• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Antitese

Started by PM, April 27, 2012, 05:27:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Antitese – an-ti-te'se – Teenstelling; gebruik van twee teenoorgestelde begrippe naas mekaar.
In Die Stem van Suid-Afrika kry ons ʼn aantal sake wat in sterk teenstelling met mekaar genoem word om die geheel in groter perspektief te sien:
In die lente van ons liefde
in die lanfer van ons rou...
In die songloed van ons somer,
in die winternag se kou...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Daar tref jy 'geluk by die ongeluk' sal dan ook gepas wees en dit laat my half onheilig dink aan ons beloftes voor die kansel: in siekte of gesondheid, in armoede of weelde - for better or worse tra la la  :icon_biggrin:

Naas

#2
En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van 'n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.

En hoor jy die moerse geraas
van taxis wat toeter en blaas
die lied van 'n volk se ontslaping
wat smarte van voor af verhaas
Van Kaapstad tot bo in Sowetu
remoer hul op straat en in gheto
Dit is die lied van die nuwe Suid-Afrika
dit is die lied van die nuwe Suid-Afrika
dit is die lied van die nuwe Suid-Afrika


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#3
Mensdom Naas - ek het jou jare gelede herdoop tot ons eie Langenhoven en besef nou weer van vooraf hoekom!  Praat van die perfekte 'Antitese struktuur' om die teenoorgestelde uit te beeld tussen lyne.
:hello2: :love7: :book1:

PM

Ek weet dit is niks om oor te lag nie, maar jy kan my waar hoor!  Pragtig gedoen Naas. :hello2:


Ek dink ons moet werk aan so 'n antitese gedigstrukteer.  Dit kan net vet pret wees.
Om te weet is om te verstaan.