• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...

Started by Meraai vannie Baai, May 08, 2012, 03:35:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai



... en so ietwat later rus dit eers 'n bietjie, voor dit die lang pad aandurf na julle toe  :toothy4:



Angelica

O jinne, maar dis mooi!
Ek is versot op die maan.  Daar is soveel mooi herinneringe aan tye saam met die maan:  Lief, leed, pret... sommernet.
Het geweet van die maan wat haar / sy mooiste rok / broek gaan aantrek, maar was bietjie op 'n ander planeet.
Dankie, Meraai, nou het ek ook die skoonheid gesien.
elle

Meraai vannie Baai

#2
Groot voorreg matertjie. Wil gou wys hoe die maankleed met sy/haar kratergaters in sepia vertoon (deur Outoppie se lens.) Ek verkyk my!!


PM

Pragtig! Die middelste foto'tjie lyk soos 'n varkie en 'n mens kan die hasie in die maan pragtig sien.
Dankie vir die deel, dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

AB

dankie riana,

dit lyk bekend........ek dink dit moet dieslfde maan wees wat ons hier ook gesien het.

PM

Dit lyk ook soos 'n ryp spanspek en as jy jou verbeelding 'n bietjie gebruik kan jy die ou agter op die donkiekar sien met die donkies vooraan. 

AB jy laat my nou dink aan my vriendin in NZ wat baie verbaas was omdat hulle ook daar volmaan gehad het, dieselfde tyd as ons.
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

Angelica

Afgeskilde lemoen.
Daar bo regs is sy stingeltjieplekkie en die skyfies loop mooi oor die magie.
Plek-plek nog 'wit' aan.

Baie met die 'verkyker' snags op die balkon gesit en kyk, vol, half, kwart en ook die uitge-ete spanspekskilletjie.
Asemrowend.
PM, as mens nou dink daaraan dat dit dieselfde maan is wat oral skyn, dan besef jy hoe nietig jy is.
Dieselfde maan wat in die Noordpool vol is, is ook in die Suidpool vol. En sommer orals, kruis en dwars oor die aarde.
elle

Meraai vannie Baai

Angelica, so bly jy sien ook die afgeskilde lemoentjie raak!  PM, hoe meer ek loer, sien ek jou spanspek beslis ook raak, soek nog na donkiekar en drywer  :icon_biggrin:

Stoffel was nou heerlik om jou weer raak te lees mater  :notworthy:

Adele ek liefffff jou handskoenbeskrywende 'maanligmooiste fotos' :book1: :notworthy: :icon_salut:

Ah Willa

ek het myse briltjies nou al seskeer gevas en ek sien nie hasies, varkies, donkiekarre, spanspekke en die goedjies wat julle sien nie ...

al wat ek sien is VREK MOOI hande werk van ons Vader wat so mooi deur 'n langoogbril vasgevang is in 'n oomblik toe ek nie by was nie, maar nou ook kan geniet ... pragtig mooi!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

 :icon_biggrin: Ek sien duidelik die afgeskilde lemoen en daar, net onder die lemoen se "naeltjie" sit die man in die maan met sy haakneus en sy trom tussen sy bene en kondig die nuwe maand aan.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.