Dis Koud
Dis koud
haar arms knoop om haar lyf
Tafelberg se voet staan nog diep
in die oggend se besoedeling,
geen sweempie van 'n stad
die grysblou hemel buig laag
vir 'n oggendkus van sy ewe grou geliefde
dis net die kabbel van die laagwater
en 'n enkele kormorant wat geluid om haar...
Dis koud
branderplanke hang soos dryfhout,
hul vrag wagtend op 'n grote
wat met elke sewende telling
wit skuim gooi.
aan die oostekant van die baai loer die son
nog vaak oor Paarl se Berg
sy warm hand, asof troostend, op haar rug
Dit bly koud
amper-wolkekrabbers en oggendverkeer
beur deur die besoedeling
en die geur van Malissa's se koffie
vlei teen haar aan…
van hier moet sy omdraai,
groet
sy seespook agterlaat…
dit weet sy
©Elsabe