Naas, jy moet nie die laaste plasings persoonlik opneem nie.
Dit is maar net 'n poging om mooi te vra dat almal help om dit "persgereed" te kry, met mooi voorbeelde daarby. Dit het ook gehelp om ure van verveeldheid om te kry.
Ek mis ook die saamkuier om die kers en die inkpot geweldig baie. As almal saam speel met die aa-bie-sie dan sien ek die prentjie van "almal-koppe-bymekaar" of "kop-in-een-mus".
Ek glo opreg dat as elkeen van julle besef dat julle deelname vir my 'n lewenslyn is, sal julle my nie alleen laat sit en kripeer van eensaamheid nie.
Natuurlik verstaan ek dat almal werk of besig is. Almal van ons kry nou en dan ook (stilletjies)
"stilstuipe" maar kry asseblief 'n botteltjie van daai pienk pilletjies. Mens koop dit by enige "Checkers" net om die hoek en dit is "cheap".
JA!! Vir my asseblief Raaitjie. Hier is nog 'n paar koekies van gister se verjaarsdag!