• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 11 - Boek 2 Vuurkring

Started by Angelica, June 19, 2012, 05:54:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Vuurkring

op die rand van die vuurlig se kring
so verleidelik die warmte en lig
en swig
en grensdrade soms verdwyn
oënskynlik rustig wagtend
in sirkels om en om
op 'n been, 'n weggooi been

binne die vuur se kring
waar jaar en jaar se as en kleinkole lê
ou vuurmaakhout en verkoolde hart
koud
en vaal gebleik
verteer
deur jare se wind en weer

haar eindeloos dans sonder note
sonder ritme
sonder drome
oor die dansvloer van hartstog
‘n wals van magnetisme

maar
nooit ontmoet  binne en buite
mekaar
voorwaar

©Elsabé
elle

PM

Die gedig het vir my 'n besonderse ritme.  Dit sou nou wonderlik gewees het om daarna te luister as 'n kenner dit voorlees. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#2
'n weerlees gedig wat elke keer iets nuuts bied!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w