• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jy is 'n dwelm

Started by Gawelina, June 14, 2012, 07:46:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Gawelina

jy is 'n dwelm in my are,
sonder jou kan ek nie

stadig,
bietjie vir bietjie
sypel jy deur my bloed,
steek vas in my hart
en verdoof alle rede

ek wil jou diep in my longe trek,
elke geur-ekstase urelank beleef,
jou woorde  wil ek
direk in my are spuit,
myself dan verloor
in drome ver van werklikheid

al  ken ek jou gevare,
besef  die houvas op my lewe,
al kwyn ek weg as jy ver is
en breek my hart keer op keer,
van jou kan ek nie wegkyk,
omdraai en verder gaan,

want

jy is 'n dwelm in my are
sonder jou kan ek nie
wil ek nie

PM

 :icon_salut:  Ek dink dit is pragtig en het dit baie geniet.  Geur-ekstase, pragtige woord. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Gawelientjie, jy het vir my altyd so die vermoe om jou emosies en gevoel te verwoord. Ek kan nie jou gedigte sommer net lees nie, ek BELEEF hulle.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Almal in hierdie forumfamlie is 'n dwelm wat my oorneem - en ek steem saam met Naas - mens beleef jou gedigte - hierdie een is pragtig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

hierdie woorde skep 'n lieflike weer-lees-gedig

:grommit: 
adéle  :grommit:

Trapsoetjie

Dis waar. So waar. Daai dwelm wat ons almal wil beleef en herleef, dit nooit wil laat gaan nie.

:hello2:

:angel12: