Resep vir Kraagserp..
Benodigdhede:
1 Koue Winterswind wat jou keeltjie-area teister
1 Oulike Wolwinkel genaamd Thimbles & Quilt
2 Dames wat soekend is na ietsie om hul hande mee besig toe hou
1 Bol Osbloedrooi Mohair wol
1 Paar No 6 breipenne
1 Gewillige dame wat jou kan leer steke opsit
Metode:
Cast on 30 stitches, sê die gewillige dame. Ons cast on 30 stiches. En toe gaan dit sommer vinnig, want plain brei is eezy-peezy. Ek en Mamma baklei amper om die al langerwordende serp te brei.
Brei tot die bol wol amper klaar is. Hou een liniaal-lengte stukkie wol om die serp vas te werk.
Jou handewerk sal nou ongeveer 500mm lank wees.
Cast off.
Nou moet jy naald hê met ‘n groot oog en stomp punt. As jy nie een het nie, loop weer na Thimbles & Quilt en gaan koop een vir R10.
Werk die boonste en onderste kante aan mekaar. NIE die sykante nie, want dan het jy ‘n scarf vir n pop.
Die ringvorm van ‘n kraagserp trek jy oor jou kop en siedaar!! ‘n Kraagserp.
Nou kan jy jou kraagserp optêrt soos jy wil. Met ‘n mooi borsspeldjie uit Ouma of Mamma se oerversameling fake steentjies of ‘n mooi knoop. Nie nodig.
Waarskuwing:
Moenie Mohair gebruik, dit kielie en krap die keeltjie-area.
Jy sal vir Pappa en Daddy en Liefie en die kinders en selfs die hond wil brei. Tjop-tjop en Eezy-peezy.
Laat jou verbeelding op loop sit.
©Elsabé