Author Topic: Maradelle (Geskoei op die Paradelle Struktuur)  (Read 3399 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Maradelle (Geskoei op die Paradelle Struktuur)
« on: June 07, 2012, 12:51:09 AM »
Ideale struktuur vir lirieke met die herhaalde reëls  :love7:

*Hierdie woorde is geneem en geskommel vanuit Piet Magriet se bydrae in die boekie van woorde:
 http://www.woesblog.com/woorde-wat-beelde-skep-piet-magriet-0

Ek het doelbewus die struktuur hernoem na Maradelle weens die bitterseer inhoud van PM se geleende woorde.
 
Die Paradelle was oorspronklik geskep deur Billy Collins as 'n parodie van die Villanelle. In baie van die ou Afrikaanse volksliedjies word 'n deel van hierdie herhaalde struktuur suksesvol toegepas. Die struktuur is 'n uitstekende taaloefening as ons self lirieke wil skryf vir nuwe volksliedjies. Sien voorbeelde onderaan uit ons eie skatkis van volksliedjies.

Billy Collins claimed that the paradelle was a difficult, fixed form consisting of four six-line
 stanzas with a repetitive pattern invented in eleventh century France, and the press believed
 the story and ran with it. Due to the extensive publicity, the Paradelle has made its rounds
 in the poetic community. Eventhough the form was invented as a hoax, the Paradelle has taken
 on a life of its own. It is still a difficult form, nonetheless, to practice which can be fun and
 rewarding eventhough the inventor may not have intended it to be.


'n Eenvoudige riglyn vir die struktuur lyk so:
 Vers 1: 1, 1, 2, 2, 3, 4
 Vers 2: 5, 5, 6, 6, 7, 8
 Vers 3: 9, 9, 10, 10, 11, 12
 Vers 4: 13, 14, 15, 16, 17, 18
 
Dus word die gedig saamgestel deur 4 verse van 6 reëls elk.
 Elke 1ste en 3de reël van die eerste drie verse word herhaal.

Die uitdaging vir die digters is wanneer die vyfde en sesde reëls van die eerste drie verse geskommel moet word sodat al die woorde in die eerste vier reëls weer eenkeer gebruik word.
 
Met die saamstel van die laaste vers (4) moet die digters al die woorde in die vorige drie verse gebruik. Die woorde moet geskommel word om nuwe reëls te vorm en mag weer net elkeen eenkeer gebruik word

Voorbeeld: PM se Maradelle
 
*Baie dankie vir die groot voorreg dat ek jou woorde so kon inspan en bewaar PM  :notworthy: :icon_salut: :book1:
 
 1. My hart is in 'n klemskroef tot die uiterste beproef
 1. My hart is in 'n klemskroef tot die uiterste beproef
 2. En droefheid van verlange het my krom getrek
 2. En droefheid van verlange het my krom getrek
 3. Kromgetrek is my hart in 'n verlange-klemskroef
 4. en tot die uiterste van droefheid beproef
 
 5. Die plek waar onthoudolke seer oopvlek
 5. Die plek waar onthoudolke seer oopvlek
 6. Laat my naak van smart dubbel vou
 6. Laat my naak van smart dubbel vou
 7. Vanwaar die dubbelsmart my naak oopvlek,
 8. laat onthoudolke 'n seerplek
 
 9. Geboë sonder enige vermoë
 9. Geboë sonder enige vermoë
 10. So versmoor die siel
 10. So versmoor die siel
 11. Sonder enige siel, geboë;
 12. so versmoor die vermoë
 
 13. Tot die uiterste kromgetrek is my hart 'n seerplek
 14. waar die verlange-klemskroef naak oopvlek
 15. smart van dolke beproef en versmoor vermoë
 16. laat enige droefheid my geboë
 17. sonder siel; dubbelvou
 18. so in die onthou ...
 
Vir die Afrikaanse weergawe van hierdie struktuur is daar geen lettergreeptelling aangesien daar in die Engelse voorbeelde wat beskikbaar is, 'n wisselende lettergreeptelling was.
 
As ons na die inhoud van hierdie gedig van Piet Magriet kyk was die eerste titel wat by my opgekom het:
 Maradelle omdat elke vers 'n beeldende verwoording is van die bitterseer in ons lewens.
 
Vir die Engelse riglyne en voorbeelde kan julle by hierdie skakel gaan loer onder die tweede afdeling (invented poetry types - paradelle)
 http://www.shadowpoetry.com/resources/wip/types.html
 
Loer gou hoe is 'n gedeelte van die paradelle hier gebruik:
 
Japie, my skapie, ek verlang na jou.
 Japie, my skapie, ek verlang na jou.
 Kalkoentjies trap al-so, al-so, al-so.
 Kalkoentjies trap al-so, al-so, al-so.
 In die wêreld is nie ene nie, ene nie, ene nie,
 in die wêreld is nie ene nie, so als jy.
 
Wie het vir Sarie in die doringbos gegooi?
 Wie het vir Sarie in die doringbos gegooi?
 Daar's vuur in die bos, gooi sand op, gooi sand op.
 Daar's vuur in die bos, gooi sand op: Een, twee, drie!
 In die wêreld is nie ene nie, ene nie, ene nie,
 in die wêreld is nie ene nie, so als jy.

**************
 
Ek soek na my Dina, my Dina, my Dina;
 ek soek na my Dina, die Dina van my.
 O, hier is my Dina, my Dina, my Dina;
 o, hier is my Dina, die Dina van my.

***************
 
Dis julle wat die wind,
 dis julle wat die wind,
 dis julle wat die wind laat waai!
 Dis julle wat die wind,
 dis julle wat die wind,
 dis julle wat die wind laat waai!


« Last Edit: June 07, 2012, 06:40:48 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Maradelle (Geskoei op die Paradelle Struktuur)
« Reply #1 on: June 07, 2012, 02:41:05 PM »
As hier nou 'n groot gapende oopbekprentjie was sou ek dit hier gebruik het.  Raaitjie, jy slaag keer op keer daarin om my voete onder my uit te neem met jou pragtige insig.  Self sou ek nooit daaraan gedink het om dit so te gebruik nie. Tien uit tien vir jou matertjie en dankie, die voorreg is myne!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Maradelle (Geskoei op die Paradelle Struktuur)
« Reply #2 on: June 08, 2012, 05:08:19 AM »
Voorwaar 'n tameletjie ene die PM maar jou woorde het dit soveel makliker gemaak. Ek wou graag die digvorm probeer maar het net nie die regte reëls self kon skep nie, en natuurlik is die ABC oase van geliefde maters net 'n knoppie ver van 007 af en kon ek jou puik bydrae ook so bewaar. Weereens dankie baie baie vir toestemming verleen  :love7: :bootyshake: