• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sproei by babas

Started by PM, May 20, 2012, 11:12:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

ek sal uitvind of daar 'n Ozone Therapist naby jou is ... anders kan jy die gel deur my bestel dan stuur ek dit vir jou.

Die naaste center aan jou waaraan ek nou kan dink is in Rustenburg - ek is ook nie seker of hulle ozone therpy doen nie .. maar hulle doen wel hydrotherapy ...

maar ek sal uitvind en terug kom na jou
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

 :icon_biggrin: Ek dink Bloemfontein is nader aan Adéle as Rustenburg Wils.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ha ha - onder die indruk gekom sy is in die omgewing van die Kruger Nationale Park - ha ha ha

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

Quote from: Ah Willa on May 24, 2012, 06:28:51 PM
.... in die omgewing van die Kruger Nationale Park - ha ha ha


kon ek maar wees, maar ek dink daar is dit té na aan die Hemel...
hier inni vrystaat is ook wildtuine, net miniatuur...

:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

En al die tyd dag ek die Vrystaat is 'n wildtuin...   :toothy4:






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

mmmm, ek hou van daardie gedagte, ja, Vrystaat is 'n wildtuin met 'n paar reservate waar meer wild bymekaar gehou word.
hier loop bokke aan die buitekant vd heining en ons mag hulle nie gaan haal nie. as 'n bok oorspring, mag hy loop waar hy wil. dit is tot die plaaseienaar se voordeel. jakkalse en rooikatte boer die hele veld vol, koedoes kom en gaan soos hulle kans kry. springbokke is wild en vlakvarke volop, maar ek sien hulle amper nooit nie, sku verby.

:grommit:
adéle  :grommit:

Ah Willa

watter Vrystaatse dorpie is die naaste aan jou??

Ek is 'n Vrystaatse blom - Ficksburg - Clocolaan Bloem, Villiers en Bethelehem ... my ouers is van Petrus Steyn en Heilbron se wereld ...

ek het so in die mooi goud groot geword ... :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

so 30 km vanaf Ventersburg en 40 km vanaf Winburg en 46 km vanaf Virginia
...in die mooi goud.... 'n paar jaar gelede het my broer-hulle by die Drakensberg seunskoor-skool gebly en my skoonsus Marinda, komende van plat Rustenburg-wereld, vra eendag aan haar ousie of die berge vir hulle wat lankal daar bly ook so mooi is. die mens het haar bietjie stom aangekyk en Marinda het besef dat die vrou niks anders ken nie, sy weet nie dat die berge so uitsonderlik mooi is wanneer die son opkom nie.

:grommit:
adéle  :grommit:

Ah Willa

Ek het moontlik iemand in BHM wat Ozone doen - sal check
daar was altyd iemand in Bloem ... maar hulle het getrek ...

ek sal uitvind by die ander terapeute en julle laat weet


jy is behoorlik in die middel van die goud Adele ... pragtig ...

ek is baie lief vir die Dakensberge en baie van my spore le die berge op en af .. Duiwelspick het my gereeld gevoel stap, lag en asem haal ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

bloubefoeterd

My aarde Ah Willa

Ek het op Ficksburg gewerk in die laat 80jare netna my 2 jaar "army"-Gee ek nou my ouderdom weg!! Voor jou geboorte seker!!LOL!!

Ah Willa

ek's in 68 gebore en ons was in die 70's in Ficksburg ... 80's was ek in Bloem en Villiers :-)

So Bloubefoeterd - waar het die blou en befoetered gebeur - kon nie in die kersielande gewees het nie  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

bloubefoeterd

Ons is amper wyn van dieselfde druif maar ek is effens meer verouderd!

Die blou en befoeterd verwys maar na my ander groot groot liefde rugby en in die besonder my gunsteling span.

Nee wat mens kan nie anders as om gelukkig te wees op daardie pragtige dorpie nie. Moes ongelukkig die dorp verlaat weens werk situasies maar die area sal altyd 'n sagte plekkie in my hart he.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w