Author Topic: Acrostic Struktuur  (Read 3855 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Acrostic Struktuur
« on: May 01, 2012, 01:34:49 AM »
*Hierdie eenvoudige vorm is gebasseer op die Engelse digvorm: Acrostic - Waar die eerste (of laaste) letter van elke reël vertikaal gelees word en 'n boodskap of woord vorm. In hierdie geval vorm die eerste letter van elke reël die titel van my gedig.

ASKIES LIEWE HEER

 Al die dae van die week
 Sondag gesiggie gedra
 Kon dit nie meer verbloem
 In 'n weerkaatsing van die lewens-spieël
 Ek volg die heeltyd-omkyk-pad
 Skandalig gehunker na die vleispotte
 
 Lag met 'n traan
 Ieder dag 'n harlekyn-front voorgehou
 Ek kan nie meer
 Wil ontbreek, vir aanhou veg
 Erkenning sny tot teen die been
 
 Heel die wonde van verbittering
 En verbind die snye van onvergenoegdheid
 Eenkant kniel ek nou eerbiedig neer
 Rooi van skaamte vra ek in ootmoed weer:

© Meraai vannie baai

Hier is nog 'n voorbeeld van hoe hierdie gedigvorm aangepas kan word.
*Dubbele Acrostic: Waar die eerste en laaste letters in die reël dieselfde is.
 

 Sag, soos die wind se gesuis
 Luister ek en word stil
 Kyk en besef verruk:
 Fraai hoe takkies verspot kan wuif!
 
© Meraai vannie baai

« Last Edit: May 02, 2012, 02:51:59 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Acrostic Struktuur
« Reply #1 on: May 01, 2012, 01:37:23 AM »
Kalender gedig:
 
 Janice was 'n groot
 Febonacci liefhebber. (Spelling met opset verander om by gedig te pas)
 Maartin dog eers dit is 'n siek
 April-gek-grap, maar dit weet hy darem nou:
 Meidjie is deesdae 'n erg stekerige woord en
 Junkie is 'n nare slang woord want
 Julle wil mos die taal suiwer hou spot hy vir
 Augustein wat ewe spoggerig wou
 Septer swaai, met sy kennis, dig toe mos 'n paar
 Oktaaf gedigte en skryf 'n Wille-Woeste
 Novelle, toe kyk die ouens hom so half skeef aan!
 Deseré verseg volstrék - sê dit smokkel met haar kop!
 
© Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Acrostic Struktuur
« Reply #2 on: May 01, 2012, 01:40:05 AM »
Hier is Naas se pronkvoorbeeld hoe hierdie struktuur ook ingespan kan word:

Wêreldsiekte?
 
Verergd loop jy deur die land
 Vat, sonder om te vra
 Verf bloedstrepe deur die sand
 Verarming op jou rug gedra
 
Is jy werklik so ongevoelig?
 In jou spore sleep jy mense
 Immer met die hartseer doenig
 In en oor die land se grense
 
Gee jy werklikwaar nie om
 Gaan jy altyd daaroor roem
 Groot getalle om te kom
 Geeneen onaangeraak, verdoem
 
Sê vir my waar gaan jy stop
 Sal jy menselewens laat?
 Staan nou stil en hou nou op.
 Stop nou met jou kwaad.

© Naas
« Last Edit: May 02, 2012, 02:51:14 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Acrostic Struktuur
« Reply #3 on: May 02, 2012, 08:13:57 AM »
Dit is pragtige voorbeelde.  As 'n mens nou regtig nodig het om jou gedagtes baie besig te hou, is die gedigstrukture die antwoord.   :headbang:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Acrostic Struktuur
« Reply #4 on: May 02, 2012, 08:16:55 AM »
Hierdie struktuur (veral in dubbele formaat) kom mens amper nie agter is 'n struktuur nie. Die digter het soveel vryheid vir die res van die inhoud nadat die titel gekies is en eerste, of laaste letters ingespan is ... die res is pure genot uit die hart, soos jy voel!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Acrostic Struktuur
« Reply #5 on: May 02, 2012, 08:44:39 AM »
Dit is die waarheid.  Kyk wat kom hier uit my pen, in die tyd wat ek wag vir 'n sein. 

Lyk my Mascom se sein is weer gesteel
eintlik wil ek nou nie meer sit en wag nie
ek vat sommer net my goed en ekke
loop terug na die liewe Ou Transvaal.

Aitog, hier in Bosswanna
glip almal terug oor die grensbrug
gesoek na melk en heuning
gevra vir water en net ‘n bietjie krag.


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Acrostic Struktuur
« Reply #6 on: May 02, 2012, 08:47:56 AM »
Dit is prrrragtig!!! As ek nie geweet het jy gebruik hierdie struktuur sou ek dit as vrye vers misgis het so gemaklik lees dit  :love7:  :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Acrostic Struktuur
« Reply #7 on: May 02, 2012, 08:52:10 AM »
Dankie Raaitjie, dit was nog nooit so moeilik vir my om positief te probeer bly nie.  Gelukkig kan ek nie verantwoordelikheid vir my pen aanvaar nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.