• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 15 - Boek 2 Wasgoedmandjie Looks

Started by Angelica, June 19, 2012, 07:31:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Wasgoedmandjie Looks

Jy't my wêreld onderstebo kom draai
ja, jý
jy't my hart deurmekaar kom pluk
met jou stories oor kosmos en berg
oor veldplant en see...
nou vra jy hoekom lyk ek so verkreukeld!
dis dan jý wat soos 'n rukwind
om die hoek kom draai het
my byna teen 'n muur vas gewaai het
jý wat my kop laat tuimeldroër
en jy vra mý?

Laat ek jou sê hoekom
daar kreukels oor my lê,
ek soos 'n wasgoedmandjie lyk,
hoekom ek nag en dag omruil,
soos 'n warrelwind deur 'n stoppelland
sjwoesh! en oral stof opskop,
hande swaai soos 'n windmeul,
in 'n storm so stotterstom
met 'n mond vol tande vir jou kyk

Kom, laat ek jou vertel,
jy met jou ongeërgde houding
en jou ewige smile
jy wat soos sjokolade-mousse
op my tong kom lê
smaklekker smelt saam met my hart...

Nou luister nou mooi,
Mr Cool,
dis omdat jy my uitgeboul het
jy het my hart onderstebo kom keer het
daardie dag toe jy soos 'n rukwind
om die hoek kom waai het.
Kom ek vertel vir jou...
ek lief jou
(asof jy dit nie weet nie),

dis hoekom ek soos 'n wasgoedmandjie lyk
   
©Elsabé

elle

PM

Hierdie een is een van my gunstelinge, ek lief dit.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

Ah Willa

#3
hoekom
daar kreukels oor my lê,



pragtig ... Engeletjie jy is een van my gunsteling digters ... ek drink jou gedigte en as ek dors .. dan kom drink ek weer ... en die simfonie wat jy hier oorkant gestrooi het kom rol elke nou en dan hier by my oe verby en ek hoor die klanke klinkend rol en wag dat dit gou weer verby rol ...

jy is so waar talentvol ... die forumfailie is gevul met prag talente ... wat 'n voorreg om hier te mag kuier en lees ...  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Kan iemand help asseblief.  Ek soek na 'n gepaste prentjie by hierdie gedig.  Stuur asseblief vir my na
pm@afrikaanseforum.co.za
Ek sal dit baie waardeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hoop jy kry die perfekte prentjie matertjie. Angelica, ek lieffff die ene  :love7: :hello2:

PM

Hierdie gediggie is soos 'n fliek wat voor my afspeel as ek dit lees.  Dit tower al die beelde op.  Ek lief dit ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Marius


Angelica

elle

PM

Ek het nog hulp nodig om 'n prentjie by hierdie gedig te kry.  Wie van julle is lus om te help.  Asseblief!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Verstellenkie asseblief PM... Dankie.

Mr Cool,
dis omdat jy my uitgeboul het
my hart onderstebo kom keer het   ****
daardie dag....
elle

Angelica

Dankie Marius...

:)  Ek sien daai Mr Cool se ewebeeld.
elle

PM

Ek het vir jou die vier sterretjies bygevoeg.  Hoop dit is wat jy wou hê?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Nope... ek het een 'het' te veel ingehad daar.
Verwyder daardie ****, was net om jou te wys in watter lyntjie die regstelling moet wees.
elle

PM

Hê hê hê!  Daardie het het ek al lankal reg gemaak.   :icon_biggrin: Wraggies, jy kan met my ploeg vandag.  Ek beter nou ophou en more weer verder gaan.    :sign10:
Om te weet is om te verstaan.