"

Started by PM, June 20, 2012, 12:04:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek soek na 'n mooi nuwe Afrikaanse woord vir "rat race". 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

verkreukel my gesig nou heerlik Naas ... 

moet tog nie so in die mol-jol vas gevang wees nie!

Wat 'n mol-jol is die lewe darem nie!! 

ag dis nou 'n heerlike-lag-beskrywenede woord meester Naas  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Trapsoetjie

Rot gejaag - gejaagte rotte - klomp sotte (nie seker oor die spelling nie)  :evil6:

Ek vind my tussen 'n klomp gejaagte rotte.... :evil6: Kan nie wees nie, nie met Koos oor my skouer nie  :icon_biggrin: (Koos=Amerikaanse Geel Rot Slang) 2.5m lank.

Naas jou mol-jol klink al-te-lekker, mag ek saam?  :evil6:

"Vlugvoetige Malplotters"  :evil6:

:angel12:



PM

Mol-jol - dit klink vir my na 'n klomp jongmense wat in die nag, onder in die kelder, partytjie hou.   :icon_biggrin:

Daai rotvreterkind van jou word nou baie groot Trappies.  Goeiste, hoe hanteer jy nou vir Koos?

Willa, is muis-loop amper soos leeu-loop?

Ek wil iets wat AB geskryf het op die forum plaas.  Hy praat van die mense wat in 'n "rat race" (net 'n gejaag na wind) is en hoop om 'n nuwe mooi beskrywende Afrikaanse woord te kry om in "rat race" se plek te plaas.  Dankie vir julle deelname.  Help nog asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Hie hie, PM, nee jong dis mos winter en Koos rus nou gelukkig so bietjie. So wat 3 maande laas 'n Rot gehad, en ek dink ons het hom toe 5 gegee. Sal weer volgende maand probeer.

So wanneer die rotte julle jaag, kom maak 'n draai by Kosie se huisie en rot raak net daar 'n muisie.


"Vlugvoetige Malplotters" of "Mallende gegorrel na niks" Nee dis te lank.

Sal nog dink.

:angel12:

PM

Ek sal bietjie gril.  Onthou toe Jannas nog met slange geboer het - as hy daai muis in die slanghok gooi, pik die slang tot binne in my hart, skrik ek my koud! 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Hie hie, nee die rotte is dood voor ons dit vir Kosie gee. Net nou byt Rot se kind my slangetjie dood.  :crybaby2:

:angel12:

Ah Willa

muis-loop sommer net in my kop gespring .. nie eens aan leeu-loop gedink nie .. maar vergeet van muis-loop

Naas se mol-jol is bekroon :-)

(skat dit sal nie in n erenstig toon gebruik word nie ha ha - mens lag mens werk elke keer wat mens dit se)

Trappies ek is mal oor jou : Mallende gegorrel na niks

Dit sal dalk goed wees om die hele sin te sien waarin die rat-race gebruik moet word :

maar wat van hierdie paar wat ek soms op verskillende plekke gebruik:

Dis 'n gehap na wind.
'n Geklink en geklank is net geraas.
Hulle is vasgevang in 'n eie tydse tydtronk.
Blare baljaar in die wind, nie mens se tyd nie.

Net een woord:

Windbejaagd
haastigbelas
Windhappies  (hap se kleinvoud een p of twee - ek weet nie sorry MoederPm ) maar weer eens moet dit in 'n sin gebruik word - dis net windhappies, niks verewig nie.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

windgejaag
rotteresies

rottemaaiers  nav juffrou rottemaaier ( lw M nie N nie ) op daai een of ander kinder program doerietyd op die tv.


rottemallemeule....harloop jou mal soos 'n witrot in sy mallemeule so al in die rondte.


Ah Willa

muismeule    :toothy4:

ons is vasgevang in 'n muismeule deur ons eie keuses  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Rotren, rotjaag, rotrit.
As ons wil he die nuwe woord moet in plaas van rooitaal gebruik word moet dit makliker, vinniger as engelse woord wees anders sal die jappie Afrikaners maar net voortgaan om die Engelse sloer te gebruik.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Dit was 'n rotrit en skielik bevind ek my in 'n rotren wat geen einde ken nie - ek snak na asem en smeek genade : STOP, ek wil van die bus af ...

Naas jy is werklik skeppend met woorde  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

AB, jy laat my sommer hardop lag vir die "waarskuwing".   :icon_biggrin: Dit was Heidie.
Ek hou van jou "rottemallemeule".
Naas se rotren kan ook goed werk. 
Baie dankie vir almal se bydraes. 
Om te weet is om te verstaan.