• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Eie Struktuur van Ah Willa: 5 5 4 2

Started by Meraai vannie Baai, May 30, 2012, 12:58:46 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die eeu: 2012

5  'n gebreekte traan,
5  afge-ets in smart -
4  ongemasker;
2  ontbloot!

5  'n weggooi liefde,
5  opgebruik, siedaar
4  toegeklapte;
2  seerhart!

5  'n verdwaalde kind,
5  verwaai deur die wind ...
4  koue-ouer
2  verraad!

5  'n oog knip styf toe
5  verskrikte hart snik
4  verlep lewe
2  misdaad!

© Ah,Willa!
Redigering Naas

PM

 :hello2: Pragtig.  Dit kan boek toe Raaitjie.  Ek sal ook nog kom probeer. 
Geluk met jou eie struktuur Willa!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
Sal hom beslis gaan plaas matertjie  :notworthy: :book1: :icon_salut:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1793.0

Ah Willa

Onthou net om te se dat Ah,Willa! hier in die forum tussen die meesters kom leer en groei  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#4
Woorde tel

Geloof/hoop/liefde;
hierdie drie woorde
vir ewig 'n
anker.

Haat/twis/jaloesie;
hierdie drie woorde
nog altyd 'n
skerp swaard.

Vergewe/vergeet;
draai die ander wang,
die ses woorde
kan heel.

Help tog Liewe Heer
dat ons woorde tel
voordat ons dit
uitspreek.

© Meraai vannie baai

Willa hierdie is 'n pragtige struktuur met so baie potensiaal!!

PM

Ek stem Raaitjie.  Dankie ook vir jou voorbeeld matertjie.  Puik!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek het die uitdaging baie geniet Willa en is regtig opgewonde oor hierdie lettergrepige struktuur van jou. Dit maak soveel deure oop as mens die lettergreeptellings aanpas, dan strek daar letterlik 'n oneindige digveld voor jou. Ek het die trippel sewe lankal net so geniet.

Dankie vir die mooi woorde julle twee  :notworthy:

Meraai vannie Baai

Tel jou woorde - ek spook
om dit baas te raak.
Voor ek weet, vaar
ek uit...

Willa se 5542 struktuur as ons woorde sou tel.