• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 7 - Boek 2 - Koi

Started by Angelica, June 09, 2012, 02:59:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Koi
Toe die rooi vis deur die water breek
het jou hand gegly,
het jou hand gegly
teen my kleinrug

Toe die rooi vis deur die water breek
het die son geskyn,
het die son geskyn
oor my hartsvrug

©Elsabe
elle

Naas

Toe ek die gediggie lees
Het my hart gespring
het my hart gespring
en 'n klop gemis.


Pragtag.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Ja??
En my hart is ook sommer bly.
Dankie Naas.
elle

Ah Willa

kan hom oor weerklank op note van ietsie soos JanPierreWit ... of in die heldermaanskyn ...


en Naas se hartklop mis is net so oulik  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Gooi 'n paar nootjies by en jy kan hom vir ons sing oor BokRadio.
By the way, Willa, het BokRadio 'n program oor Werksoek vir Retrenched mense?  Het so gehoor by 'n gereelde BokRadio-luisteraar.
elle

Ah Willa

ek's nie te seker nie, sal Werner vra as hy vanmiddag hier aankom - ons help hom met sy VetPret Website en nog een ... hy's eintlik 'n klient van ons - nie ons luisteraars van BokRadio nie ha ha - ek luister wel so af en toe na hulle  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

RSG het wel so 'n program en op die net kan jy hier gaan loer : http://www.rsg.co.za/werksoek.asp
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w