Hierdie is net 'n paar foto's.
Dit was 'n perfekte dag: Die weer was 'n heerlike laat herfsdag, byna geen wind, vol sonskyn. Die hele gastelys het bestaan uit familie van Juann se kant, familie en vriende van Landi se kant. Die hele spul is close en kon daarom baie pret he as 'n groep.
Die hele naweek, vanaf Vrydag tot Sondag was een groot fees.
Saterdag en ek was 'n senu-bol. Kon skaars asemhaal.
Julle moet onthou, dit is my enigste kind. Vir my was dit die mooiste troue omdat die liefde tussen die twee kinders van my, so baie spesiaal is.
Dit is nie aldag dat skoonma en skoondogter en skoonseun en skoonouers so goed met mekaar klaarkom en al vir jare soos 'n familie voel en funksioneer nie.
Ons is almal baie betrokke by almal kinders.
Toe die predikant se 'Ek verklaar julle man en vrou', het die spanning afgerol.
Ek sien op die foto's Juann se hande was die heeltyd oopgesper en na die plegtigheid normaal opgekrul. Arme kind.
Die twee dansers is vriendinne van Landi en ook deel van 'n dansgroep waarby Landi betrokke is. Landi is 'n instruktrise by 'n dansskool, Vibrant School of Dancing.
BTW, die predikant is my broer, Naldo Ferreira, van 'n gemeente in Centurion. Hy is vurig soos 'n leeu en word ook soms 'Leeu' genoem. Het al gepreek op TV en Radio.
Die twee strooimeisies is Landi se sussies. Lieflike kinders. (Vir my is die jonges almal 'kinders'.)
Die ou(er) dame is my Mamma (89).
Nog twee van my broers het uit Wildernes en Plett gekom om hul enigste sus 'by te staan'. Daarvoor lief ek hulle nog meer.
Breede Escape is op Bonnievale, dorpie naby Robertson. En omdat dit so ver uit Kaapstad is, het die kinders 'n kamp op die plaas waar die plegtigheid gehou is, gehuur vir die gaste. Ons het Vrydagmiddag arriveer en eers weer Sondag gery.