• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Link na Kinders se Troufoto's...

Started by Angelica, May 29, 2012, 06:24:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

elle

Ah Willa

Pragtig en uniek - nog nooit 'n ballet opvoering by 'n troue gesien nie ... pragtig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Oe ek het hoendervleis!! Dit is prrragtig Angelica  :love7: Elke foto lewe!!! Jinne ek lieffff troufotos  :notworthy: My meisiekindjie trou weer einde Okt en ek het reeds twee groterige vogelhokkies en vier kleintjies waarin die kersies gaan brand, en soos julle gaan ons ook bale hooi he vir sitplek. Gaan regte cowboy gedoente glo wees. Nou sooooo opgewonde van vooraf.

Wag, ek wil gou eers weer gaan loer na die spogtroue :icon_salut: :notworthy:

PM

Baie dankie Els, ek het dit baie geniet om 'n deeltjie te deel aan die troue.  Dit is pragtige foto's en ek glo die twietjies sal werklik baie gelukkig wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

sjoeee maar dis mooi, ek lief daardie in die prieël en in die skuit en by die koeie

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

#5
Hierdie is net 'n paar foto's.
Dit was 'n perfekte dag:  Die weer was 'n heerlike laat herfsdag, byna geen wind, vol sonskyn. Die hele gastelys het bestaan uit familie van Juann se kant, familie en vriende van Landi se kant.  Die hele spul is close en kon daarom baie pret he as 'n groep.  
Die hele naweek, vanaf Vrydag tot Sondag was een groot fees.
Saterdag en ek was 'n senu-bol.  Kon skaars asemhaal.  
Julle moet onthou, dit is my enigste kind.  Vir my was dit die mooiste troue omdat die liefde tussen die twee kinders van my, so baie spesiaal is.  
Dit is nie aldag dat skoonma en skoondogter en skoonseun en skoonouers so goed met mekaar klaarkom en al vir jare soos 'n familie voel en funksioneer nie.  
Ons is almal baie betrokke by almal kinders.
Toe die predikant se 'Ek verklaar julle man en vrou',  het die spanning afgerol.  
Ek sien op die foto's Juann se hande was die heeltyd oopgesper en na die plegtigheid normaal opgekrul.  Arme kind.
Die twee dansers is vriendinne van Landi en ook deel van 'n dansgroep waarby Landi betrokke is.  Landi is 'n instruktrise by 'n dansskool, Vibrant School of Dancing.
BTW, die predikant is my broer, Naldo Ferreira, van 'n gemeente in Centurion.  Hy is vurig soos 'n leeu en word ook soms 'Leeu' genoem.  Het al gepreek op TV en Radio.
Die twee strooimeisies is Landi se sussies.  Lieflike kinders.  (Vir my is die jonges almal 'kinders'.)
Die ou(er) dame is my Mamma (89).
Nog twee van my broers het uit Wildernes en Plett gekom om hul enigste sus 'by te staan'.  Daarvoor lief ek hulle nog meer.
Breede Escape is op Bonnievale, dorpie naby Robertson. En omdat dit so ver uit Kaapstad is, het die kinders 'n kamp op die plaas waar die plegtigheid gehou is, gehuur vir die gaste.  Ons het Vrydagmiddag arriveer en eers weer Sondag gery.
elle

Meraai vannie Baai

Hoe geseend is jy mater!! Lekker verlees aan die ingekleurde trouprentjie!!

PM

Nou het ek 'n kansie om al die "verlore" lees in te haal.  Pragtig Els.  Ek is so dankbaar dat jy so gelukkig is.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie vir jou belangstelling in almal van ons se doen en late.. hetsy of ons gelukkig is of bietjie swaar kry.
Lief jou daarvoor.

Ja, die kinders het op die 12e al hul eerste  herdenking gevier...  eerste MAAND. 
elle

PM

Jy weet mos dit is opreg.  Elkeen van julle het 'n baie spesiale plek in my hart.  Ek is die mees bevoorregste mens op die aarde.   :notworthy:  Dankie dat julle my aanvaar vir wie en wat ek is, met foute en al. 

Hoe vorder die soek na 'n nuwe huisie vir julle?

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Huis soek:  Ek bly net hier in my huisie.  Die kinders moet maar vir hulle 'n nessie iewers skrop.
Ek's te lief vir hulle om heeldag teen hulle te moet vasloop in die gang, in die kombuis, in die badkamer, in die oprit....
Nope, gee spasie.  Ook nou nie asof hulle landuit verdwyn.  Net in 'n ander voorstad. 
Kan ook nie sien waarom ons 1 groot plek moet he as ons privaat in 2 kleiner plekke kan wees. 
Gesonder vir verhoudings.
elle

PM

Dalk het jy 'n punt beet.  Die oumense het mos altoos die spreekwoord gebruik van "kuier is nie bly nie". 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ons het al na moontlike plekke gaan kyk.
Alles is baie mooi en netjies en beknop en duuuuur. 
Toe besluit ek dat dit nie gaan werk.  En ek seg maar toe Ma  :love7: julle, maar ek wil julle privaatheid gun.  Soek maar plekkie vir julself.
elle

PM

Jy is 'n wonderlike ma Els.  Dit is geen wonder jou skoondogter lief jou so baie nie.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

"n oplossing is ook soos onse huise met die grannyflat in die agterplaas ... of 'n plaasie met 'n huisie in elke hoek .. maar spasie tussen die mure deur om asem te haal in jou eie unieke manier ... ons Truters droom van so 'n plaasie .... oupama in een hoek - boet in 'n ander, sus 'n die ander en ons in die oorbly hoek ... en die grond tussen in belaai met groente/vrugte/skapies en liefde  :icon_salut:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w