• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 13 - Boek 2 Wie is hy?

Started by Angelica, June 19, 2012, 06:32:00 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Wie is hy?

Wie ìs hy
hierdie elegante man
met sy silwer hare
wat raak raak aan sy kraag
opgevoude koerant onder die arm
'n permanente glimlag om sy mond

Wie kan hy wees?

Hy lyk wel-af,
so anders as die ander
wat dieselfde paadjie loop,
die manier hoe hy sy baadjie dra,
na sy weerkaatsing in die venster kyk
Sy tred lank, selfversekerd oppad na Cafè Royal

Ek volg
after all, dis ook my bestemming
(my tyd perfek)
Altyd teenoorgesteld neem ons plaas
'n sweempie Yves Saint Laurent?
Camel Light rollende tussen die vingers...
ek's so bewus

Dalk 'n pianis
Of arts...?
sy hande's sonder eelt of skraap
perfek gemanikuur
miskien 'n skrywer,
dink ek
toe hy 'n paar nota's maak

'Your coffee, Sir'...
Dat hy 'n regular is, is uitgemaak
sy Espresso arriveer     sonder bestelling
sien ek
geen suiker, sien ek ook
hmm... dink ek
toe hy die kalfsleer notebeurs oopklap

Wie ìs hy
hierdie man
altyd in dieselfde plek as ek
so selfversekerd prominent...

Wie kan hy wees?

©Elsabe
elle

adele

mmmm dalk wonder hy ook wie jy is ... dis mooi gedig, jy bou die spanning so op dat ek daai prentjie voor my kan sien

:grommit:   
adéle  :grommit:

PM

Hierdie is vir my 'n "verhalende gedig". 
Els, as Raaitjie terug is, moet sy kyk watter van jou werk by die gedigstrukture kan inpas.  Dan kan ons dit daar gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie PM en Adele.

Is reg so.  Vir my is dit net woorde in rytjies en rytjies onder mekaar. Sowaar.

elle

Ah Willa

ek hoop jy vind uit wie hy is ... watn ek wonder ook nou ...

ek stem met PM - dis 'n verhaal-gedig en dit verdien 'n opvolg ...  :coffee2: gemaak en ek sit net hier en wag vir die opvolg
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w