• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Aan my Maat

Started by Naas, April 30, 2012, 08:33:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Wat se mens aan 'n vriend wat in 'n kort tydjie van jou lewe soveel deel daarvan geword het?
Hoe bring jy eer?
:notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy:Hannes, dis jou dag. Omring deur vreemdes in 'n vreemde land. Maar ek ken jou goed genoeg om te weet dat selfs daardie vreemdes reeds respekteer.
Staan op, soen die donkie... speel met die paddas... Gaan mal. Doen jou ding en as jy klaar is ... geniet die glasie rooiwyn en die paartiekie. Ek weet Bosswanna sal nooit weer dieselfde wees nie en die donkie gaan wonner.
Ek wens ek kon daar wees maar my paspoort pas nie meer nie. Ek belowe jou egter dat ek hierdie vakansiedag as Hannesdag gaan vier.
Lekker verjaar my vriend...     :occasion13: :occasion15: :occasion13: :occasion16: :occasion15: :occasion16:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Bring ons ook verjaardagwense vir die wonderlikste pasmaat aan onse geliefde PM'pie se sy!! Net die mooiste vir julle. Ons lig die glasies diekant hoog op die verjaardagman  :hello2: :notworthy:

PM

Hannes is nou aan die woord:

Baie dankie aan almal wat op hierdie spesiale dag aan my dink. As 'n mens op my gryse ouderdom is , waardeer jy alles wat na jou kant toe kom! Ek voel gelukkig jonk genoeg om saam met my beste vriendin en huweliksmaat nog ten minste tien verdere jare te geniet. Ek glo dat die liewe Vader my nog solank sal spaar. Ons ervaar die ergste van erg nou hier in Botswana waar ons moet tuisgaan sonder ander opsies, en waarlikwaar , sy bly by my en motiveer my daagliks.Wie wil nou wens vir 'n beter vrou! Maar, dit is 'n ervaring wat niemand ooit kan wegneem nie en ons sal in die toekoms ons seeninge tel! Skuus vir my taalgebruik , maar wiskunde was nog altyd my sterk punt!
Groete.
Hannes 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Hannes ek hoop nie jy gaan vir nog 10 jaar gespaar wees nie ... DIS TE KORT!  Nog 'n 30 jaar sal doen!!

hoop dit was 'n heerlike dag daar innie vreemde   :icon_bigsmurf:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Iemand anders gaan saam vier, ongelukkig sal ons nooit weet wie nie  :crybaby2:

Guest   02:30:59 AM   Printing the topic "Aan my Maat".

PM

Shoe, dit is amper 10 jaar later. 
Dankie vir nog tien wonderlike jare wat verby is.  Ek sien uit na die volgende 10.  Lief julle almal.
Om te weet is om te verstaan.