Author Topic: Plasing 2 - Boek 2 - Melkbos 1  (Read 4203 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Plasing 2 - Boek 2 - Melkbos 1
« on: June 07, 2012, 02:57:39 PM »
Melkbos 1

Melkbos se sloep
het jou geroep
Jy’t gesê kom ons loop loop
op die strand
want
die sloep het geroep
en die lyn moet nat

Mis het stilletjies
dorp-in beweeg
sandlangs
en die hond het ‘n seewier
agter hom aangesleep

Jy’t gesê van weerhou is jy sat...
     die liefde ken geen perke
en Van Riebeeckstrandskulpieblou
het vermenigvuldig
in die weeknat oë van jou

Sout het aan ons lippe gekleef
en die son het neergefel

Melkbos se sloep
sal anderdag weer roep
het jy gesê
toe jy my aan die hand weglei

©Elsabé
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Plasing 2 - Boek 2 - Melkbos 1
« Reply #1 on: June 10, 2012, 06:36:42 PM »
Ingrid Jonker se prys hoort aan jou!!!  'n prag stuk die Engeltjie - ek het net gou twee vraggies wat my so bietjie laat hik-up  ...

Melkbos 1

Melkbos se sloep
het jou geroep
Jy’t gesê kom ons loop loop  hoekom is hier twee keer "loop"
op die strand
want
die sloep het geroep
en die lyn moet nat

Mis het stilletjies
dorp-in beweeg
sandlangs
en die hond het ‘n seewier
agter hom aangesleep

Jy’t gesê van weerhou is jy sat...   ek verstaan nie die ... en witspasie nie .. is dit nou 'n baie lang rus ...
     die liefde ken geen perke
en Van Riebeeckstrandskulpieblou
het vermenigvuldig
in die weeknat oë van jou

Sout het aan ons lippe gekleef
en die son het neergefel

Melkbos se sloep
sal anderdag weer roep
het jy gesê
toe jy my aan die hand weglei

©Elsabé

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w