Author Topic: Stylfigure  (Read 12777 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Stylfigure
« on: April 27, 2012, 04:37:43 PM »
Stylfigure:
Uitdrukking wat ʼn styleffek teweegbring deur ʼn besonder formulering of deur ʼn gebruik van ʼn woord, wat afwyk van die gewone, of deur afwyking van die gebruiklike sinsbou; nie letterlike, besondere gebruik van woorde met die doel om ʼn effek te bereik. 



Soos onder genoem voeg ek hierdie net hier by.  PM


Stylfigure kan ook so beskryf word:


Uitdrukkings waarin woorde nie in hul normale of letterlike betekenis en funksie aangewend word nie, maar op 'n besondere wyse om groter krag of 'n dramatiese beeld te verleen. 
Dit roep egter nie net beelde by ons op nie, dit verlewendig die taal deur die afwyking van die alledaagse gebruik van die woord. 
Dit word gebruik om die boodskap of die tema van die gedig te ondersteun. 
« Last Edit: December 19, 2021, 10:02:27 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stylfigure
« Reply #1 on: September 09, 2012, 01:59:18 AM »
http://af.wikipedia.org/wiki/Arga%C3%AFsme
By hierdie skakel is 'n kosbare lys met alfabetiese voorbeelde  :love7:

’n Argaïsme (Grieks: Αρχαϊσμός = oud / uit die verlede) is ’n stylfiguur waarby die skrywer woorde gebruik wat nie meer algemeen gangbaar is nie. Ook die gebruik van ou of nagemaakte ou spelwyse kan betrek word.
 
In Afrikaans kan daar byvoorbeeld gebruik gemaak word van die spelling en taalgebruik van Nederlands vóór 1925, in ou Afrikaans/Kaap-Hollandse briewe, boeke, dagboeke, koerante, registers en gedigte, of van verskeie AWS-spelwyses (of unieke woordeboeke, soos dié van S.J. du Toit) uit ’n spesifieke tydperk.
 
Argaïsmes kan benut word om karakter aan ’n geskiedkundige roman of gedig te gee, romantiek of vernuwing aan tekste te bied, of om as teenvoeter vir clichés te dien. Voorts kan argaïsmes ook, indien dit herleef word, nuwe betekenisse toegevoeg word om leemtes by die eietydse samelewing se taalskat te vul.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stylfigure
« Reply #2 on: September 09, 2012, 08:43:43 AM »
Dankie Raaitjie, ek het nou 'n fees gehad deur daardie lys.  Daar is 'n klomp woorde wat ek nie eers ken nie. 
Sal so van tyd tot tyd daardeur gaan en opsoek in die HAT.  Dan kan ons altoos ook byvoeg.
Baie dankie vir die bydrae. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stylfigure
« Reply #3 on: December 19, 2021, 10:01:43 AM »
Stylfigure kan ook so beskryf word:


Uitdrukkings waarin woorde nie in hul normale of letterlike betekenis en funksie aangewend word nie, maar op 'n besondere wyse om groter krag of 'n dramatiese beeld te verleen. 
Dit roep egter nie net beelde by ons op nie, dit verlewendig die taal deur die afwyking van die alledaagse gebruik van die woord. 
Dit word gebruik om die boodskap of die tema van die gedig te ondersteun. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stylfigure
« Reply #4 on: December 19, 2021, 10:08:57 AM »
Stylfigure


Anafora - herhaling van dieselfde woord of uitdrukking aan die begin van versreëls.

Antitese - teenstelling van teenstellende begrippe of gedagtes.

Enumerasie - opnoeming of opsomming van verskillende sake of begrippe wat soms nie lyk of hul bymekaar pas nie.

Inversie - Omkering van gewone of natuurlike woordorde.

Ironie - Vorm van humor en bedekte spot.

Paradoks - skynbare teenstrydigheid wat dieper waarheid verberg. "Ek veg vir vrede"

Repetisie - beklemtoning deur oordoen, oorsê en oorvertel.

Sarkasme -  sterk, beledigende vorm van ironie.

Asindeton - afwesigheid van voegwoord. Bv. Al haar hemde, rokke, skoene, alles, val by die kas uit.

Polisindeton - Oormatige gebruik van voegwoorde. Bv. Staan en sit en staan en sit en staan.

Ellips - 'n Sin wat onvoltooid gelaat word as gevolg van die weglaat van woorde.  (...) Word ook beletselteken genoem. Bv. Die polisieman knik, en toe...

Enumerasie - Opnoemtegniek. Opnoem of opsomming van verskillende sake. Bv. Simonsberg, Oranjerivier, Namakewaland en Kaapse-vlaktes.

Eufemisme - 'n Harde werklikheid word sag gestel.
Bv. Die elemboog lig. (Baie drink.)
Die meisie het lang vingers.  (Sy steel.)
Tydelike met die ewige verwissel. (Om te sterf.)

Defemisme - Wanneer iets besonders skerp en/of kras gestel word. Bv. Beledigings.

Hiperbool - Buitensporige oordrywing.
Bv. Ek werk my dood! (Nee, jy werk net hard.)
Sy is die mooiste meisie in die wêreld! (Hoe sal jy weet? Was jy al oral?)
Ek het jou 'n miljoen keer gewaarsku! (Rêrig? 'n Miljoen keer? Is jy seker? Het jy getel?)

Litotes - Oormatige verkleining.
Bv. Hierdie is 'n klein geskenkie van R1000. (Dis duur.)
Dit gaan nie sleg nie... (Dit gaan goed.)

Oksimoron - Opsetlike teenstrydigheid tussen twee woorde.
Bv. 'n Plastiekglas.
Ou nuus.
Aaklig mooi.
Bitter-soet.
Treurige glimlag.
Horende doof; sienende blind.

Parallelisme - Herhaling van versreëls kort na mekaar.
Bv. Dit gaan goed met die wat onberispelik lewe, die wat wandel volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met die wat sy verordeninge gehoorsaam, die wat met hulle hele hart Sy wil doen.

Retoriese vraag - Vraag wat nie antwoord veg nie.
Dink jy dit was vir my lekker?!
Juffrou kan my mos nie uitskop nie, kan sy?
Die held wat sterf, wat wen hy?

Woordspeling - die humoristiese gebruik van verskillende betekenisse van 'n woord.

Retoriek - Valse, oordrewe verslete beeldspraak wat as oorversiering aangebied word. Veral politici.
Bv. Viva die massa! Viva!
Vir Volk en Vaderland!
« Last Edit: December 19, 2021, 10:16:17 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.