Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: PM on May 20, 2012, 10:12:43 AM

Title: Sproei by babas
Post by: PM on May 20, 2012, 10:12:43 AM
Ons het ontdek dat prinsessie sproei het en nie kolliekkerig is nie. 

Ek het al gehoor van mondsproei maar het nog geen ervaring daarvan opgedoen nie.  Toe mamma se tepels so seer word dat sy in trane borsvoed, het sy dokter toe gegaan en daar stel hulle toe vas dat baba sproei het en vir mamma aangesteek het. 

Toe glip ek "google" toe en daar lees ek toe dat dit 'n fungusinfeksie is. Ons het blykbaar die "goggatjie" in ons lywe, maar omdat ons 'n sterk imuunstelsel het, weer ons liggame dit vanself af.  Babatjies se imuunstelsel is nog nie ontwikkel nie, daarom kry hulle dit.

Dit veroorsaak baie ongerief en dit is hoekom die babas dan so moeilikk raak. 

Wie het ondervinding hiervan?
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:16:38 AM
Oi eina!!! Geen ondervinding mater maar sal graag meer wil hoor. Ek is mos nou hoeka 'n woelende ouma wat van tyd tot tyd mamma moet speel met toeka se maniere van dinge doen  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: PM on May 20, 2012, 10:25:09 AM
Stigma is 'n lelike ding.   :icon_biggrin: Ek het gedink dit is net "vuil" mense wat dit kry!  :color:

Ek het hierdie raat raakgelees:

For babies, use pure virgin coconut oil. Coconut oil contains coprylic acid that acts as a antifungal helps in fighting infections. It is also a natural booster of immune system and can even be used for cooking.

Tea tree oil is another effective cure for baby's thrush. For your baby, dilute this oil and apply to your baby's mouth. You can even use toothpaste, oil and creams made of tea tree oil for treating thrush on a new born.
    Clove oil is an antifungal and can be used in diluted form for treating thrush on newborn.
    Oregano oil can also be used for treating thrush.
    Keep everything clean. Wash your baby's toys, clothes, bed sheets and other materials that come in contact with your baby's mouth. This will help in keeping your baby away from infectious substances.

Natural ingredients like tea tree oil, grapefruit seed extract and baking soda are popular home remedies for baby thrush. Mix a few drops of either ingredient with half a cup of water. Dip a cotton swab in the solution and rinse the infected patches in the baby’s mouth. Use the remaining solution to clean the infant’s bottom. If you are using a disposable wipe, ensure it is alcohol free.


Title: Re: Sproei by babas
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:27:55 AM
Goud werd hierdie raad  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: PM on May 20, 2012, 10:31:43 AM
Jogurt vir grootmense is baie goed, dit beveg ook alle "suurdeeg-infeksies". 
Seg die slimkoppe dat mense wat hiermee gepla word, moet wegbly van suiker,
fyn meel en "elkehol".  :icon_biggrin:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:34:09 AM
Oi hoop tog nie ek kry sproei nie want ek liefffff my ou rooietjie sawens  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: PM on May 20, 2012, 10:37:37 AM
Gelukkig is daar medisyne vir grootmense,  :hello2: maar ongelukkig nie vir babas nie. 

Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 07:00:45 PM
vir baba's ouer as 7 maande kan jy ook bulgarian yogurt gee ... of hulle nou sproei het al dan nie - dis baie goed vir hulle - die lewendige kultivaars help hulle om hul immune systems te bou ...

bly weg van koei melk en dairy producte vir baba's met sproei  ...

rysmelk is 'n goeie vervanging (maar as baba net borsvoed is dit nog beter - so as mamma kan uithou - baie goed)

vir Mamma se einas:   ek het by Karl Bremmer gekraam .. hulle specialiseer in borsvoeding ... moedig dit baie aan - die suster daar het my 'n baie goeie tip gegee:

moet jou nie steur aan gekopte salf ens nie ... en ek het nie ... ek het vir 2 jaar en 9 maande geborsvoed en my borste was altyd gesond!

Elke keer net voordat sy gaan voed, moet sy so bietjie mamma-melkies uitdruk - dan maak sy die bors wat gebruik gaan word, daarmee skoon ...
dit sterliseer ook die bors vir baba ... nothing beats mother nature!!
Dan as baba klaar is, druk weer so bietjie uit en vryf weer in die bors in ...

Dit maak weereens die borsk skoon en ook maak dit die tepeltjie sag

POSITIVE THOUGHTS baie belangrik - heeltyd ...  dit het invloed op alles


vir baba :  neem bietjie olyf olie en smeer aan haar ou voetjies,
smeer bietjie vaseline oor om beskerm lagie te vorm
plaas dan bietjie gekrusde carlic op die onder kant van voet
draai gladrap liggies om .. net om alles binne te hou en trek sokkie aan

oor 'n uur sal jy garlik in haar asem ryk ...

dis 'n natuurlik antibotika en sal baba help om die sproei te help baklei

doen dit so twee ure voor bad tyd


Koors :  gooi proppie brandewyn in badwatertjies ... dit breek die koors en help ook met seer lyfie.

 :toothy4:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2012, 12:01:28 AM
Jinnetjie julle hier is soveel kosbare rate  :love7: :hello2: Duisend dankies Willa vir ook vir hierdie wonderlike toevoeging. Gaan beslis weer wegdra na Meisiekind toe. Veral die koorsbreek ene. Ons jongste seun het koorsstuipe gekry op 8 maande en was amper dood. Ek het toevallig my hand uitgesteek om te voel of hy toe is deur die nag en toe sy handjie in die lug gevoel. STYF!! Outop moes hom in bad met koelwater druk (sy lyfie het agteroor getrek en hy het opgehou asemhaal) Dankie Here dat my man kennis het van noodhulp en kom mond-tot-mond tegniek vir babas toepas. Vir koors is ek banger as vir die pes!
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 21, 2012, 12:39:43 PM
as mense siek is - wil ons juis die koors op jaag - want dit beteken die immunity-soldate weg! Grootmense se koors jaag ek maklik op na 42 toe met hydrotherapy ...
maar KINDERTJIES ... as daai koorspen se 38 BID ek klip hard en ek weet die liewe Vader het nie verniet VERSTAND en BRANDEWYN beskikbaar gemaak nie :-)
Title: Re: Sproei by babas
Post by: PM on May 21, 2012, 03:38:26 PM
O heigend hert!  Koorsstuipe is iets vreesliks.  Ons eerste kleinkind het so koorsstuipe gekry en dit was verskrklik.  Sal ek ooit die koue bad en die mond-tot-mond vergeet! Teen die tyd wat jy besef hy het koors is dit klaar te laat.  Die tye wat ek na hom gekyk het was dit reguit dokter toe as jy voel die lyfie word warm.  Gelukkig het hy dit ontgroei.  Jy is reg Raaitjie, daar is niks waarvoor ek skrik nie, maar koors by babas en peuters gee my hartverlamming. 

Dankie vir die goeie raad Willa.

Ek lig my hoed vir meisiekind wat so aanhou borsvoed het toe dit so pynlik was.  Die dokter het vir haar 'n salfie gegee om aan die binnekant van baba se mond te smeer, asook aan die tepels.  Ons was vanoggend gou daar langs toe Hannes dokter toe is en dit gaan baie goed met haar en alle tekens van sproei het verdwyn.  Baba is ook baie rustiger. 
Wat nogal interessant is, is dat meisiekind erge maaggriep gehad het twee dae voor Danique se geboorte en sy het antibiotika ontvang.  Hulle het ook antibiotika in haar drup gesit toe sy in die hospitaal was.  Die navorsing wat ek oor die toestand gedoen het, sê dat die fungus teer op antibiotika. 

Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 21, 2012, 05:11:22 PM
moet dan nie die GARLIK onder haar voetjies sit nie .... my kop het bietjie geraas toe ek hier geskryf het ..

mens kry OzoneGel ... smeer dit onder haar voetjies ... Fungus flureer op antibotika ... maar sterk in stuursof ... Ozone is enhangched suurstof ... as jy langs die strand loop dan kan jy Ozone ruik ...

skiesie vir daai glipsie

as baba (of grootmense) verkoue/griep het of selfs sinusitus - dan is die garlic onder die voet wys  :hello2:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: adele on May 21, 2012, 08:29:36 PM
...die fungus teer op antibiotika....
dit ek ken maar alte goed, dis erger as pes en daarom bly ek, as dit kan, 'n paar dae langer olik eerder as om met antibiotika gouer gesond te word, want later is ek net sieker.

 :grommit:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 22, 2012, 02:33:47 AM
Adele onthou Ozone of Suurstof Therapy werk - fungus vrek in suurstof -  so jy hoef nie oilik uit te hou nie :-)



Title: Re: Sproei by babas
Post by: adele on May 22, 2012, 05:35:40 AM
   :love7:  dankie Willa, maar hoe kry mens dit in die hande? ek het nog net daarvan gelees.

 :grommit:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 22, 2012, 09:54:20 AM
ek sal uitvind of daar 'n Ozone Therapist naby jou is ... anders kan jy die gel deur my bestel dan stuur ek dit vir jou.

Die naaste center aan jou waaraan ek nou kan dink is in Rustenburg - ek is ook nie seker of hulle ozone therpy doen nie .. maar hulle doen wel hydrotherapy ...

maar ek sal uitvind en terug kom na jou
Title: Re: Sproei by babas
Post by: PM on May 24, 2012, 10:02:09 AM
 :icon_biggrin: Ek dink Bloemfontein is nader aan Adéle as Rustenburg Wils.   :love7:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 24, 2012, 05:28:51 PM
ha ha - onder die indruk gekom sy is in die omgewing van die Kruger Nationale Park - ha ha ha

Title: Re: Sproei by babas
Post by: adele on May 24, 2012, 08:24:30 PM
.... in die omgewing van die Kruger Nationale Park - ha ha ha


kon ek maar wees, maar ek dink daar is dit té na aan die Hemel...
hier inni vrystaat is ook wildtuine, net miniatuur...

 :grommit:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Naas on May 25, 2012, 09:38:55 AM
En al die tyd dag ek die Vrystaat is 'n wildtuin...   :toothy4:






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: adele on May 25, 2012, 01:05:09 PM
mmmm, ek hou van daardie gedagte, ja, Vrystaat is 'n wildtuin met 'n paar reservate waar meer wild bymekaar gehou word.
hier loop bokke aan die buitekant vd heining en ons mag hulle nie gaan haal nie. as 'n bok oorspring, mag hy loop waar hy wil. dit is tot die plaaseienaar se voordeel. jakkalse en rooikatte boer die hele veld vol, koedoes kom en gaan soos hulle kans kry. springbokke is wild en vlakvarke volop, maar ek sien hulle amper nooit nie, sku verby.

 :grommit:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 25, 2012, 04:53:21 PM
watter Vrystaatse dorpie is die naaste aan jou??

Ek is 'n Vrystaatse blom - Ficksburg - Clocolaan Bloem, Villiers en Bethelehem ... my ouers is van Petrus Steyn en Heilbron se wereld ...

ek het so in die mooi goud groot geword ... :-)
Title: Re: Sproei by babas
Post by: adele on May 25, 2012, 06:20:20 PM
so 30 km vanaf Ventersburg en 40 km vanaf Winburg en 46 km vanaf Virginia
...in die mooi goud.... 'n paar jaar gelede het my broer-hulle by die Drakensberg seunskoor-skool gebly en my skoonsus Marinda, komende van plat Rustenburg-wereld, vra eendag aan haar ousie of die berge vir hulle wat lankal daar bly ook so mooi is. die mens het haar bietjie stom aangekyk en Marinda het besef dat die vrou niks anders ken nie, sy weet nie dat die berge so uitsonderlik mooi is wanneer die son opkom nie.

 :grommit:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on May 25, 2012, 09:55:52 PM
Ek het moontlik iemand in BHM wat Ozone doen - sal check
daar was altyd iemand in Bloem ... maar hulle het getrek ...

ek sal uitvind by die ander terapeute en julle laat weet


jy is behoorlik in die middel van die goud Adele ... pragtig ...

ek is baie lief vir die Dakensberge en baie van my spore le die berge op en af .. Duiwelspick het my gereeld gevoel stap, lag en asem haal ...
Title: Re: Sproei by babas
Post by: bloubefoeterd on June 14, 2012, 11:06:26 AM
My aarde Ah Willa

Ek het op Ficksburg gewerk in die laat 80jare netna my 2 jaar "army"-Gee ek nou my ouderdom weg!! Voor jou geboorte seker!!LOL!!
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on June 14, 2012, 12:51:36 PM
ek's in 68 gebore en ons was in die 70's in Ficksburg ... 80's was ek in Bloem en Villiers :-)

So Bloubefoeterd - waar het die blou en befoetered gebeur - kon nie in die kersielande gewees het nie  :hello2:
Title: Re: Sproei by babas
Post by: bloubefoeterd on June 18, 2012, 03:41:38 PM
Ons is amper wyn van dieselfde druif maar ek is effens meer verouderd!

Die blou en befoeterd verwys maar na my ander groot groot liefde rugby en in die besonder my gunsteling span.

Nee wat mens kan nie anders as om gelukkig te wees op daardie pragtige dorpie nie. Moes ongelukkig die dorp verlaat weens werk situasies maar die area sal altyd 'n sagte plekkie in my hart he.
Title: Re: Sproei by babas
Post by: Ah Willa on June 18, 2012, 03:53:28 PM
 :toothy4: