• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM gaan Durban-area toe

Started by PM, June 03, 2012, 09:48:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Nou gaan ek gou die laaste goedjies pak en dan vertrek ons.  Vanaand slaap ons in die Drakensberge en more gaan ons Amanzimtoti (annemansetotti) toe.  Die projek sal plus minus drie weke duur.
Gelukkig is ons nie daar in die boendoes nie en ek sal so gou doenlik aanmeld vir "saamspeel".
:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

geniet die oorslaap in die Dragensberge - baie van my spore en sweat le teen daardie berge en kranse ...  :love7:

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

Quote from: Ah Willa on June 03, 2012, 03:36:23 PM
geniet die oorslaap in die Dragensberge - baie van my spore en sweat le teen daardie berge en kranse ...  :love7:





is dit toe jy saam met die voortrekkers in 1838 daar oor die berge getrek het?

Ah Willa

nee -darem nie so lank terug nie - in die 80's toe ek as jeugleier die jonger jeug daar begelei het saam die dominee  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Verkrukkel ek my oor jou weergawe van die gewilde strand PM hehehehe. Geniet mater. Diekant sal ek sodra daar kansies is tussen alles deur loer wat vang julle aan  :love7:

Trapsoetjie

PM, julle het verkeerde kant toe gery. Draai om, julle ry nou weg van die Kaap af.    :icon_scratch:


:angel12:

PM

Jy is reg Trappies, my hart staan altyd Kaap toe, na my matertjies toe!  Hier is dit bedags net ek en ek alleen sonder die vooruitsig van 'n kuiertjie. 

Ons het toe by Little Switserland oorgeslaap.  'n Baie oulike eenheid met die mooiste uitsig oor die berge, vir R500.00 vir die nag.  Toe ons daar aanland seg die ou vir Hannes dit is R900.00 vir die aand.  Hy sê toe dit is te duur, toe bring die ou sommer die prys af.

Soos julle kon sien het ek nie opvangs by ons kamer hier waar ons bly nie.  Ek moet hier by die restaurant kom sit as ek wil gesels.  Dit beteken die son sit al hoog voordat ek toegang het.  Wie sou nou kon droom dat hier nie selfoonopvangs of internettoegang is sonder Wi Fi nie.  Mensig!  :crybaby2:

Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Mens besef net weereens hoe bevoorreg ons is met ons 24 uur toegang tot goeie bandwydte ...

daar kom darem binnekort nog meer kabels onder die waters deur ... meer servers tot ons beskiking en hopenlik sal telkom ook wakker skud en die landelike kables op datum bring

Hulle wou julle net gou gaan op warm in Durban, sodat julle heerlik warm hier aankom vir die winter ... anders gaan hulle warm wees as ek hulle klaar geklap het .. hulle is nou die besluitnemers oor waar Hannes se volgende projek is .... :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Daars dit nou!  Ek het klaar ingepak, oor gery en weer afgepak en uitgepak. 
Die plekkie waar ons nou is, is Sea Spray.  www.wheretostay.co.za/seaspray  as julle vir my wil kom kuier by High Tide, in Winklespruit.   :icon_biggrin: Die borde seg duidelik: Winklespruit. 
Die kamer is ruimer as die vorige plekkie en die see is nader.  Ek moet liewer sê ons is nader aan die see, want Dolphin Point lê heelwat hoër as Sea Spray. 
Dit was mos volmaan en daar by Dophin Point het die maanligbaan op ons voorstoep begin, waarmee jy oor die see tot by die maan kon opklim.  Dit was pragtig.  Dit was springgety en die branders het woes geraas teen die rotse.  Asemrowend!
Ons wag nog vir die transformator.   :sign10:  Vrystaat sê ons "papierwerk" is nie reg nie.  Hulle wil nie die trok laat ry nie.  Julle weet mos, die groen note moet in die "boekie" wees, anders is die papierwerk nie reg nie.  Die vorige transformator weeg ook net 83 ton, dit is deur sonder probleme.  Ons sal maar wag.  Daar is mos altyd iets in die drinkwater wat 'n twee weke program na 'n maand toe laat luier. 

Wils, in my wildste drome het ek nie gedink, ons sal nie hier in die middel van die "grand", met 'n Vodacomtoring, slegs 'n kilometer van die gastehuis af, geen opvangs hê nie.  Die Wi Fi was so swak dat ek etlike minute moes sit en wag vir die forum om oop te maak.  "Post" jy jou bydrae, dan wag jy vir 'n ewigheid sodat dit kan deurgaan. 
Hier lyk dit vir my nou sommer baie beter en Hannes bel daai "fountjie" van hom witwarm.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

daai maan beskrywing het my in vervoering ...

omskep dit in 'n gedig of skets ...  :angel12:

ek hoop daai foontjie is warm oor die kaap toe kom ook  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

PLek geboek vir daardie 'omskrywing' van die maan  :love7:

PM

Dit was maar net die pragtige silwerbaan wat reg maanwaarts gekeer het wat my in vervoering gehad het.
Nou hier, vanaand, het die wolke my 'n slinkse streep getrek.  Dit reën ou meide met knopkieries en daar is nie 'n teken van die maan nie.
Ons het 'n pragtige vertrek bo-op ons kamer.  20 Trappies neem ons daarheen.  Dit is toegemaak met glaspanele wat ons beskerm teen die wind en weer, maar dit het 'n sinkdak!
Ons sit juis nou hier en luister na die oorverdowende lawaai wat die reën op die dak dans.  Hannes lag spottender gewys oor die "kiekienemers" wat tog net 'n foto van ons probeer kry!   :icon_biggrin:
Die weerlig trek strepe deur die hemelruim en virlig die omgewing. 
Nou het alles stil geraak en ons kan weer die see hoor bruis.  Die lug het in so 'n mate afgekoel dat ons nou elkeen gaan soek vir 'n baatjie.  Mag more se son vriendelik oor ons almal skyn! Mag die wind sy pad vind na nuwe wyvelde!  Wie sou nou kon klo dat die Kaapse wind ons gevolg het tot hier, in Kwa Zulu Natal! Ongehoord!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek bid ook vir helder sonskyn dag tyd want die reendrepressie hang swaar oor my kop - 'n donker mistige wolkie ....

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Mwah... jou mooi ding.
Ek verlang nou na Balkon 12.
elle

PM

O nee my lief Willa, ek geniet die reën, ek hou net niks van die wind nie.  'n Heerlike briesie kan werk as die son warm brand, maar ek en wind is nie regtig maats nie.  Dit is hoekom Hannes in die Kaap wil bly, maar ek wil nie in die wind wees nie.  Jy kon sien vandag hoe hy in sy element was toe die wind sy hare in alle rigtings gewaai het.   :icon_biggrin:
Skielik is ons stilte weer onderbreek met 'n harde sarsie reën.  Ek lag my stukkend, want ek het al die tyd gesê, ek kan nie hier in die oopte bly nie, sê nou dit reën?  Almal het my verseker dat dit nie gaan reën nie, maar ek sê steeds, jy stry nie met 'n "siener" nie en kort-kort kyk ek vir Hannes en sê: "Moenie komkommer  nie hoor, dit reën nie, dit stort!" :icon_biggrin:
Ek kan sien dat dit hier in Kwa Zulu bitter droog is.  Jy sê tereg dat die aarde water nodig het om te oorleef!  Dit is tyd!  Die reën is welkom!  Dit is segeninge van Bo! Drink en wees vrolik!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.