• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Acrostic Struktuur

Started by Meraai vannie Baai, May 01, 2012, 02:34:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

*Hierdie eenvoudige vorm is gebasseer op die Engelse digvorm: Acrostic - Waar die eerste (of laaste) letter van elke reël vertikaal gelees word en 'n boodskap of woord vorm. In hierdie geval vorm die eerste letter van elke reël die titel van my gedig.

ASKIES LIEWE HEER

Al die dae van die week
Sondag gesiggie gedra
Kon dit nie meer verbloem
In 'n weerkaatsing van die lewens-spieël
Ek volg die heeltyd-omkyk-pad
Skandalig gehunker na die vleispotte

Lag met 'n traan
Ieder dag 'n harlekyn-front voorgehou
Ek kan nie meer
Wil ontbreek, vir aanhou veg
Erkenning sny tot teen die been

Heel die wonde van verbittering
En verbind die snye van onvergenoegdheid
Eenkant kniel ek nou eerbiedig neer
Rooi van skaamte vra ek in ootmoed weer:

© Meraai vannie baai

Hier is nog 'n voorbeeld van hoe hierdie gedigvorm aangepas kan word.
*Dubbele Acrostic: Waar die eerste en laaste letters in die reël dieselfde is.


Sag, soos die wind se gesuis
Luister ek en word stil
Kyk en besef verruk:
Fraai hoe takkies verspot kan wuif!

© Meraai vannie baai


Meraai vannie Baai

Kalender gedig:

Janice was 'n groot
Febonacci liefhebber. (Spelling met opset verander om by gedig te pas)
Maartin dog eers dit is 'n siek
April-gek-grap, maar dit weet hy darem nou:
Meidjie is deesdae 'n erg stekerige woord en
Junkie is 'n nare slang woord want
Julle wil mos die taal suiwer hou spot hy vir
Augustein wat ewe spoggerig wou
Septer swaai, met sy kennis, dig toe mos 'n paar
Oktaaf gedigte en skryf 'n Wille-Woeste
Novelle, toe kyk die ouens hom so half skeef aan!
Deseré verseg volstrék - sê dit smokkel met haar kop!

© Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai

#2
Hier is Naas se pronkvoorbeeld hoe hierdie struktuur ook ingespan kan word:

Wêreldsiekte?

Verergd loop jy deur die land
Vat, sonder om te vra
Verf bloedstrepe deur die sand
Verarming op jou rug gedra

Is jy werklik so ongevoelig?
In jou spore sleep jy mense
Immer met die hartseer doenig
In en oor die land se grense

Gee jy werklikwaar nie om
Gaan jy altyd daaroor roem
Groot getalle om te kom
Geeneen onaangeraak, verdoem

Sê vir my waar gaan jy stop
Sal jy menselewens laat?
Staan nou stil en hou nou op.
Stop nou met jou kwaad.

© Naas

PM

Dit is pragtige voorbeelde.  As 'n mens nou regtig nodig het om jou gedagtes baie besig te hou, is die gedigstrukture die antwoord.   :headbang:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hierdie struktuur (veral in dubbele formaat) kom mens amper nie agter is 'n struktuur nie. Die digter het soveel vryheid vir die res van die inhoud nadat die titel gekies is en eerste, of laaste letters ingespan is ... die res is pure genot uit die hart, soos jy voel!

PM

Dit is die waarheid.  Kyk wat kom hier uit my pen, in die tyd wat ek wag vir 'n sein. 

Lyk my Mascom se sein is weer gesteel
eintlik wil ek nou nie meer sit en wag nie
ek vat sommer net my goed en ekke
loop terug na die liewe Ou Transvaal.

Aitog, hier in Bosswanna
glip almal terug oor die grensbrug
gesoek na melk en heuning
gevra vir water en net 'n bietjie krag.


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is prrrragtig!!! As ek nie geweet het jy gebruik hierdie struktuur sou ek dit as vrye vers misgis het so gemaklik lees dit  :love7:  :book1: :notworthy: :icon_salut:

PM

Dankie Raaitjie, dit was nog nooit so moeilik vir my om positief te probeer bly nie.  Gelukkig kan ek nie verantwoordelikheid vir my pen aanvaar nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.