Author Topic: Re: 'n voorstel  (Read 21141 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n voorstel
« on: June 06, 2012, 06:23:31 PM »
Kry ek nou 'n blink gedagte - moet die Afrikaanseforum Woordeboek nie eerder die AfrikaanseForum Woordeskuur heet nie - dis mos meer oorspronklik as woordeboek - en woes het 'n woordeboek - dan weet mense mooi ... Woordeskuur hoort aan die AfrikaanseForum  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n voorstel
« Reply #1 on: June 07, 2012, 10:11:11 AM »
Dit sal 'n beter beskrywing wees van wat ons daar bewaar Willa. Dit is beslis nie die soort woordeboeke wat oor die algemeen beskikbaar is nie ne. Ons het 'n mengelmoes van alles en nog wat. Jy kan die voorstel gaan plaas dat ons hoor wat PM en die ander maters dink daarvan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n voorstel
« Reply #2 on: June 07, 2012, 10:42:00 AM »
Meraai dis nou hier by voorstelle ... PM en forum familie, wat dink julle?

In plaas van 'n Woordeboek - het ons eerder 'n Woordeskuur?

Dis nie werklik net 'n woord en beteknis of verklaaring nie ...
daar is ook mooi sêgoed, dinkgoed, klagoek, andergoed bewaar  :icon_cheers:

Besides het Woes 'n Woes Woordeboek .. wil ons nou soos hulle klink ... GLAD NIE


 :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n voorstel
« Reply #3 on: June 07, 2012, 10:44:14 AM »
Oom Naas het gepost terwyl ek gesplit en skuif het ... so die post het by die ander hoekie agter gebly :

---------------

Naas
Global Moderator
Melkbaard

K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
   
Re: Wie het hulp nodig?

Op my lekkerste gevry in die skuur... 
Woordskuur is pragtige benaming, dan kan ons die woordjies knus toedraai in die hooi. 






 
« Last Edit: June 07, 2012, 11:44:33 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n voorstel
« Reply #4 on: June 07, 2012, 10:47:49 AM »
Soos wat Naas hom geskryf het 'Woordskuur' klink dit perrrfek Willa! Ons wag nou net vir ons forummoedertjie want dit is haar baba wat naam moet kry.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n voorstel
« Reply #5 on: June 07, 2012, 10:49:26 AM »
Woordskuur rol lekkerder van kies tot kies as WoordEskuur
Woordskuur bons ook heel lekker op die tong en rond in die verstand ... ek hou van ...  :icon_cheers:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: 'n voorstel
« Reply #6 on: June 07, 2012, 11:48:19 AM »
Ek hou ook daarvan Willa.  Dit lyk my ons het konsensus bereik.  Woordskuur sal dit wees.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n voorstel
« Reply #7 on: June 07, 2012, 12:52:11 PM »
En so meld die woorddief met 'n splinternuwe mandjie aan vir diens by die woordskuur  :book1: :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: 'n voorstel
« Reply #8 on: June 07, 2012, 12:59:47 PM »
Hier is vir jou 'n splinter nuwe sleuteltjie aan 'n splinter nuwe sleutelhouertjie vir ons splinter nuwe woordskuur! Dankbaar knak ek die kniegies vir 'n dierbare woordvraat soos jy Raaitjie.   :read:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n voorstel
« Reply #9 on: June 07, 2012, 01:11:53 PM »
Soos altyd 'n groooooot plesier mater. Ek is baie opgewonde oor hierdie grootse projek van ons. Gaan vir die volgende twee weke glad nie internet toegang he nie. Ons toer tussen die berge en klowe deur.
Maar ekke kom terug - gewapen met al die splinternuwe toerusting gaan ons 'n woordfees he  :hello2: :book1: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: 'n voorstel
« Reply #10 on: June 07, 2012, 01:16:25 PM »
'n Welverdiende rus matertjie.  Mag jou klikbekkie baie "biesig wies".  Ons wil deel in die pret. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 'n voorstel
« Reply #11 on: June 07, 2012, 01:26:12 PM »
Meraai, mag julle heeerlik toer.
Oppas vir die springhase.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n voorstel
« Reply #12 on: June 07, 2012, 05:45:31 PM »
 :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: 'n voorstel
« Reply #13 on: June 08, 2012, 06:37:24 AM »
Raaitjie noem haar kassie waar sy haar woorde bêre, mos al van Woes se dae af Woordskuur.  Vir my is die woord "Woordskuur" sinoniem met Raaitjie se woordoeste en dus baie gepas. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: 'n voorstel
« Reply #14 on: June 08, 2012, 03:16:42 PM »
Jy slaan die spyker op sy kop Gawie.  Ek het hierdie week weer heerlik tussen daai kassie se sportjies gekuier en geniet dit nog steeds. 
Om te weet is om te verstaan.