‘n Rat in die wiel kan vervang word, of erger, die wiel word kleiner gemaak en vat meer stress om die ewige vergrotende vrag te moet karwei.
Ek weet nie hoekom ek dink ek êrens hier op die Forum gelees het PM vra wat ek alles geleer het uit my aflegging ervaring. Ek het weer gesoek, maar kon dit nie kry.
Elkgeval, wat ek geleer het sou ek nie geleer het, of dalk dit nie so vasgelê het vir bewaring, as ek nie die aflegging ervaar het nie.
Die eerste gewaarwording van verwerping was toe die MD haar kop in negatief geskud het toe ek haar vra of sy aandeel het in die besluit. Wat ek hierdeur geleer het: Al sê iemand vir jou ‘I love you very much’, is dit nie noodwendig so. Moenie sommer net aanvaar iemand is lief vir jou as sy die woorde uiter. Dit is dade wat tel. Moenie aanvaar jou naaste is eerlik. As hulle voor ‘n uitdaging te staan kom, sal hulle lieg om hulself te beskerm.
Laat niemand oor jou loop. Moenie aanvaar mense, and in this matter, jou base wil altyd die beste vir jou hê nie. Hulle wil nie. Ons moes veg vir ‘n baie beter afleggings-pakket. Hulle beskou jou as oningelig, nietig. Hulle gee nie om nie. Hulle gee nie om of jy kop bo water kan hou in hierdie baie harde werklikheid van unemployed. Moet hulle nie vertrou nie, hulle is altyd besig om te kyk of hulle nie sonder die uitbetaling van jou salaris kan spaar wat weer in hul, alreeds bultende, sakke kan beland. Jammer, maar dit is hoe dit is.
Ek wou die eerste drie dae op die heuwels gaan staan en dit uit gil: BEWARE, IT CAN HAPPEN TO ANYONE!! Moet nooit dink jou werk is so belangrik dat dit nie met jou kan gebeur. Daar is altyd iemand anders wat verder toegegooi kan word met ook jou werk. Suffer them who stay behind. Niemand van senior bestuur het my ooit bedank vir my input, vir my lojaliteit, vir my honderde ure oortyd, vir altyd op my pos wees. Jy bestaan nie in hul dag nie. Jy is nie. Jy is slegs ‘n rat in die wiel wat die Dollars laat inrol. Tot hul van jou kan ontslae raak. Dan word van jou verwag om ‘n kantoor so groot soos tien op te pak en tog vir hulle terug te stuur sodat die meubels iewers in ‘n stoor kan opgevreet word deur die rotte.
Om dit saam te vat: Jou base gee nie om. Hulle kan jou vervang of sommer net uitsny. Dis hulle besluit en jy het geen seggenskap. Maar… veg vir geregtigheid. Indien nie vir jou werksbehoud, dan vir ‘n beter pakket.
Die tweede fase was net woede. Dit het vyf dae geduur. Vyf dae waarin ek die skuldige gesoek het, maar niemand vir my wou sê. Wat ek geleer het, was dat mense jou kan beheer. Jou emosies kan beheer. Jou lewe kan beheer. Wat ek ook geleer het, was: Moet niemand toelaat om jou te beheer. Ek sal hulle nie die bevrediging gee nie. My face is turned towards the Sun. En ek put geweldige vreugde uit die feit dat ek hulle kon bewys dat ek groter en beter is as wat hulle van my (ge-)dink (het).
Vriende. Ek het meer ontvang as wat ek uitgedeel het. My (eks-)kollega’s en Forumvriende het my toegegooi met oproepe en e-posse van empatie, simpatie, liefde, hulp… Moenie dink daar is niemand wat omgee nie. O nee, hulle wil help. Hulle tree in by die Vader vir jou. Almal (behalwe nou die base en die politici) gee om vir jou. Koester jou. Ek leer dat vriende en vriendskap baie baie baie werd is. Koester dit en koester hulle. Ons is op die aarde om mekaar te help, by te staan, op te help, pret mee saam te hê….
Dan is daar ‘n groot les wat ek geleer het: Never borrow from the future. Skielik is jy uitgeskop en jou Kredietkaart is vêr in die rooi, jou Tjekrekening ook. Die spaarrekening het nou die dag ‘n onttrekking beleef vir ‘n nawekie weg, ‘n nuwe outfit… Jou beleggingkie het min om die lyf. Ek leer dat jy altyd ‘n neseiertjie so groot soos ‘n honderd volstruisnesse vol eiers moet hê om te sorg en voorsien in tye van nood. Spaar. Do not borrow from the future. Rooi syfers is aantreklik en die banke hou die wortel voor jou neus.. Onder die rooi glamour is dit rooi warm. Verskroeiwarm.
Leef eenvoudiger. You never know when you will be next to be kicked in the ….
Ek leer ook dat dit baie makliker is om positief te wees en te bly as wat ek gedink het. Dit is tog so maklik om boedel oor te gee te sink, dan nie? Nee, dit is heerlik bevrydend om negatief op sy kop neer te sit en die klein b….m positief te maak. Geweet jy kan kop omhoog loop al is jy retrenched? Ja, jy kan. Ek is die sprekende bewys. Niemand, nooit weer, gaan my beheer nie. Nie my lewe nie. Ook nie my emosies nie.
Ek leer ‘n groot les: Ek is ‘n oorwinnaar. Ek is in beheer. En dis heerlik bevrydend.