Author Topic: Than-Bauk Struktuur  (Read 4790 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Than-Bauk Struktuur
« on: May 01, 2012, 01:23:44 AM »
Die Than-Bauk gedigvorm is 'n drie-reël gedig van Burmese oorsprong. Ook bekend as 'climbing rhyme' weens die verskuiwing van die rymwoord (4-3-2). Elke reël het vier woorde of lettergrepe. In Afrikaans sal skrywers dit makliker vind om vier woorde te gebruik i.p.v net vier lettergrepe. (In die Burmese voorbeelde word van die lettergrepe as woorde gelees en skep die gebruik van slegs 4 lettergrepe 'n baie vloeiender gedig as die Afrikaanse eweknie)
 
 Die rymwoorde word so ingespan:
 Reël 1 is dit die laaste woord / of op die 4de lettergreep
 Reël 2 is dit die voorlaaste woord / 3de lettergreep
 Reël 3 is dit die tweede woord / 2de lettergreep

Daar was onbekende weë
soms oor seë wyd:
die seël van genot!
 
UITGEBREIDE THAN-BAUK:
 
Die gedig word gevorm deur die gewone 4-3-2 klimrym van die Than-Bauk se vorm, te herhaal, waar die laaste woord in die derde reël weer as klimrym-woord gebruik word. Die lengte van die gedig is nie beperk nie. Ek het met die voorbeeld weer vier woorde in 'n reël gebruik en nie slegs vier lettergrepe nie.
 
Weet jy dat herinnering
 slegs 'n inbeelding is,
 waar verwarring baie delikaat
 soms beelde ontgraat en
 die formaat ongesiens fnuik?
 
© Meraai vannie baai
 
*As ek die gedig wou langer maak sou die volgende woorde dus met fnuik moes rym en kan die digter bloot aanhou met herhaling van die 4-3-2 rymvorm.
« Last Edit: May 28, 2012, 05:42:45 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #1 on: May 01, 2012, 01:25:03 AM »
 Ek sien ‘n traan
 stadig baan in
 die maanskyn lig.
 
 Jou oë se prag
 laat my lag vir
 ‘n dag of twee.
 
© PM
 
 Jy laat my koel
 as ek voel dat
 die doel slaag nie.
 
 Die byl se kap
 laat my hap na
 die sap se smaak.

 © PM

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #2 on: May 02, 2012, 08:02:41 AM »
Dankie Raaitjie.  Ek sal nooit moeg word vir die stukture nie en hoop hier word baie nuwe voorbeelde gebore.  Jou voorbeelde is puik, om die minste te sê!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #3 on: May 02, 2012, 08:13:06 AM »
Bly 'n liefde wat ons deel ne  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #4 on: May 02, 2012, 08:17:01 AM »
Beslis.  Dit is meer as dikwels 'n groot uitdaging. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #5 on: May 03, 2012, 06:21:05 AM »
 :wav:

Daar op die plaas,
kyk die baas trots
na kaas en wyn.

Harde werk se vrug -
'n seer rug bewys
geen klug gebesig!

Salig kom die nag
nader, maar lag eers
die dag moet groet.

Gou-gou kom huur
ons die vuurvlieg
se duur helder lig.

Hand aan hand kring
almal saam, sing lof -
een ding bly staan;

God is vir ewig
ons kan stewig staan;
volle gewig insit.

© Ah,Willa!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #6 on: May 03, 2012, 07:07:55 AM »
Op die oog af 'n pragtige gedig Willa!! As 'n mens net vinnig lees kom jy nie sommer agter dat daar nie helemal aan die riglyne voldoen word nie. Om aan die vereistes te voldoen van die Than-Bauk struktuur moet ons net weer loer na hierdie gedig van jou.

Elke vers bestaan uit drie reëls met vier woorde. Die rymwoord val dus aan die einde (vierde woord van die 1ste reël; dan klim dit in die tweede reël na die 3de woord en in die laaste reël val dit op die 2de woord. 4-3-2. So ons werk deurgaans met woorde en nie nie lettergrepe nie.

Daar op die plaas,
kyk die baas trots
na kaas en wyn.

(hierdie vers voldoen aan die vereistes)

Harde werk se vrug -
'n seer rug bewys
geen klug gebesig!

(hier kort nog 'n woord in die laaste reël)

Salig kom die nag
nader, maar lag eers
die dag moet groet.

(hierdie ene het weer vier woorde in soos vereis word per reël)

Gou-gou kom huur
ons die vuurvlieg
se duur helder lig.

(jou tweede reël kort daar nog 'n woord, vuurvlieg is een woord en jou rym val dus dan op 'ie' en nie 'uu' nie)

Hand aan hand kring
almal saam, sing lof -
een ding bly staan;

God is vir ewig
ons kan stewig staan;
volle gewig insit.
© Ah,Willa!

(hier kort ook nog 'n woord by jou laaste reël)
« Last Edit: May 03, 2012, 12:07:24 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #7 on: May 03, 2012, 11:32:41 AM »
Ek sleep my stoeltjie nader om die eindproduk te sien.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #8 on: May 03, 2012, 04:21:12 PM »
ek het gedog vier woorde of vier letter-grepe ha ha

so ek is nie seker ek het dit so mooi onder die knieë nie  :icon_scratch:

Daar op die plaas,
kyk die baas trots
na kaas en wyn.

(hierdie vers voldoen aan die vereistes)   :toothy4:

Harde werk se vrug -
'n seer rug bewys
geen klug hier gebesig!  :icon_scratch:

(hier kort nog 'n woord in die laaste reël)

Salig kom die nag
nader, maar lag eers
die dag moet groet.

(hierdie ene het weer vier woorde in soos vereis word per reël)  :toothy4:

Gou-gou kom huur
ons die vuurvlieg   (tel die vuur nie omdat dit die eerste lettergreep van vuurvlieg is en die klem op vlieg lê nie? Hoekom?  Ruim huur/vuur/duur dan nie)  :icon_scratch:
se duur helder lig.

(jou tweede reël kort daar nog 'n woord, vuurvlieg is een woord en jou rym val dus dan op 'ie' en nie 'uu' nie)

Hand aan hand kring
almal saam, sing lof -
een ding bly staan;

God is vir ewig
ons kan stewig staan;
volle gewig hier byvoeg:icon_scratch:
© Ah,Willa!

(hier kort ook nog 'n woord by jou laaste reël)

Hoe werk hy nou Raaitjie???  Dis kopkrap en kreukelkammers uitstryk ... lekker - maar tog bloed sweat (hoe skryf mens dit in Afrikaans???)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #9 on: May 03, 2012, 11:31:20 PM »
Willa mater ek buig laaaaag vir jou deursetting en aanhou bloed sweet  :love7:
Vuurvlieg se reel werk nie want daar moet vier woorde in wees, jy het slegs drie woorde.
Rym val op die laaste klanke van woorde so 'vuurvlieg' sal rym met 'lieg' en 'bedrieg'

As jy lettergrepe wil gebruik in plaas van woorde moet jy dit reg deur die gedig gebruik. In Afrikaans is dit bitter moeilik om hierdie struktuur met lettergrepe toe te pas. Daarom gebruik ons vier woorde per reel.

Is dit bietjie duideliker uiteengesit? As jy nog onseker is vra gerus hoor  :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #10 on: May 12, 2012, 08:01:43 PM »
ah,ha!  ek kan nie twee woorde en twee lettergrepe = 4 nie ...
of 4 lettergrepe - dan reg deur die gedig
of 4 woorde - dan reg deur die gedig

ek dink ek kop hom nou ... ek gaan nog so bietjie kou en probleer :-)

Meraai dankie ook vir jou nie moedopgee met stadige os kom ook in die kraal nie .. die ossie wat eintlik 'n koei is waardeer dit so baie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Than-Bauk Struktuur
« Reply #11 on: May 12, 2012, 11:08:57 PM »
Ah ha!! Jy het hom  :toothy4: Knak die rumatiekknieg en lig my pienkhoed matertjie  :notworthy:  :icon_salut: