Author Topic: Die einde & die begin  (Read 11881 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Die einde & die begin
« on: June 02, 2012, 09:51:47 AM »
Ek wonder nou waaraan dink jy as jy die opskrif lees of wat jy wonder waaroor gaan die stuk van die einde en die begin.

Dis nie wat jy dink nie en ook nie iets oor die lewe, soos godsdiens nie, maar iets van die lewe, iets wat almal of bykans almal, seker 98% van die wêreld se bevolking ken of van weet. Jy ook.

Dit gaan oor 'n produk.

Ek het die opskrif gekies van die einde en die begin want jy is of was ook al in jou lewe met alle waarskynlikheid al deel van die einde waar die produk gebruik word.

In Brazilië word dit elke dag met 30 bote in die Amazone Rivier stroomop geneem dat dit by die afgeleë plekke kan uitkom.

In meer as 200 lande word dit gebruik.
Dit is al 126 jaar op die mark, alhoewel baie min in die begin.


Hier is amper die einde...fast foods se plek:



Ek kan nie die heel einde wys nie dit sal gesensor word.

eers gou die pomp op die plaas gaan aansit en krane draai, wingerd is droog al is dit winter.













Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die einde & die begin
« Reply #1 on: June 02, 2012, 11:16:15 AM »
hierdie begin het amper my einde beteken - ek was vrek verslaaf aan die produk!!  Nou amper 'n jaar verlos van die hel wat my lewendig ingesluk het!  En 23kg ligter - nog 20 kg om te verminder ... nie 'n gesonde produk nie ... glad nie ... dit vreet mens op! Hart en siel!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die einde & die begin
« Reply #2 on: June 02, 2012, 04:19:16 PM »
Praat jy nou van fast foods of coke? of dalk al 2?

in elk geval:

Jammer as ek julle verveel met baie fotos, maar dis moeilik om te besluit wat om te wys en wat om te los. Wees gewaarsku hier is om en by 50 fotos.

Daar is 8 vragmotors wat dit aanry van die Kaap af Worcester depot toe om dit dan verder te versprei. In die Weskaap smaak dit dieselfde, op Worcester, Hermanus, Vredendal, Mosselbaai ens. Die verskil in smaak kom van hoeveel brannas jy ingooi en ook die ys wat jy ingooi.
Dis die handelsnaam  en hy is aan baie mense bekend:

Ons noem dit:



Ek het die voorreg gehad om saam met die een buurman en nog ander pelle die fabriek in die Kaap te besoek. Ek dink dis in Athlone…..als anderkant die brug by Kraaifontein is Kaap vir my.

Verskillende bestandele word by die Fabriek afgelaai en gemeng en dan kry hulle Coke en ook ander drinkbare goed, hang af van wat en hoeveel van wat gemeng word.
Die suiker word met 30 ton vragte aangery. Die 2 en half ure wat ons daar was, is daar 2 vragte suiker afgelaai.

Dan word daar ook ander bestandele afgelaai wat niemand weet wat dit is nie. Dit word net gemerk part 1 en part 2 ens. Dit lyk so, sommige is vloeistof en sommige is poeier.






Die Coke makery werk so:

Water en suiker word gemeng en dan word daar onbekende betandele bygegooi en op die ou end gas by gevoeg en dan het jy coke. Hulle kry net ‘n resep soos bv: As jy 100 000 liter Coke wil maak dan neem jy soveel liter water en soveel kg suiker, meng dit en gooi soveel van die verskillende goed by wat di took al mag wees. Dis in kort wat dit behels.
Daar word water gesuiwer, so skoon gemaak dat dit nie eers elektrisisteit sal gelei nie. Dis munisipale water wat gebruik word en alle onsuiwerhede word uitgehaal. Die chloor wat jy dalk in jou coke kan proe is afkomstig van die ys wat van water gemaak word wat chloor in het, afkomstig van die munisipale water waarvan die ys gemaak is.

In elk geval hier gaan ons voort met die maak van die coke
Water filters



Nog filters



En buffertenke


Die waterskoonmaak is ‘n aaneenlopende proses, so ook al die ander prosesse in die fabriek.

Hier word die suiker by die skoon water gevoeg. Die 2 pype wat uit die muur kom, kom direk uit die suiker silo’s wat direk agter die muur aan die buitekant staan.



Hier word die suiker en water gemeng




Die klomp kleppe is sodat daar suikerwater mengsel in enige stoor  tenk gepomp kan word.


Dit is die stoor tenke vir die suiker water. Daar is 2 pompe onder aan die tenke, een vir sirkulasie sodat die suiker in suspensie bly en nie afsak nie. die ander pomp is om dit uit te pomp waneer dit nodig is. Als werk outomaties, die 2 of 3 mense wat daar werk kyk net op die reknaars vur indien daar ‘n fout voorkom.


Ons moes wit jasse en kepsies dra om in die fabriek in te gaan.


Hier word die konsentrate bygevoeg,  daardie wat genome word “ part 1 en part 2 “ ens.


Daarna is ons  na die bottelerings afdeling toe.
Hier is die klein botteltjies wat voorsien word nog in die houer.


En die botteltjie lyk so:  Die een gaan ‘n 2 liter bottle word.


 Hier hang hulle in ‘n ry om opgeblaas te word
 
Hierbinne kom die klein botteltjie in ‘n gietsel en word warm gemaak en met lug opgeblaas om die bekende vorm aan te neem wat ons almal al gesien het.



Dit gaan vreeslik vining. Hulle praat van 28 000 bottels per uur wat gevul word, dit meen net soveel wat opgeblaas word. Dit is so amper 8 bottels per sekonde.  Die riffie onder die plastiek bottels se prop is nie om die bottle vas te byt en sonder hande te drink nie. Die riffie is dat die warm bottels wat nog baie broos is op ‘n spoor aan hulle nekke hang en deur wind aangeblaas word tot by die bottelerings afdeling.

Hier beweeg die bottels op die spoor.

 



Ettikette wat wag om gebruik te word.




Hier gaan dit ook baie vining, mens se oog kan nie een bottle dophou nie.


Daar is proppies ook nodig vir die bottels. Die laaste tyd is die proppies korter en het ook nie meer die plastiek stukkie binne in vir dig druk nie. Die proppie is anders ontwerp aan die binnekant.
Hulle maak die bottels al ligter om te spaar op vervoer. Die 300 ml glasbottels is ook dunner gemaak en weeg minder en nou kan hulle met die ligter 300 ml bottels 30% meer laai op ‘n vrag volgens gewig. 3 Vragte vervoer dan amper 4 vragte van vroeër se hoeveelheid. Net so maak hulle die plastiek bottels ook ligter.

Hier is die 1,5 liter inruil bottels se doppies vir herwinningsprojekte soos onder andere om skool leniale te maak.

Nuwe dopie sopad om hulle pasmaats te gaan soek daar in die botteleringsmasjien.


Daar in die middel word die doppies ingevoer om op gedraai te word. Hoe hulle almel regom daar ingaan weet ek nie.



Lee bottels op pad na die volmaak punt.




Een van die lyne het gestaan toe ons daar was.



Sover ek kon sien het daar 3 lyne geloop, 2 liter, 1 liter en 1,5 liter met groen propies wat op promosie gaan.



‘n Bottel wat foutief is, te vol of te leeg of wat ook al word hier op ‘n syspoor geplaas.


Hier is die bttels nog  baie sag al is dit lankal afgekoel. Op die lyn word die bottels aspris stamperig vervoer sodat die gas effens kan uitsit en die bottel styf kan druk buitetoe.






Hier word die lyn se bottels in kratte verpak.





Redelike groot stoor waar die finale produk geberg word vir versending



Hier jag 8 vurkhysers heen en weer en dat daar nie meer ongelukke gebeur nie is net ‘n wonderwerk.







Verlede jaar se verjaardag




Daar word baie skoolkinders die fabriek gewys. Die tyd wat ons daar was het ek 3 groepe van verskillende skole gesien. Hulle kyk ‘n film van 10 minute oor Coke en dan loop hulle in die gange agter glas van waar hulle die fabriek kan besigting.  Sowat 45 000 kinders besoek die fabriek elke jaar.

Hier het Precilla die kinders so coke slagspreuk geleer en hulle het dit toe vir ons weer gedoen.



Buurman het baie van hierdie bottel gehou



Jammer vir die foto wat verkeerd gedraai is, photobucket het dit weer gedraai sonder my toestemming.

As al die coke wat gemaak is deur die jare in 300 ml bottels gebottel is langs mekaar gepak word om ‘n 4 laan pad vol te staan sal dit 82 keer om die aarde strek.

Omtrent 10450 drankies van Coka Cola maatskappy word elke sekonde van elke dag en nag  gedrink.

As al die coke wat al gemaak is in 300 ml bottels gebottel word en op gemiddelde vragmotors gelaai word, en die vragmotors ry buffer teen buffer teen 80 kmpu sal dit 5 jaar en 5 maande en 2 dae nee mom by ‘n sekere put verby te ry. Seker teen die tyd al meer want die inligting is al 1 jaar oud.

Voorwaar ‘n groot besigheid.

Hoop ek het julle nie verveel nie.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die einde & die begin
« Reply #3 on: June 02, 2012, 04:43:46 PM »
Ekke praat van daai swart vloeistof wat borrels blaas, met rooi en wit kenmerkende gedruk op die produk en hulle market campaigns   :headbang:

'n hele storie in 50 foto's ... wow 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die einde & die begin
« Reply #4 on: June 02, 2012, 06:02:03 PM »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die einde & die begin
« Reply #5 on: June 02, 2012, 06:03:23 PM »
arme bobejaan - maar dit is 'n cute foto  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die einde & die begin
« Reply #6 on: June 02, 2012, 08:51:04 PM »
nogal interessant, maak nie saak in watter taal dit is nie, daai handelsmerk van coke is bekend.

ek was nie op die grens in die oorlog tyd nie maar my neef was daar en hy vertel waneer hulle patrollie stap en hulle kom op 'n klomp mense af en hulle wil weet waar is die kafee ( cuca shop) en hulle kan nie die mense se taal praat of verstaan nie, dan vra hulle net: Coke? of Coca Cola en dan wys die mense in watter rigting.

Moenie dink ek is 'n coke fan as ek so daaroor praat nie, was net baie interessant gewees om die fabriek te besoek en al die inligting te hoor.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die einde & die begin
« Reply #7 on: June 03, 2012, 04:56:10 AM »
As ek meer tyd het AB mater sal ek graag meer in detail hierdie inligting en fotos wil deurgaan. Dankie vir die deel!!Nou net so vinnnnig geloer en dit geniet  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Die einde & die begin
« Reply #8 on: June 03, 2012, 06:18:36 AM »
Ek het nooit gedink dit is so 'n omvattende besigheid nie.  Baie dankie vir die deel hiervan, ek is mos mal oor sulke inligting. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die einde & die begin
« Reply #9 on: June 03, 2012, 11:32:40 AM »
Dit wys ook wat se groot make COKE is :-)  baie grooter as wat meeste van ons besef ...  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w