• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ABC Gedigstruktuur (ABCEDARIAN)

Started by Meraai vannie Baai, May 01, 2012, 02:01:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

ABC Gedigstruktuur
(ABCEDARIAN)


Met die gedigstruktuur van Paul West,
moet die verse/woorde kronologies
volgens die alfabet ingespan word.

Dit kan in gewone versvorm geplaas
word met leestekens soos gebruiklik
toegepas.

My voorbeeld is in 2/1/2 versvorm
maar kan ook vertikaal geplaas word.

ABC Besoek aan die tandarts

"Aaaaa... " beveel Chris-tandman,
"daar's een flippen gat hier in jou kiestand!"

"Laat my nie onnodig pyn, Quicksilver-man."

Rukkie swerkater toetentaal uit vriendin,
waarsku X-straalvrou, Yolande Zeeman.

© Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai

Waar branders breek (ABC-Gedig)

Anders as wat
Branders breek
Chaos wat vir liefde smeek
Draai ek om...
Erens sal ek jou weer vind
Feite staan so
Gou het ek jou verloor
Hoop word dan weer gebou
Indien liefde seëvier
Jou weer naby hou
Kan ek weer asemhaal...
Lank kan ek na jou foto staar
Moeilik om te aanvaar
Na die gedig is jy (met my) vir altyd klaar;
Onder die maanlig se gesig
Probeer ek nog eenkeer, maar die
Quisling kom keer op keer
Rusteloos raak jy weer
Sal jy my nooit weer kan vergeef?
Tervergeefs probeer ek weer; die
Uitnodiging is te laat
Vaarwel het jy ons geroep
Weduwee het sy geword...
Xenofobie moet ons nou beveg
Yslike emosies om te verwerk
Zoete rus maak die res sterk

© Trapsoetjie

PM

Dankie vir die voorbeelde Raaitjie.  Iewers het ek ook 'n voorbeeld, weet net nie waar dit is nie.  Sal maar gaan soek of 'n ander een skryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het geloer by die woordeboek maar kon nie daar 'n voorbeeld van jou vind nie. Dalkies op die ou forum na ek weg is??

PM

Dankie vir jou moeite matertjie.  Die seine is weer vandag baie moedswillig en ek het al al die f-woorde gebruik wat ek ken, maar nie een van hulle bring verligting nie!  :crybaby2:
Laasnag het ek soos 'n babatjie geslaap, was te laat vanoggend om saam met die baas werk toe te gaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek het die gedig gebesig toe ons die struktuur in 2007/8 op Woes gedoen het:    :toothy4:

Kyk, 'n Nuwe Aarde Kom Gou!

Almagtige Vader God, kyk tog na
Benede en sien U skepsels nood,
Crime oor 'n enkele dime...
Dwelms neem oor en kinders verkool.
Erfenisse van ons voorgeslagte se besluite is ontneem;
Fundamentele regstellings nog in aksie.
Gaan dit dan nooit eindig nie?
Hallelujas' vergrys in hoekoms -
Is dit dan die voortbestaan van U skepsel?
Jare kom, jare gaan en
Krummel die nageslagte net meer...
Liefde word nou vervang - met ek wil - en ek sal, wat
Massas vermoor net omdat - ek kon en wou -
Nou kruip U skepsels binne hulself weg,
O Genade red ons van hierdie hel!
Pas U skepsels, werklik nog in hierdie spel?
Qaulity streets is 'n effense troos na 'n wrede dag,
Rus ken geen siel meer nie;
Saggies huil in die binnekamer, ja...
Treurig dat die volmaakte wêreld wat
U geskep het se einde, so moet kom.
Vrede...ontbreek die nasie,
Water en wind verweer die natuur,
Xenephopia verteer ons nasie...
Yskoue sondaar harte, het deel van die mens geword.
Zero te sien in U Vader Huis – kom haal ons gou!

© Ah,Willa!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Werklik 'n pragtige voorbeeld!!!!

Ah Willa

Dankie Meester Meraai - ek waardeer!  Ek is so geseen met meesters hier om my .. en ek is so opgewonde oor die groei wat tans plaas vind in my werk - ek wil net sit en skryf .... en die uitdaagings wat Meraai vir ons kom gee aanpak ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

...en dan gaan PM jou kastei met die spelling totdat jy dit regkry. 
"ing" een klinker  - uitdaging!  Weet net ek doen dit met liefde!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek is so bly ek is nie 'n uitdaging wat jou moeg maak nie,
ek waardeur dit so dat jy my reg help PM ... dis mos al hoe 'n ou stadige brein kan herstel - deur te herhaal,
want in herhaling slaan ietsie iewers vas  :angel12:

ek lief jou ongelooflik baie
ek waardeer die energie wat jy deel om my te help ...

so bevoorregte mens is ek inderdaad!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ag toe jou stoute kabouter!  Dit is my voorreg om jou deel van my familie te hê!
Hannes vra net vanaand vir my of ek al iets van jou gehoor het en hoe dit met julle gaan!  Duidelik het hy nie 'n benul van die forum nie!   :icon_biggrin:
Ek sal hom nog leer, sodra ek krag het.  :icon_biggrin:
Ons huis was in gaos na 40 dae en 40 nagte onbewoon en ek praat nie eers van ons oerwoud tuin nie!
Alles is darem amper onder beheer!
Ek het al alles skoon, moet nog net uitpak!  :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#11
Willa mater, dit is vir my altyd so verblydend om te sien hoe jy uitdaging na uitdaging verbete aanpak - tot jy tevrede is en die struktuur onder die knie gekry het. Soveel ander beloer die riglyne so en gee moed op nog voor hulle eers 'n A voor 'n B probeer inspan het  :sign10: Jy is 'n wonderlike voorbeeld en aansporing vir ons almal.

Strukture is vir my die heel beste slypsteen om ons reeds pragtige taal uniek toe te pas vir woordskeppings met daardie 'tikkie' andersheid. Dit dwing ons om te soek na sinonieme wanneer die woord wat ons normaalweg sou gebruik, nie voldoen aan die lettergreeptelling en so baie ander woordbeitels word ook in die proses ingespan  :read:

PM hoop by die tyd is jouse haard en huis na wense weer geplooi  :love7: so bly dat julle veilig tuis is en weer heerlik saam met ons tussen die lyne kan kuier  :notworthy:

PM

Dankie Raaitjie, ons is darem amper daar, moet nog net uitpak.  :bootyshake:  Wie wil nou uitpak as jy kan kuier!   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Wie wil nou uitpak as jy kan aanry Kaap toe?





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Alles moet darem eers behoorlik geskrop en skoon kom Naas. 
Gister was jou boeke nog nie gereed nie, sal weer vandag probeer.
Om te weet is om te verstaan.