• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Toebroodjie gedigstruktuur

Started by Meraai vannie Baai, May 04, 2012, 01:41:41 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Gewoonlik in kwartet vorm geskryf vertoon die gedig soos 'n toebroodjie met lae waarvan die eerste en laaste reëls (jou brood) om en by dieselfde lengte is.

Die twee middelste reëls is die vulsel en hulle moet ook weer naastenby ewe lank vertoon.

Rymvorm is ABBA en met hierdie Afrikaanse weergawe van my op die Engelse Sandwich Poetry, is daar geen lettergreep-telling nie, slegs die visuele toebroodjie voorkoms.

*Variasie met meer lae/vulsels word in die titel aangedui: Toebroodjie gedig met vyf/ses lae ens. En al die vulsel-reëls sal dan rym.

Voorbeelde:

Tussen ons lewens-lae;
verseelde liefde
tonne vreugde,
en onthou-jy-nog-dae
©

Jou liefde was die prop
om die leemte-gat
in my lewens-vat
volmaak, toe te stop
©

Daar is tussen jou en my
~geen mure~
~toe deure~
om 'n skeiding te vermy
©

:toothy4: Wat sal 'n struktuur nou wees as ons nie eie variasies daarop kan toepas?  :toothy4:

Dieët-Toebroodjie

Jy hoef jou oor gewig nie te kommer
want
daar is net een laag met komkommer.
©

Woordworsrol

Ekke lief strukture,
daar pronk meer as 'n honderdtal reeds
in die woordskure!
©

Meraai vannie Baai

#1
By die ou woordeboek het ek hierdie voorbeeld van Willa bewaar, en nog steeds hou sy aan om toe te pas (probeer is die beste geweer gewis) wat sy lank gelede hieroor geskryf het!
:notworthy: :icon_salut:

ek weet, ek weet eintlik niks
ek wil tog so graag leer
ek sal nog weer probeer
en kry ek dit nie, is dit niks
©

PM

Ja, ek verbaas my aan hoe hard Willa probeer en elke keer weer terugkom totdat dit reg is. 
Dankie Raaitjie, hierdie stuktuur is maklik en speel heerlik saam. 
Om te weet is om te verstaan.