• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'Dose stilte'

Started by Meraai vannie Baai, May 01, 2012, 01:44:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

'Verpakte' stilte wat jy kan voel  :toothy4:

PM

Dit is darem eens te erg!  Ek is so bly jy is terug matertjie.  Die laaste week hier in Naas se "Bosswanna" was geweldig sieldodend.  Geweldig ja!
As ek iemand nou raakloop om mee te gesels, ek bedoel liggaam en siel raakloop, iemand wat nie te lank in die oond was nie, hou ek nie op babbel vir 'n week nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
Ek hou niks van stilte nie en het nodig om te gesels. Al is dit net met myself! Verstaan hoe jy voel. Gister toe ek so deur ons ou geselssies en kuiers dwaal het ek weer die 'dose stilte' gevoel neersak en was verwese alleen!

PM

Gister het ons weer die grootste deel van die dag nie krag gehad nie.
Ek is dankbaar vir Naas wat 'n gelukwense vir Hannes geplaas het.  Dankie ook vir jou deel.
Die oggend met Naas se verjaarsdag het ek en Gawie 'n bietjie probeer stomklets en ek was besig om vir haar te sĂȘ dat ek gou 'n gelukwensing gaan plaas, toe die battery sy laaste doodsnikke snik. Gelukkig het Naas se humor die dag vir my gered.  Ek was daai hele dag so omgekrap dat jy met my kon toor.  Onse meisiekind het ook die 23ste verjaar.
Dit was so hartseer, die eerste keer in 10 jaar dat sy in SA verjaar en Ma en Pa sit in die boendoes.

Ek hoop hierdie "trippie" sal Hannes nou oortuig dat dit tyd geword het om te "tjaaila".  Tog weet ek dat 'n mens 'n paadjie het om te stap en jy kan nie altyd self besluit nie.   
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

is dit hierdie verpakte stiltes wat Naas se kaas in stilstuipes gedwing het???

ha ha ha ... skies my siel was bedonderd-verwolk - so erg ek moes bly draf sodat ek nie inmyself vasloop en myself iets aan doen nie ...

darem het die wolkies nou pad gevat en is alles mooiweer om my ... Raaitjie ek het die dig klaar gedig oor die swartjas ... onder my forum-hoekie  - genoem DIE SWARTJAS
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Duisende dankies Willa. Gaan gou loer!!


PM

As ek daar was kon ons saam gehol het Willa, die verskil is net dat ek iemand anders (of is dit iemande anders) wil aanrand.  Gelukkig staan die projek nou einde se kant toe.  Volgende week hierdie tyd is ons beslis by die huis.  Dan gaan ek  NOOIT  weer stil wees nie, of dalk net tot die volgende Bosswanna projek.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

dalk moes jy hier gewees het, dan kon jy my rol tot by Naas en dan het ons saam die swart jasse rooi gekleur en die stad op horings geneem   :triplets:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

O hoe lekker lag ek nou!  My inskrywing van die 3de het nou gerealiseer!  Ek is uit en tuis en veilig by die huis en daar is nie 'n manier wat ek weer Bosswanna toe gaan nie.  Die kans dat ek vir julle kom kuier en vir Naas gaan aanrol, en vir jou en al die ander ouens vir wie ek so lief is,  is baie waarskynlik!
Ons sal nou maar net wag en sien!
Om te weet is om te verstaan.