• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Naani (Indiese struktuur)

Started by Meraai vannie Baai, May 02, 2012, 09:54:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

*Hierdie struktuur was voorheen op maar ek sien dit nou nergens nie, so ek plaas weer.

'n Kortgedig-struktuur in Afrikaans, geleen uit die Indiese kultuur. Die eenvoudige struktuur word geskep met slegs vier reëls en 'n gesamentlike lettergreeptelling van 20 tot 25. Dit bied aan die digters ruimte vir die spreekwoordelike 'uitdrukking vir ieder en elk'.

Gewoonlik handel 'n *Naani oor menslike verhoudings/hedendaagse uitdrukkings/wyshede
maar 'n spesifieke onderwerp is nie 'n vereiste vir hierdie struktuur nie.

Aangepasde strukture
met nuwe riglyne
baan die weg
vir toekomstige skrywers
:toothy4:


Hier is my eenvoudige voorbeeld:

Gekose woordsaadjies
bewaar in die skuur;
'n onuitputbare bron
vir die nageslag.

©Meraai vannie baai

********

SKRYWERS SE VOORBEELDE:

Naas:

Die verdomde Indiane
dryf my tot trane.
Probeer maar hul kaani
Naasi spelli

Piet Magriet:
Skink maar vir hom 'n dop
dit sal die brein reg skop
hy sal gou sien gehaasi
hoe spel 'n mens Naasi

Die volgende Naani's het 007 geskep uit die skrywers se woorde:

Meraai:
Hier sit ek tussen die lyne
gevul met woorddisse
van vrinne, te kies
en te keur

Piet Magriet:
In die Kaap,
as die wind so deur die gleuwe
en om die hoeke huil,
dan wil ek sommer saam huil.

Naas:
Aai, mense, mense
Daar is darem net niks
wat by vriende kom
wat jou aanvaar soos jy is nie.

PM

Dankie en skuus Raaitjie.  Dit was in die konstuksiewerf en ek het dit reeds in boek 2 geplaas.  Nou  gee dit kans vir nog skrywers om voorbeelde te skryf en ek sien ek kan nog bietjie skaaf en skuur aan myne.  Jammer dat ek die lewe vir jou so moeilik maak.  :munky2:
Ek sal probeer om uit my foute te leer.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Alles reg matertjie  :notworthy: Ek kon nie onthou of ek dit by die strukture/boekvoorbeelde geplaas het nie.

PM

Ja jy het.  Ek het dit alles in die "bêreplek" geplaas, maar dit is nou weg.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.