• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Geld wat stom is

Started by PM, May 03, 2012, 12:27:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Geld wat stom is

Met jou ronde blink kop
en ʼn bek wat klingel
staan jy agtpotig op
om my drome te verstrengel
 
dou voor dag jaag jy my uit
ontneem my van vreugdes
en so ook van my tyd
jy     is ʼn onmisbare gedrog
 
tog voed jy      klee my
gee ʼn dak oor my kop
geld wat stom is
maak mos reg wat krom is

©  PM
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek geniet en die tipografiese wit pas vir my pragtig in jou gedig!!

PM

Dit werk goed vir my, ek verdwaal so tussen die leestekens, as ek dit so gebruik komkommer ek nie daaroor nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

die tipografiese wit laat my nog  :icon_scratch:
maar ek geniet die gedig sommer baie PM  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ag nee Willatjie,  tipogragiese wit is maar net in die plek van 'n komma.  Waar jy nou 'n kort rukkie stilstaan by 'n komma,  staan jy net 'n klein rukkie langer stil by die wit spasie wat jy los om vir die leser tyd te gee om te dink.  Dit is amper dieselfde as die drie kolletjies...  (die ellips) Die leser haak vas by:  jy----- is ʼn onmisbare gedrog! (Jy wat geld is)

tog voed jy----- klee my (jy wat geld is)

as ek in die Kaap is gaan ons baie lekker saam kuier oor hierdie "vreemde verskynsel".  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Dit sal so lekker wees om te hoor hoe jy die gedigte met die tipogragiese wit spasies wat tipografiese genoem word, hardop lees  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Hou daar sustertjie, ons is nou daar!
Ek weet ek praat deur my nek, ek moet kans gee om te sien wat gaan gebeur, maar, ek ken vir Hannes Smit, voor ek my oge uitvee gaan hy na sy familie toe, Kaap toe!
Hou daar, ons is een van die dae daar!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ons gaan genoeg slaap, sodat ons baie slaap het as julle kom sodat ons nie tyd mors met onnodig slaap terwyl julle hier is nie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w