• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM gaan weg wees die naweek.

Started by PM, May 25, 2012, 04:00:30 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Daar is 'n paar verpligtinge wat ons moet nakom gedurende die naweek.
Ons gaan na Hannes se suster toe net buite  Dronkwordspruit.  As alles goed verloop sal ons weer Sondag terug wees.  Daar is nie opvangs nie, so dit help nie ek vat vir skootbrakkie saam nie.
Hou die fort asseblief julle, kuier lekker.  Ek gaan julle mis.

:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :sign10: donkwordspruit  :toothy4:

die forum gaan dronk wees in jou afweesigheid
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

ek het vir moeder en haar rolstoel in die ronde corsa'tjie ingelaai, ons slaap vanaand oppi dorp. more vroeg verskuif ons na Bloemfontein, gaan by kinders tuis en more-aand begelei ons by ons volkspelelaer se saamtrek, sien julle ook eers dalk Sondagaand weer. geniet 'n mooie naweek.

:grommit:
adéle  :grommit:

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Hier's ons weer, uit en tuis en veilig by die huis.  Ons het so opgesien na die naweek, maar het dit geweldig baie geniet. Ons het "agter om die stad" gery, deur Cullinan en baie plekke "uit ons verlede" gesien en dit was 'n fees. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

dankie baie Willa, dit was sooo lekker al het ek nie self getiekiedraai nie, maar ek het die begeleiding weer so baie geniet, en wanneer Eben saam met my speel, maak dit elke noot 'n vreugde.
bly julle het die hele trip geniet, PM, dit doen mens soms goed om jeugplekke te herlewe.

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Oe Adele is daar nie dalkies weer 'n youtube weergawe vir ons om te deel in hierdie tiekiedraaivreugde nie? Glo dit was 'n fees  :love7: PM mater dankbaar julle is veilig tuis en dat julle die naweek geniet het  :hello2:

Ah Willa

Tiekie-draai-klavernote-al-langs-die-pad-van-gisters nou weer terug in vandag ... bly julle het julle naweek geniet ... PM en Adele

Meraai kom draai hier innie baai, dan kraai ons ook 'n lekker tikkie-draai
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

gits, nee ek weet nie van nie maar moet biki uitvind
ek kan vlg week nog kamera-video neem, en sal probeer om te leer hoe om dit op you tube te laai. ek het ander ook van die maraton van verlede jaar, sal bietjie kyk of ek 'you tube slim' kan raak.

dit vat vreeslik baie megs en kan dus nie soos foto's aangestuur word nie.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dankie matertjies.  Adéle, ek is bly jou naweek was ook 'n fees. 
Om te weet is om te verstaan.