• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 14 - Boek 2 Vuurblom vir haar

Started by Angelica, June 19, 2012, 07:20:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Vuurblom vir haar

Jou oproep vanoggend vang my onkant,

jy wil net vertel van die vuurblom
wat baldadig haar blomme weer wys,
bring my beeld helder in jou gedagtes op
so asof sy weer wil oopkrap
waar ons al toegemaak het...

Ek hoor die hoop in jou stem

Saans het jy 'n vuurblom agter my oor gedruk
en dan 'vuur vir my vuur' gefluister.
My hart het gesnak
met elke tere aanraking...

Ek glimlag vir jou hoop,
maar jy hoor die verlede in my stem.

Die vuurblom sal elke jaar bloei
en daarmee saam jou hart,
hoor ek vir oulaas in jou stem.

©Elsabé
elle

PM

Jy is witwarm matertjie.  Dit is pragtig. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#2
net 'n meesterlike brein kan so beskryf:

Ek glimlag vir jou hoop,
maar jy hoor die verlede in my stem.



dis vir my die WOW van hierdie prag gedig ...  :angel12:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Dankie Willa!!!
Kom ek nou eers weer op hierdie af.
elle

Angelica

Verstelling asb PM

Haal die titel van die stuk uit anders verskyn dit twee keer in die boek. 
Asook by afsluiting:

Die vuurblom sal elke jaar bloei
en daarmee saam jou hart

elle

PM

Ek het die laaste versreël verwyder.  Hoekom moet ek die titel verwyder, dit klink vir my so van pas.  Wil jy 'n ander titel kies?

Vuurblom vir haar

Jou oproep vanoggend vang my onkant,

jy wil net vertel van die vuurblom
wat baldadig haar blomme weer wys,
bring my beeld helder in jou gedagtes op
so asof sy weer wil oopkrap
waar ons al toegemaak het...

Ek hoor die hoop in jou stem.

Saans het jy 'n vuurblom agter my oor gedruk
en dan 'vuur vir my vuur' gefluister.
My hart het gesnak
met elke tere aanraking...

Ek glimlag vir jou hoop,
maar jy hoor die verlede in my stem.

Die vuurblom sal elke jaar bloei
en daarmee saam jou hart.


© Elsabé
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Piet, ek wil nie he jy moet 'n titel insit en dan volg dieselfde titel wat ek gebruik het toe ek die plasing op die Forum gemaak het.

Die titel moet net een keer voorkom.
Hmmmm... lyk my jy is nog in die greep van griep.  :dontknow:

elle

PM

Miskien kan jy dit vir my in Engels verduidelik.   :icon_biggrin: Ek sien die titel net een keer! 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Angelica

Dankie Fransi.
Piet, dalk het ek in duet gekyk.  Dis doodreg op die bladsy wat jy vir my ge-mail het.   :dontknow:
elle

adele

dit is baie baie mooi ... ek moes dit weer en weer lees

:grommit: 
adéle  :grommit:

Angelica

elle

PM

Dankie tog!  Ek dag ek is kens!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.