Author Topic: Kom-proe-saam-poësie  (Read 5354 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Kom-proe-saam-poësie
« on: May 14, 2012, 01:37:35 AM »
Ek dek vir ons 'n plek
in my verskombuis:
"kom-proe-saam-poësie"
Bon Appetit!
:icon_salut:



Die pad na 'n man se hart
loop deur sy pens - so word vertel.
Maar ek verskil van hul; die pad          
na my Outop sin, is gekamoefleer
so het ek geleer - dit loop deur sy lens!  

© Meraai vannie baai

*En hier is 'n paar verskombuisgedigte wat ek lank gelede gebottel het op die woordrak:
[/i]

Piet Magriet (PM) Kolwyntjie:

 As geluk meel was,
 'n glimlaggie - bakpoeier,
 Vertroue - eiers
 & liefde - suiker...
 Was jy 'n besonderse heerlike kolwyntjie.
 ©

Hannes sê ook hy is nou so lus vir sooibrand, hy eet sommer 'n kolwyntjie!

Naas: (vir 007)

 "As dierbaar 'n glas was,
 'n glimlag, ys
 liefde, brandewyn
 en bedagsaamheid, Coke.
 Dan was jy een moerse lekker dop!
 En ek,
 dan was ek permanent getwarra."
 ©

:toothy4: Hierdie enetjie moet ek deel, toestemming lankal verleen om uit te stal

Gietertjie

 ......op my grafsteen....
 
Hier lê Gieterjie
eienaar van een pot
en tot die dood uitgehonger
©

Gawelina:
 Vandag;
 gaan ma,
 'n slag kook!

 Rys, vleis,
 aartappels
 en pampoen.

 Ek
 hoop
 ek
 kan
 nog!

 Gewoonlik
 eet
 ons
 bybels:

 Elke dag-
 die kos -
 geoffer sien.
 
TGG ©

Piet Magriet
 ... ek gaan nou daai toebroodjie maak!
 Maak nie saak hoeveel chips en mayonaise
 Ek daarop gaan plak en of die tamatiesous kante raak
 Hoeveel warm rissiesous en hoendervleis
 of komkommerskywe en tamatieringe en uie in glip,
 ek gaan soveel lae van die lekkerste brood
 wat ek myself elke dag misgun en oor skuldig voel, wit
 van die sout gooi en dit in die oond in stoot.
 Dan gaan jy my sien smul dat die sous orals oor vassit!
 ©

Piet Magriet
 As ek klaar gekook het
 is al wat oorbly
 om te was;
 die borde
 en eetgerei!

 As Pa -
 of die seuns
 gekook het,
 staan die wasbak;
 tot teen die dak,
 vol!

 Die vloere is besmeer,
 die oond is vuil
 en die stoofblad ...
 lyk te naar!

 Ook nie
 'n skoon vadoek,
 in sig nie!

 Eish!!!
 Maar -
 ek lief hulle!
 
TGG ©


Naas
 Ek het in een dag van 126 kg aaklige vet ontslae geraak toe ek my seketaresse gefire het ...
 so sop vir julle!
 ©
« Last Edit: May 17, 2012, 07:50:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #1 on: May 14, 2012, 06:06:53 AM »
Ek sit nou met 'n smile van oor tot oor ... dit was nou prettige mooi woorde hier by die mooi tafel,
dankie Meraai

ek het ook gerol soos ek gelag het vir die een - dit is nou net Naas wat dit so kan kaas!

Naas
 Ek het in een dag van 126 kg aaklige vet ontslae geraak toe ek my seketaresse gefire het ...
 so sop vir julle!
 ©
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #2 on: May 14, 2012, 07:21:56 AM »
Ons het so baie woordpret al gehad Willa. As ek deur ons ou boekie van woorde blaai herleef ek hope van dit weer. Duisend dankies mater vir die omskakeling van die onse na gramme toe ook  :notworthy: ek moet nou spring om ons kleinman te gaan haal sodat sy mamma en pappa kan trek. Gelukkig is die perde reeds geskuif so dit is al grootwerk gedaan!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #3 on: May 14, 2012, 07:37:17 AM »
die onse na gram was maklik - ek het net vir JanDink gevra  :love7:

Hoe neem baie fototjies van die perde - ek droom ook van 'n plaas met baie perde - dis so 'n prag dier :-)

Sterkte daar met al die skuif/trek/pak/ omsien na en alles wat daarmee saamgaan ...
Oi, ek sal moet gaan opsoek om seker te maak waaronder my 'pens' vir maag weer val  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: May 14, 2012, 08:41:41 AM by Meraai vannie Baai »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #4 on: May 14, 2012, 08:18:16 AM »
Groooot hulp gewees Willa. Skink ek gou vir ons so ietsie, sommer hier langes die kombuisverse. Sal mos gepas wees. PM mater, hier is joue ook hoor  :sign10:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #5 on: May 14, 2012, 08:24:18 AM »
Dankie Raaitjie, dit is heerlik om so 'n ietsie saam te drink so vroeg in die oggend.
Hier is een vir my Ouma Naas, maar ek sukkel my stêre af om dit gesentreerd te kry.  
Daars hy nou, hy wil eers "gepost" word.

Polisindeton is die oorvloedige gebruik van voegwoorde:

proe ek karringmelkbeskuit
of
maalvleisbolletjies
of
die geur van gemmerkoekies
of
dadelbroodjies
dan
slaat die verlange my onderstebo
na
my
eie
Ouma Naas
dan mis ek ook vir oom Hertzog
ek sê vir jou
sy bak vir hom stokflou





« Last Edit: May 15, 2012, 04:41:05 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #6 on: May 14, 2012, 08:36:43 AM »
Lieflik!! ek swaai my sterre so  :bootyshake: Net gou skryf: as jy sentreer gedruk het, kies dan preview om te sien of dit werk, wys hy mooi en kan jy regtrek na hartelus en dan post  :toothy4:

As ons hierdie ook vir boek twee gebruik kan jy sommer by elkeen voeg watter woordstyle dit ook as voorbeeld dien, ek kyk nou spesifiek na jou of, of of hier   :notworthy: :icon_salut: :book1:
« Last Edit: May 14, 2012, 08:40:28 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #7 on: May 14, 2012, 08:39:49 AM »
Dankie matertjie, ek vergeet mos gouer as wat ek onthou!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #8 on: May 14, 2012, 01:01:52 PM »
gin wonder ek kry nooit OOm Hertzoggies nie .. is altyd te flou as hulle hier aankom   :hello2:

Dankie vir die koffie - vandag het ek beslis sterker as koffie nodig ... maar die Cilift se niks bubble-vog nie ... oi oi  :coffee2: moet dit maar wees en in sulke gawe-lawe geselskap kan dit net better gaan  :sign10:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom-proe-saam-poësie
« Reply #9 on: May 15, 2012, 04:39:46 AM »
Is reg so, ek sal daai "Polisindeton" daar byvoeg Raaitjie.

Om te weet is om te verstaan.