• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Titel vir my Bundel...

Started by Angelica, June 19, 2012, 08:01:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Titel vir my Bundel in Boek 2 :

Splinters

Dankie.
elle

PM

Ek stuur 'n prentjie vir jou.  As jy nie daarvan hou nie soek ek verder. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Splinters klink vir my kaal vir al jou prag pronkstukke ... maar nou ja .. ek het nie eens 'n voorstel nie ... ek dog net ek se hoe die title rondom jou pronkstukke vir my klink ... lief jou werk - dis pragtig!!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

Verlange Eggoleeg

(Dis my nederige opinie van wat ek lees in jou pronk stukke ... verlange kom uit die verlange wat eggo en die simfonie wat oor die velde rol ... en Eggoleeg is waar jy met ons gedeel het hoe jy op daardie oomblik gevoel het ... )

die twee woorde som vir my jou pronk stukke beter op as splinters wat mislei oor wat mens gaan kry ... ... maar ek is 'n rooikop wat soms blond voorkom ... so ek zip dit nou  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Splinters. "Die oorblyfsels van seerkry" beskryf jou werkies goed.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ons het die mooiste prentjie hier by "Slipters" gekry.  Dit "rock"!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hallo julle,
Dankie vir jou prentjie, PM, dit pas perfek.

Willa / Naas / Almal,
Splinters =  splintertjies tyd / gebeure / emosies in my lewe wat ek in woorde probeer uitdruk.
Splinters,  soos in klein deeltjies van die stuk hout wat afkom.
In my bundel is nie net seerkry.  Daar is ook emosies, liefde, gebeure.

elle

Ah Willa

In my bundel is nie net seerkry.  Daar is ook emosies, liefde, gebeure.  EK STEM  dis nie net seer kry nie ...

ook weer gedink oor my voorstel Verlange Eggo .. pas ook nie .. want dis nie net verlange na nie ...

Splinters laat my onmiddelik dink aan net stukkies stukkend ...


Dit het nie vir my omskryf wat ek in jou werk ervaar het nie ... maar ek is 'n rooikop wat dikwels blonde momente het ... so ek zip dit ...

wag voor ek dit zip ... jou werk tref regtig diep en trek mens in - dit lewe!!  Jy is voorwaar een groot inspirasie vir my.

Nou zip ek dit :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Hi Willa,
Dankie vir jou insette.
Dit is interessant hoe ons van een enkele woord soveel siening of gevoel kan kry.
Vir my persoonlik,  'n splinter is iets wat afsplits van 'n groter voorwerp.
In hierdie geval gee ek julle slegs splintertjies van my lewe, my liefdes, my emosies...
Splinters kan ook in Engels dieselfde betekenis he.

Ek kou al jare aan 'Splinters' en het byna 4jaar gelede al besluit dit sal die Titel van 'n Bundel wees.
elle

Ah Willa

Jy weet wat is beste vir jou bundel - ekke het net my hart vir jou opreg oopgemaak...

ek hou van die stelling van jou : splintertjies van my lewe  ... dit omvat dit vir my meer ...

ja elke mens ervaar mos elke woord anders ... 'n woord kan vir hard en koud wees en dan vir jou tog so beskrywend ... ons uitkyk en ervaarings beivloed seersekerlik ons gevoel .. soos name ook ...

en jy het self hierdie splintertjies van JOU  lewe ervaar - ek lees dit met getinte glasse van my eie ervaarings .. nietemin ... weet jy beste wat jou title behoort te wees en jou werk is almal pronkstukke wat 'n hart se siel pluk om weer te dink en weer te lees ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w