Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: Naas on April 30, 2012, 07:33:40 PM

Title: Aan my Maat
Post by: Naas on April 30, 2012, 07:33:40 PM
Wat se mens aan 'n vriend wat in 'n kort tydjie van jou lewe soveel deel daarvan geword het?
Hoe bring jy eer?
:notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy: :notworthy:
Hannes, dis jou dag. Omring deur vreemdes in 'n vreemde land. Maar ek ken jou goed genoeg om te weet dat selfs daardie vreemdes reeds respekteer.
Staan op, soen die donkie... speel met die paddas... Gaan mal. Doen jou ding en as jy klaar is ... geniet die glasie rooiwyn en die paartiekie. Ek weet Bosswanna sal nooit weer dieselfde wees nie en die donkie gaan wonner.
Ek wens ek kon daar wees maar my paspoort pas nie meer nie. Ek belowe jou egter dat ek hierdie vakansiedag as Hannesdag gaan vier.
Lekker verjaar my vriend...     :occasion13: :occasion15: :occasion13: :occasion16: :occasion15: :occasion16:
Title: Re: Aan my Maat
Post by: Meraai vannie Baai on April 30, 2012, 11:24:37 PM
Bring ons ook verjaardagwense vir die wonderlikste pasmaat aan onse geliefde PM'pie se sy!! Net die mooiste vir julle. Ons lig die glasies diekant hoog op die verjaardagman  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Aan my Maat
Post by: PM on May 01, 2012, 05:14:55 PM
Hannes is nou aan die woord:

Baie dankie aan almal wat op hierdie spesiale dag aan my dink. As 'n mens op my gryse ouderdom is , waardeer jy alles wat na jou kant toe kom! Ek voel gelukkig jonk genoeg om saam met my beste vriendin en huweliksmaat nog ten minste tien verdere jare te geniet. Ek glo dat die liewe Vader my nog solank sal spaar. Ons ervaar die ergste van erg nou hier in Botswana waar ons moet tuisgaan sonder ander opsies, en waarlikwaar , sy bly by my en motiveer my daagliks.Wie wil nou wens vir 'n beter vrou! Maar, dit is 'n ervaring wat niemand ooit kan wegneem nie en ons sal in die toekoms ons seeninge tel! Skuus vir my taalgebruik , maar wiskunde was nog altyd my sterk punt!
Groete.
Hannes 
Title: Re: Aan my Maat
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 03:10:43 AM
Hannes ek hoop nie jy gaan vir nog 10 jaar gespaar wees nie ... DIS TE KORT!  Nog 'n 30 jaar sal doen!!

hoop dit was 'n heerlike dag daar innie vreemde   :icon_bigsmurf:
Title: Re: Aan my Maat
Post by: Meraai vannie Baai on October 25, 2021, 02:33:19 AM
Iemand anders gaan saam vier, ongelukkig sal ons nooit weet wie nie  :crybaby2:

Guest   02:30:59 AM   Printing the topic "Aan my Maat".
Title: Re: Aan my Maat
Post by: PM on October 25, 2021, 01:10:30 PM
Shoe, dit is amper 10 jaar later. 
Dankie vir nog tien wonderlike jare wat verby is.  Ek sien uit na die volgende 10.  Lief julle almal.