• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Om te BEE

Started by Naas, May 06, 2012, 08:50:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Tye het beslis verander
slaan die besef my toe vandag.
Gister se ware woorde?
Dra dit nog dieselfde krag?

To be, or not to be?
Het mos duidelik gevra
of bestaan regverdig word.
Tye het beslis verander.

To BEE, or not to BEE?
Nou moet die baas mooi dink
of bestaan geduld gaan word,
slaan die besef my toe vandag.

Raak die besluit vandag dalk...
'n vlieg in baas se salf?
Of net 'n gesalfde vlieg?
Gister se ware woorde?

Is dit 'n vlieg met moee vlerke
of dalk net vlerke van vertoon?
Dalk maar net 'n BEE budgie?
Dra dit nog dieselfde vrag?

Dra dit nog dieselfde krag?
Gister se ware woorde
slaan die besef my toe vandag:
Tye het beslis verander.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

baie goed bedink, ek sien 'n struktuur maar kan nie onthou watter ene nie?

:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

#2
Dis maar my eie truverse. Ek werk die laaste tyd baie daarin.
Ek het gister saam met Trappies hulle by 'n wynplaas met 'n lamsakkige vlieg te doen gekry. Na aanlyding van 'n storie van die gasvrou oor BEE is die vlieg opeens die BEE-budgie gedoop.
Ek dink dat ek erens 'n band met Engeltjie se gevoelens het want ek het vannag met die aakligheid wakker geword en die gedig gebaar (sonder veel kraampyne). Vanoggend sien ek daar le 'n soortgelyke storie op haar lewenspad.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

To BEE or not to BEE! 
Julle wetters!  Hoe durf julle sonder my kuier!  :crybaby2:
:icon_biggrin: Ai matertjie, ons mis julle soveel, julle sal nooit weet nie!
Ek is so dankbaar dat julle hande vashou!  Ek hoop so dat ons een van die dae
weer saam kan kuier.  BUT - what will BEE will BEE! 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My hart bloei vir Engeltjie maar ons sal vang sover ons kan.
Ons was gister by die olyffees en wou eers jul neus daarin vryf maar besluit toe dat die nie regverdig is nie.  Julle het mos darem ook julle plig teenoor Bosswanna se diere en ons respekteer dit.
Ek wens net Hannes wil nou klaar pomp en terugkom beskawing toe.
verdomp, ons mis julle en ek weier om my boek sonder julle bekend te stel.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ai Naas, ek belowe ons sal daar wees as dit enigsins moontlik is.  Laat weet net wanneer en al vlieg ons net die naweek daarheen, sal ons daar wees.  Hannes sal eers volgende week terug wees by die kantoor, dan sal hy hoor wanneer die Kaapse projek sal gebeur.  Ek het hom die dood voor oë gesweer as hy dit sou waag om hierdie week nog terug te gaan kantoor toe.  Hy werk al van ons laaste Kaapse projek af een struik deur, sonder 'n naweek of 'n vakansiedag af.  As hy nie die Kaapse projek kry nie, gaan hy eers al sy verlof neem en dan met pensioen gaan.  BUT - what will BEE will BEE!

My hart bloei vir Elsabé.  Ek weet dat sy hart en siel in haar werk was en dat sy alles - alles - opgeoffer het vir haar werk.  Tye het beslis verander. Gister se ware woorde is net vandag se leuen.
Hou haar vas Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hi Naas,  wonderlik dat jou boek met al (jou?) liegstories die lieg... ag lig, gaan sien.
Saam met jou bly daaroor.
Eendag, as ek die BEE-hive berook het met Agent Red, of was die Green?, gaan ek beslis 'n kopie kry.
elle

Trapsoetjie

Hie hie ... lekker kry ek nou weer lag.

Daai B E E budgie het ons gevolg tot by die laaste drinkgat... Hy was seker ook dors...  :evil6:

:angel12:

Naas

Verdomde wynvlieg as jy my vra. Net soos alle BEE budgies nie eers toegangsgeld betaal nie. Vreet en drink verniet.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Haai julle maak my so jantjie!  As julle my voor die tyd laat weet het kon ek darem my gesie saam gestuur het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

To BEE or not to BEE .... mmm

daai BEE-engeltjie se moeilikheid lyk maar klein teen Naas en Trappies sin wat gaan wyn drink sonder om my saam te vat ....

maar die mooi van Naas se gedig laat my genoodsaak voel om te vergiftig ... oops ek bedoel vergewe ....

Naas ... eendag gaan ek so mooi dig soos jy ... eendag ....
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Dankie Ah Willa. Daai een met die gebreekte traan dink ek oortref darem al myne. Jy moenie so beskeie wees nie.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Nee Naas, jy besef nie die waarde van joune nie .. maar ek's bly ek kan jou as meester volg en van jou leer ... jy en PM en Raaitjie en Adele ... ek leer baie by julle!  En dis juis julle input wat "Die eeu: 2012" tot gevolg het ... DANKIE!!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

daai BEE-engeltjie se moeilikheid lyk maar klein teen Naas en Trappies sin wat gaan wyn drink sonder om my saam te vat ...  Naas, ek dink jy en Trappies is nie net by my in die moeilikgeite in nie!

Gee hulle gas Willatjie.  Gee hulle gas!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

En hulle moeilikheid groei - wat ma-PM is binnekort hier tussen ons  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w