Author Topic: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...  (Read 4656 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« on: May 08, 2012, 02:35:15 AM »


... en so ietwat later rus dit eers 'n bietjie, voor dit die lang pad aandurf na julle toe  :toothy4:


« Last Edit: May 08, 2012, 02:47:49 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #1 on: May 08, 2012, 03:20:30 AM »
O jinne, maar dis mooi!
Ek is versot op die maan.  Daar is soveel mooi herinneringe aan tye saam met die maan:  Lief, leed, pret... sommernet.
Het geweet van die maan wat haar / sy mooiste rok / broek gaan aantrek, maar was bietjie op 'n ander planeet.
Dankie, Meraai, nou het ek ook die skoonheid gesien.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #2 on: May 08, 2012, 04:12:42 AM »
Groot voorreg matertjie. Wil gou wys hoe die maankleed met sy/haar kratergaters in sepia vertoon (deur Outoppie se lens.) Ek verkyk my!!

« Last Edit: May 08, 2012, 05:34:28 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #3 on: May 08, 2012, 04:32:49 AM »
Pragtig! Die middelste foto'tjie lyk soos 'n varkie en 'n mens kan die hasie in die maan pragtig sien.
Dankie vir die deel, dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #4 on: May 08, 2012, 05:35:31 AM »
Bly jy't ook geniet mater  :snorting:  :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #5 on: May 08, 2012, 06:11:20 AM »
Mooi bly mooi


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #6 on: May 08, 2012, 01:01:58 PM »
dankie riana,

dit lyk bekend........ek dink dit moet dieslfde maan wees wat ons hier ook gesien het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #7 on: May 08, 2012, 04:50:12 PM »
Dit lyk ook soos 'n ryp spanspek en as jy jou verbeelding 'n bietjie gebruik kan jy die ou agter op die donkiekar sien met die donkies vooraan. 

AB jy laat my nou dink aan my vriendin in NZ wat baie verbaas was omdat hulle ook daar volmaan gehad het, dieselfde tyd as ons.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #8 on: May 08, 2012, 07:50:20 PM »
dis darem maar maanligmooiste foto's

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #9 on: May 08, 2012, 08:20:32 PM »
Afgeskilde lemoen.
Daar bo regs is sy stingeltjieplekkie en die skyfies loop mooi oor die magie.
Plek-plek nog 'wit' aan.

Baie met die 'verkyker' snags op die balkon gesit en kyk, vol, half, kwart en ook die uitge-ete spanspekskilletjie.
Asemrowend.
PM, as mens nou dink daaraan dat dit dieselfde maan is wat oral skyn, dan besef jy hoe nietig jy is.
Dieselfde maan wat in die Noordpool vol is, is ook in die Suidpool vol. En sommer orals, kruis en dwars oor die aarde.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #10 on: May 09, 2012, 02:44:19 AM »
Angelica, so bly jy sien ook die afgeskilde lemoentjie raak!  PM, hoe meer ek loer, sien ek jou spanspek beslis ook raak, soek nog na donkiekar en drywer  :icon_biggrin:

Stoffel was nou heerlik om jou weer raak te lees mater  :notworthy:

Adele ek liefffff jou handskoenbeskrywende 'maanligmooiste fotos' :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #11 on: May 09, 2012, 09:39:21 PM »
ek het myse briltjies nou al seskeer gevas en ek sien nie hasies, varkies, donkiekarre, spanspekke en die goedjies wat julle sien nie ...

al wat ek sien is VREK MOOI hande werk van ons Vader wat so mooi deur 'n langoogbril vasgevang is in 'n oomblik toe ek nie by was nie, maar nou ook kan geniet ... pragtig mooi!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die maan loer deur takke en drade in ons straat ...
« Reply #12 on: May 10, 2012, 07:42:59 AM »
 :icon_biggrin: Ek sien duidelik die afgeskilde lemoen en daar, net onder die lemoen se "naeltjie" sit die man in die maan met sy haakneus en sy trom tussen sy bene en kondig die nuwe maand aan.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.